Willeklong

Koop aanlyn
Die tyd van ‘n produk net by jou plaaslike kooperasie of Game winkel koop is verby.  Die internet, ja dit is wonderlik.  Iets waarop ek nou die laaste tyd meer my bandwidth  mors in om oor die internet te koop.  Lank vergete is die dae wat mens gedink het dis onveilig en bitter gevaarlik om jou kredietkaart besonderhede vir ‘n website te gee.  Noudat ek daaroor dink dit is seker nog meer gevaarlik vandag, maar Thwate, en Paypal kyk darem mooi na ons!

Dit alles het begin toe ek vir myself ‘n Kindle wou koop.  Vir die van julle wat nie weet nie, dis ‘n elektroniese boek, waarop jy al jou boeke kan laai en dan lees.  Iemand het my vertel jy kan die toestel van Amazon se website af koop en dit sal binne 5 dae in jou hande afgelewer word.  Ek is baie bly om terug te raporteer dat dit binne 6 dae wel afgelewer was uit Amerika uit.  Daar is 3 dinge wat ek uit hierdie storie wil deel:

Binne 1 dag was die Kindle versend uit Amerika.

Op dag 2 het hy in Kaapstad se lughawe aangekom, en dit het hulle toe 3 dae geneem om hom middestad toe te bring na my werk.

Die prys, +- R2500 afgelewer in my hand(neem in ag dis voor die onlangse prysverlagings) teen +- R3200 as ek hom by een van ons plaaslike winkels koop.

Eerstens, diens in Suid Afrika is maar nog bietjie onder standaard, maar dit weet ons almal.  Tweedens, DIS GOEDKOPER OM IN TE VOER AS OM PLAASLIK TE KOOP!  Dis die laaste punt wat ek gemaak het wat al hoe meer aan my begin kou het.  Ek het verder begin opsoek in die hele oorsee koop en invoer.   ‘n Spesifieke bike helmet gaan my R4300 kos as ek hom plaaslik koop en slegs R1700(en ek lieg nie) as ek hom invoer van die UK.  Apple se nuwe iphone, $299 as jy hom in die US koop en R10400 as jy hom in SA koop.  Daar is op hierdie stadium 1 groothandelaar wat Apple produkte in SA verkoop en hulle wins is 80%!  Hulle het ook ‘n kontrak met Apple onderteken dat hulle alleenregte het om Apple se produkte in te voer.   Laat dit nie bietjie vir julle mense wonder oor hoe ons rerig uitgebuit word in SA nie deur gulsige besigheidsmanne.  Persoonlik dink ek dit hou almal in ons pragtige land agter deurdat die feit dat ons nooit rerig international “in die game is nie”.

Hierdie is slegs ‘n paar voorbeelde wat met my gebeur het in die afgelope paar maande maar ek is seker daar is nog honderde meer.  Die hartseer deel van die hele affere is die feit dat dit nog vir so lank as moontlik gaan aanhou gebeur.  Mense besef nie hoe maklik dit eintlik is om jou produkte van oorsee af te bestel nie en plaaslike handelaars weet dit en buit dit uit.  Die goeie nuus vir ons arme sotte is dat die publiek se oë mettertyd sal oopgaan en ons plaaslike handelaars ‘n lelike knou gaan vat tensy hulle begin hulle sokkies optrek en komperende pryse vra.

‘n Goeie voorbeeld van ‘n groot maatskappy wat met sy broek op sy enkels gevang is, is Telkom.  Die van julle wat ADSL internet het sal weet jy kan nie die ADSL lyn kry sonder om ook ‘n telefoonlyn of voiceline(soos Telkom dit noem) te hê nie.  Telkom weier eenvoudig om die 2 van mekaar te skei, alhoewel dit eintlik dieselfde koperdraadjie is, want hulle maak geld daaruit.  Jy betaal +- R130 vir die voiceline en nog +- R170 vir die ADSL line.  Ek self het ook ‘n huis telefoon wat hier lê en ek gebruik hom nooit, maar was forseer om dit te kry omdat ek ADSL wou hê.  Wat nou gevolglik gebeur het is ‘n derde party het tot vorendag gekom wat vir Telkom gaan uitsny!  Ja, dit is waar alhoewel dit nog ‘n paar jaar gaan neem om tot by ons huise te kom.  Dit gaan eers net na besighede toe aangelê word.  As Telkom sy gulsigheid in sy sak wou steek kon hulle darem nog net die “voiceline” of selfs die “ADSL Line” gehou het in plaas daarvan om altwee te verloor.

