Deur Coos Diener op 7 May, 2010, 9:17 am
Kaapstad het my verbaas. Dis stad, maar daar is ook baie berg. Toegang is geen probleem nie: een oomblik is jy nog op die snelweg en dan eensklaps is jy in die berg. Die dead give-away is wel die ver-af gedruis van die stad, maar teenoor die skoonheid voor jou is dit ’n klein prys om te betaal.
Lees Meer >>Deur Neill Valentyn op 27 September, 2009, 6:58 am
Verby die ski-hut sien ons so ‘n loodregte krans met ‘n paadjie wat volg…ons knak geestelik en loop sit sommer daar en kry onsself weer van voor jammer.
Lees Meer >>Deur Henry Jonker op 16 August, 2009, 4:44 pm
Die volgende oggend is almal vroeg uit die vere en na so 45min se sukkel het ons weer die roete gekry, maar dit was nie lank nie of die het dood geloop. Daar word +/- ’n uur gesoek na die verdomde roete – berge op en berge af, maar niks nie.
Lees Meer >>Deur Coos Diener op 26 June, 2009, 12:24 pm
Net gou eers: die Hel is groot en daar is baie stap/ry/kampplek – die stukkie waarna ek verwys is die ene waar die Gamkarivier uit die Groot-Karoo deur die Swartberge (via die Hel) breek na die Klein-Karoo toe.
Lees Meer >>Deur Coos Diener op 27 March, 2009, 11:55 am
Die Tsitsikamma wandelpad is een van die bekende staproetes in die Tuinroete. Mens sal kan sê dié roete is gepaar met die Otterwandelpad: waar die Otter van oos na wes langs die see loop, volg die Tsitsikamma ‘n roete van wes na oos.
Lees Meer >>Deur Henry Jonker op 1 March, 2009, 6:23 pm
Soos enige k*k idee het hierdie een ook sy ontstaan gekry om ‘n vuur tussen vrinne met ‘n paar koue brannes klaar in die gat. Hoekom ons in die middel van somer ‘n stuk grond pad te voet wil aandurf slaan my nog steeds te bowe, veral as dit 84km is.
Lees Meer >>Deur Henry Jonker op 18 January, 2009, 11:18 am
Die vakansie is iets van die verlede en dit is tyd dat daai tjoepie om jou maag, wat sommer vanself sy verskyning die vakansie kom maak het, sy dinges sien.
Lees Meer >>Deur Coos Diener op 6 October, 2008, 1:37 pm
Die Engelse s? die pad na die hel “is paved with good intentions”. Ek s? die paadjie na die Hel (Gamkaskloof) is nie geplavei nie, maar dis wel besaai met klippe, doringbosse en ander derglike obstruksies.
Die afgelope September universiteitsvakansie het die Berg- en Toerklub (BTK) van Stellenbos
Lees Meer >>