Thursday 09 September 2010

Skrywer Argiewe

Napier se Patatfees

Deur Coos Diener op 1 July, 2010, 5:42 pm

Die Patatfees is gewoonlik in die middel van Junie, seker net na die oes. Daar is iets vir almal: vir die wat nie moeg genoeg na die week is nie, is daar ’n halfmarathon en ook ’n bergfietsmarathon. Beide geskiet hoofsaaklik op die grondpad met lekker sanderige stukkies tussen-in.

Lees Meer >>

Duiwelspiek

Deur Coos Diener op 7 May, 2010, 9:17 am

Kaapstad het my verbaas. Dis stad, maar daar is ook baie berg. Toegang is geen probleem nie: een oomblik is jy nog op die snelweg en dan eensklaps is jy in die berg. Die dead give-away is wel die ver-af gedruis van die stad, maar teenoor die skoonheid voor jou is dit ’n klein prys om te betaal.

Lees Meer >>

As dit nie gaan oor wen nie.

Deur Coos Diener op 18 January, 2010, 6:47 am

Ek dink in almal se moderne lewens is daar groot stukke grys areas. Die wit en die swart is gereligeer tot die periferie van die lewe. Behalwe vir die fanatici (van enige aard), die dronkes en die wat nie meer wil dink nie.

Lees Meer >>

Double Century

Deur Coos Diener op 15 December, 2009, 11:03 am

Die Double Century is ‘n 205km fietsresies wat begin en eindig in Swellendam. Dit word in spanverband gedoen (tussen 6 en 12 ryers). Die spanne word een vir een afgesit en moet op hulle eie die resies voltooi.

Lees Meer >>

Kopbeenskloof trail run

Deur Coos Diener op 29 October, 2009, 5:51 am

Ek dink nie ek sal ooit ‘n wedloop klassifiseer “as not for the faint-hearted”, maar die Kopbeenskloof trail run is definitief nie vir die faint-hearted. Dis baie rof en meer van ‘n trial run as ‘n trail run.

Lees Meer >>

Getrans deur die Baviaans

Deur Coos Diener op 2 September, 2009, 5:23 pm

Die Trans Baviaans staan bekend as die langste enkelskof bergfietsresies ter wêreld waar in spanverband deelgeneem word. Nogals ‘n mondvol en met goeie rede.

Lees Meer >>

Trans Baviaans 2009

Deur Coos Diener op 13 August, 2009, 1:17 pm

Die Trans Baviaans (sommer TB vir die kort) behels dat jy die 230 km tussen Willowmore en Jeffreysbaai, wat deur die Baviaanskloof loop, met jou baie sukkel binne 24 uur moet kafdraf.

Lees Meer >>

Terug na die Hel

Deur Coos Diener op 26 June, 2009, 12:24 pm

Net gou eers: die Hel is groot en daar is baie stap/ry/kampplek – die stukkie waarna ek verwys is die ene waar die Gamkarivier uit die Groot-Karoo deur die Swartberge (via die Hel) breek na die Klein-Karoo toe.

Lees Meer >>
Afrigator