Ten slotte, Klonge en Klonginne, moenie bang wees om ietsie oor die internet te koop vanaf oorsee nie.  Jy sal agterkom dat jy 90% van die tyd dalk goedkoper gaan wegkom.  Die enigste nadeel is egter dat jy dalk ‘n week of 2 gaan moet wag.  Indien jy bang is om jou kredietkaart besonderhede oor die internet weg te gee, gebruik ‘n middelman soos Paypal.  Al wat Paypal is, is ‘n middelman vir wie jy wel jou besonderhede gee en geld op jou rekening laai.  Jy kan dan met jou Paypal besonderhede op meeste websites koop sonder om hulle jou kredietkaart besonderhede te gee.  Gaan lees gerus meer hier oor op hulle website.(FNB is ook nou ‘n groot voorstaander van hulle)

Happy shopping!

Stuur na Twitter

Napier se Patatfees
Sover ek kan onthou is van die eerste dinge waaroor Willeklong berig het was die feeste van die land van ons.  Die vraag is wel: was julle al by die Patatfees? En nie waar nie, Napier!

Ek dink Napier is een van daai plekkies waarvan min mense al gehoor het en niemand spesifiek heen gaan nie, maar net verby ry.  As jy wel eers daar gestop het sal die plek ‘n indruk op jou maak. Napier kan seker as Bredasdorp se buurdorp beskryf word – hulle is net 16km uit mekaar uit.  Blykbaar was die een vir die Engelse en die ander een vir die Afrikaners…

Dit lê op die pad tussen Caledon en Bredasdorp en soos meeste dele van die Overberg word dit net in die verbygaan uit die venster van ‘n kar bekyk.  Die paar oë behoort seker meestal aan ‘n karakter wat sopas die Groot Gariep oorgesteek het en oppad is om Hermanus binne te val.  Nie dat daar nie iets is om te sien nie: in Napier se omgewing is die meeste paaie nog grond en hulle lei jou na uitsigte waar die landerye en koppies aanhou vir sover jy kan sien.  Sanderige wêreld die.  Uitstekend vir patats.  Na aanleiding van die fees se naam sal mens kwalik van ‘n ooraktiewe verbeelding aangekla kon word as jy sou aanneem dat dié wortel die hooflandbouproduk van die streek is.

Die Patatfees is gewoonlik in die middel van Junie, seker net na die oes.  Daar is iets vir almal: vir die wat nie moeg genoeg na die week is nie, is daar ’n halfmarathon en ook ’n bergfietsmarathon.  Beide geskiet hoofsaaklik op die grondpad met lekker sanderige stukkies tussen-in.  Nie regtig ’n probleem vir die drawwers nie, maar die dikwiele kan wild deur die sand sukkel.  Soos die Overberg betaam, rol die heuwels lekker en beide roetes bring die deelnemer op plekke waar jy nie noodwendig self sou wou gaan nie, maar die uitsig is nie te versmaai nie.  So paar jaar terug was die halfmarathon en die bergfietsresies so geskeduleer dat jy aan beide kon deelneem.  Dié malles is dan as ysterpatatte gekroon.

As aktief wees nie jou palms laat sweet van opgewondenheid nie, maar jy ander talente het (een van hulle moet ongelukkig wees om nog nie saam met jou beterhelfte voor ’n kansel te gestaan het nie), dan kan jy inskryf vir die plaaslike skoonheidskompetisie.  Hier is ‘n spesiale bonus, want die wenner hiervan word as Mej Patat gekroon.  Ek weet nie of daar vanjaar ook weer iets vir die 6- tot 8-jariges of onder 1.4m was nie, maar die kroon van Mej Patatrankie was ook al in die verlede op die spel gewees.

Verder het die fees al die tipiese stalletjies van so plattelandse byeenkoms. En dis nogals lekker om so ‘n  draai deur die stalletjies te wandel en dinge te bekyk en te beproe. En moet ook nie vergeet om vir jou van die lekkerste patats te koop nie.  As jy een van die is wat bloot saamgesleep word op die uitstappie en jy eintlik net lus is vir koue ene kan jy ‘n draai by die watergat, “Pub Tyres”, gaan maak.  Dis in die hoofstraat, net langs die NG Kerk, oorkant Huis Klippedrift (die outehuis).  Daar is ook die Moerse restaurant met “moerse lekker pies” en “moerse breakfast” en “warm, sexy brode” om net ‘n paar te noem.  Napier het duidelik iets vir almal.

Stuur na Twitter

Biedouw 4×4
Daar is ’n paar dinge in die lewe wat ’n moet is. Jy moet braai, jy moet brannas vat (een of ander tyd in jou lewe), jy moet k*k, jy moet hoendervleis kry as die volkslied gesing word as die Bokke ’n mamparra spannetjie aanpak. Net so moet jy ook soms ’n manna naweek saam met jou mede ysters aanpak.

Die voorstel word met die beter helftes bespreek en die reken dit is ’n great idee want hulle wil ook saam trek en die hare bietjie los maak…kan seker net boring wees. Ek skud maar net my kop en wens hulle voorspoed toe vir wat ook al hulle gaan aanpak.

Ons het KLAAR solid planne – gaan bietjie die bakkies deur hulle passies sit by Biedouw se 4×4 roete (so 20km voor Wuppertal).

Vrydagaand trek ’n spannetjie van 10 wetters op 3 Isuzu bakkies weg van Dasvlei (plaas waar Parma werk) op pad Cederberge toe.

21h00 en ons idle die Biedouw vallei binne – Francois het al daar gekamp en begelei ons na die kamp terrein. ’n Tydelike basis word opgerig, “vog” word strategies op die tafeltjietjietjie geplaas, ’n knetterende vuur maak sy verskyning…die toneel vir ’n groot naweek is geskep…hou my vas want chaos kan nie te vêr weg wees nie.

Vrydagaand…sjoe…tick…almal lewe darem nog…net net…

09h00 Saterdagoggend en almal is weer in die bakkies. Nou gaan ons hierdie wiskunde roete gou bietjie plat draf. Kaarte en hek sleutels word by die hoofhuis gekry – Parma vat voor en daar gaat ons.

Cederberg is maar meestal klip wêreld so jy vat maar rustig as jy oor die klippies gaan. Die roete in geheel is nou nie woes tegnies en rof nie, maar hier en daar word die drywer en voertuig tog bietjie getoets.

Die geskittery word darem vergemaklik met ’n koue bier. Soos die manne uit klim om te help verduidelik so klim ’n ander span soms in jou bakkie.

Nou afhangende van hoe en wat die knaap die vorige aand geëet het, kan hy dit vir jou lewensgevaarlik maak as sy maag nou besluit om te laat loop soos wat gebeur het met Francois. Party plekke wou ek die bakkie net laat gaan het en my lewe red want geen mens kan daai goed binne hou nie.

Roete is mooi…hel man die hele Cederberge is ’n stunning plek. Neem jou so +/- 5 uur om te ry, maar dan kan jy dit lekker rustig vat. Ons het maar bly beweeg en as daar gestop was dit kort gehou – wou nie vashaak waar ons stop nie anders kry ons van die wetters nie weer terug by die kamp nie.

Terug by die kamp en almal is lekker gat lam geskud. Bier word verruil vir hardehoud…groot steaks word op die vuur gegooi…kry weer daai scary scenes van die vorige aand se kuier…voor jy jou gat kan draai en jy is in die middel van nog ’n chaos kuiertjie…sjoef…skade…

Sondagoggend en party manne lyk of hulle groot skade opgedoen het van die vorige aand se kuiertjie. Daar word gekreun en stadig beweeg…wil niks meer oor die lippies he nie…whahaha…soos vader altyd gesê het…elke sport het nou maar sy beserings.

Laat oggend en alles is skoon gemaak en bakkies gepak en reg vir die trippie terug Kaap toe…

Kêrels dankie vir ’n great naweek – ons maak sommer gou weer so.

Stuur na Twitter

Malawi: Die lang pad na die Hemel – Deel 1
Ek kon dit nie glo nie…hier sit ons op Kaapse treinstasie en ons is reeds minus 1 man! Die babbelas knou nog aan my van die vorige aan se groot troue, maar al wat ek wil hê is om op onset rein te klim en te ry. Ongelukkig is Ruan laat en die tyd raak min…

Ten spyte ons ergste vrese het die man darem opgedaag en ons is met ‘n moerse gejuig die Weskaap uit. Lang die pad spring die rokers en die drinkers af vir ‘n twakkie en ‘n piepie op die Karoo-bossies. Die sons-ondergang was ook mooi…

Brannas word uitgeruk en ons kompartement ontaart in ‘n sjebien. Daar word poker gespeel, grappe vertel en hard gelag oor die simple toer wat sommer-so aanmekaar geflans is met Wikitravel, Google Earth en die Lonely Planet as gids. Stadig raak almal moeg met die wieg wieg van die trein en opgewondenheid wat van binne wil ontplof en ons raak stil stil aan die slaap.

Ons kompartement slaap 4 mense met Marisa, Ruan, Ricky en yours truly wat die plek vol lê. Ons sake was ook redelik groot en net Ruan het eintlik sy kop gebruik in terme van slim en ekonomies pak. Ek het immers messe en vurke ingepak…?

Volgende dag is ons in Johannesburg. Die laaste stukkie was maar moeilik want ons is seker 4 keer deur Krugersdorp (op so het ons gedink). Seker maar die opgewondenheid wat nog borrel, maar ons kon net nie stil sit nie. Ek moes myself forseer om boek te lees, anders het die res my by die ruit uitgeboender.

Eindelik in Johannesburg! My Ma en Ouma kry ons by die stasie. Albei het ook al getoer so hulle ken van sulke plekke soos stasies, alhoewel my Ma amper deur ‘n ou in ‘n Day-glo vrokkie gearresteer is vir fotos van haar kind neem. Nie die laaste keer dat die kiekie-kakker (dankie vir die word Meneer Bakkes) ons amper is diepe moeilikheid laat beland nie…

Die kos op die trein was OK, maar my Macaroni en cheese het my laat honger ly. Nando’s is die oplossing en mens eet eintlik heel gemaklik in die JHB Stasie. Ek is verbaas. Almal sê dan JHB is so ‘n goor plek? Wel, dis nou nie die Kaap nie, maar ons het darem veilig gevoel, die badkamers gebruik sonder om enige STD’s op te tel en is ook nie ge-hijack nie.

Na ‘n lang rondstaan kon ons eindelik ons sake nader aan die busse sleep/dra. Dis al donker en die bus is laat. Na nog 2 ure se handsyne en gevloek in Sotho, Shangaan en ons in Afrikaans is ons toe op ons bus. Volgende stop is Pretoria om gou vir ons nuwe maatjie Wynand Theron op te tel. Die sal mos net gou stop en dan is ons weer oppad na Mugabe se koningreik…Zimbabwe.

Wel, dis toe nie so vinnig nie. Die bus se koppelaar (dis nou die “clutch” vir diegene wie se Afrikaans so swak soos myne is) het moet opgegee weens die drywer se onnodige en aanhoudende rat-verwisselings. Jy sien, soos ons engineersvrien Wynand verduidelik verander die ding eintlik self ratte en jy hoef hom net in drive te sit. Die 1 en 2 opsies is vir styl buld of afdraend. Dus was sy manier van verander van D na 1 na 2 na D nie eintlik soos die boekie dit verduidelik nie. Anyways, ek weet niks van motors af nie so ek het maar om die stasie vir brandewyn verkoop-punte gaan soek…

So oorkant die pad was daar ‘n plekkie en hulle was bereid om ons bottle coke met biejtie klippies op te top. Gawe mense, maar ek was wel iewat agterdogtig toe so onder mekaar begin fluister in Afrika-tale. Dus het sommer gou met my gelaaide bottle coke teruggehaas na die busstasie. Hier het daar intussen ‘n man met ‘n Isuzu bakkie opgedaag. Die klonge het gegrap dat die Isuzu die bus gaan sleep tot in Zimbabwe… Ek weet darem nie, dalk as dit ‘n Hilux was.

Kyk, ek kan nie onthou nie hoe lank ons daar gewag net nie. Die coke is later op en ons het skoon begin vriende maak met die ander mense op die bus. Ons ontmoet vir Alex Tsichomba (jammer oor die spelling van jou van Alex) wie later ons held sou word. Ons maak sommer biejtie koffie en rook pyp. Ons doen dit sommer alles net so op die pad in Pretoria se Busstasie. Dis nie luuks nie, maar dit was wel lekker. Die kammeraadskap het hoog geloop en ons het net daar besluit dat ons willer as die wildtuin is en niks op heirdie trip gaan ons bang maak nie…

Wel…ons was nog in Suid-Afrika met 4 grenposte en 3 lande tussen ons en ons eindbestemming en klaar amper een dag agter…wat dink julle? Het ons iets om te worry?

Na 12 die aand besluit hulle toe maar die bus gaan nie werk nie en geen ons ‘n nuwe een. Ons sakke is gelaai, genadiglik hierdie keer met minder moeite as laas, en ons is weer op pad.

Zimbabwe lê voor!

Tot volgende keer

Stuur na Twitter

Duiwelspiek
Kaapstad het my verbaas.  Dis stad, maar daar is ook baie berg.  Toegang is geen probleem nie: een oomblik is jy nog op die snelweg en dan eensklaps is jy in die berg.  Die dead give-away is wel die ver-af gedruis van die stad, maar teenoor die skoonheid voor jou is dit ’n klein prys om te betaal.

Dus was ek aangenaam verras toe ek verlede naweek Duiwelspiek gaan klim het.  Dit het al die elemente van ’n goeie dag in die berg, behalwe vir die dag gedeelte, want dit sal jou nie die hele dag neem nie.  Die roete wat ons gevolg het is genaamd Mowbrayrif. Die paadjie begin agter die Rhodes gedenkteken (die Pommies darem: net ’n standbeeld sou seker ook gewerk het).

Die paadjie verlaat die verste punt van die parkeerterrein en kronkel op teen die berg.  Na so paar minute se loop kom jy op die grondpad wat opgaan na die blokhuis.  Ek wonder wie die Pommies van daar wou getimmer het of was dit meer vir seine?  Ek is ook nou nie seker hoe ver daai kanonne iemand kon klits nie.  Seker maar die Republiek by Swellendam vir wie hulle bang was.  Die blokhuis is wel deesdae selfoontoring: die blykbaar onsigbare kanker.  Waar is die dae toe ons nog eerbaar baklei het?

Die paadjie klim op teen wat nou seker nou Mowbrayrif is vanaf die agterkant van die blokhuis.  Jy stap net verby die ou dam en aan deur die bome.  Hier is die eerste verrassing.  Jy moet ordentelik klouter teen daai krans uit.  Hou maar jou oë oop om nie van die paadjie af te dwaal nie: as jy jou vasloop teen ‘n  afgrond en jy sukkel aan gaan jy meer as net ’n  mooi uitsig sien.

Bo-op die rif kan jy ’n keuse maak.  Òf jy foeter bo-oor Minor Peak soos bobbejaan òf jy kontoer om na regs en klim soos ‘n gewone mens die berg.  Die keuse is aangedui met klipbaken met ’n paadjie wat reguit aangaan oor Minor peak en die kontoerpad wat mooi level na regs aangaan.  As jy ’n pick-six op Greyville-man is wat graag iets weet wat meeste mense nie weet nie, dan is hier nou vir jou iets: neem die kontoerpad.  Alle paaie neem jou na die agterkant van Duiwelspiek, op die saal tussen Tafelberg en die piek.  Dit is van hier waar jy in die laat-oggend skaduwee die piek klim.  Indien jy wel laat-oggend gelê het, dan gaan jy niks hier kry nie, net moeilikheid.  Die piek bereik jy na so 10 minute se klim.  Die uitsig maak dit die moeite werd.  ’n  Vinnige tel sal jou wys maak dat jy twee baaie sien (nie twee oseane, daai is ‘n  bemarkingsfoefie); ten minste vier bergreekse; een SBD (dis nou CBD in mooi Afrikaans); ’n eiland; die hele Cape Flats, Parow en Strand asook ‘n  klomp dassiedrolle (in geen spesifieke volgorde nie).

Die paadjie oor Minor Peak is ook mooi sigbaar van hier af.  Dis net vir die meer avontuurlustiges wat hou van klouter en bang is om hulle agterstewe in die lug te laat hang nie.  Die roete is bietjie blootgestel en loop oor ’n mesrug.  Nogals stewige kranse op daai mesrug, oordentelik berg hierdie.  As jy daar af foeter val jy nie “doef, aaaaaaah” nie, maar “aaaaaaaaaaaah, doef”.  As jy meestal nie vir jou ma geluister het nie kan jy die paadjie oor die mesrug en Minor Peak ’n goeie afgaan opsie.  Ek sal dit wel nie aanbeveel vir die opkomslag nie.  Ook nie vir mense met prêms en verantwoordelikhede nie.  En veral nie as dit nat is nie.

Dis wel voorwaar ’n lekker stappie.  Die hele trip sal die gewone stapper, as julle lekker vroeg trek, seker so sewe ure neem.  Die wat nie so haastig is nie, sal so bietjie langer neem.  Gelukkig is ’n roomys nie ver as jy by die kar kom nie.

Stuur na Twitter

Rooikappie en die Wolf – die VOLLE Waarheid!
Eens op ‘n tyd was daar hierdie dogtertjie gewees wat in Feetjieland, reg langs die Towerwoud, gewoon het.

Eintlik was sy blond maar sy het heeldag met so ‘n rooi mussie op haar kop geloop met die gevolg dat almal in Feetjieland en die Towerwoud haar toe Rooikappie begin noem het.

Vreeslike fraai kind, en tog so lief vir haar Ouma. Ouma het in die nabygeleë Towerwoud gewoon, nie ver van die Houtkapper af nie want hulle twee het saans saam TV gekyk. Survivor was hoog op die lys want die bos was ook maar gevaarlik.

Een goeie dag kry Rooikappie toe ‘n sms van Ouma af waarin sy vra of sy nie asseblief vir haar ‘n paar goedjies uit die dorp sal saambring nie, en dan eet sy sommer middagete saam met Ouma en die Houtkapper. Ouma voel bietjie siekerig en lê bietjie in die bed.

So gesê so gedaan, en Rooikappie is toe daar weg na die naaste – en enigste – Spaar in die dorp. Spaar, want in Feetjieland kry jy nie ‘n franchise van die meer bekende winkel groep in menseland nie. Meeste mense wil dan probeer voorhou dat hulle nie eers in feetjies glo nie!

Toe maak Fielies die Smouskabouter sommer sy eie naam op. Hy wil Spaar ook franchise maar die ander kabouters wil net heeldag sampioensop maak en die feetjies se vlerkies vryf!

En Rooikappie is toe daar weg met haar herwinbare papiersak vol van Ouma se inkopies. ‘n Ses pak Miller Draught’s (eintlik Houtkapper se gunsteling) en die nuutste DSTV gids.

Vat sy toe die voetpaadjie in die donker, donker bos in. En soos sy dieper in die bos in stap, raak dit al hoe stiller en grilleriger en Rooikappie al hoe benouder.

Boomtakke begin lyk soos kwaai Youth League ondersteuners en uile skree HOO HOO terwyl hulle so streep-streep skittery op alles wat beweeg.

Die wind waai onaardig deur die woud en maak snaakse geluide, amper soos ‘n fluitjie wat in ‘n hol pyp geblaas word maar heeltemal anders.

Elke keer as sy vir Ouma gaan kuier gaan dit maar so – maar dis wat jy kry as jy in ‘n woud stap waar PMS feetjies die septer swaai. Al die ander gediertes raak lekker wild van omgekrapgeid oor hulle daai stokkies met die sterretjies op die punte so windgat rondswaai en sommer mossies in boomklim goudvissies verander net omdat hulle vlerkies jeuk.

Maar op hierdie gewraakte dag het Wolf onder ‘n bossie gelê en slaap toe hy Rooikappie hoor vir haarself sing om die vrees te probeer bemeester – “La la la la la la LAAAAAAAA!”  sing sy in so ‘n bewestemmetjie nes Pippie Langkous van ouds maar meer op noot.

Wolf hoor dit en word wakker. Sien vir Rooikappie daar verby trippel en besef toe hy is eintlik vreeslik honger!

Net toe hy begin planne maak hoe om haar op te dis vir ete spring Varkie daar agter die een boom uit. Snaakse pienk varkie daai. Groet Rooikappie ewe vriendelik en nooi haar om eers gou saam by Winkie The Poe aan te gaan om ‘n lekker heuning shooter op die proef te stel wat Winkie en Tickler die Tier uitgedink het.

Tickler is oorspronklik van Indië af, maar is gevra om te loop want hy wil net heeldag op alles en almal spring. Hy wou eers ‘n monnik in Tibet word maar het na vele omswerwinge in die woude van Feetjieland opgeëindig en daar groot pelle geraak met Winkie, Varkie en Dom Donkie.

So haak hulle bietjie vas by Winkie se huis en sink ‘n lekker paar heuning shooters. Rooikappie het later gereken dit is seker tyd om te gaan anders word dit donker en DAN wil jy nie in die woud wees nie. Dit was hoeka vroeër die week in die Feetjie Nuus – die weeklikse koerant – dat van die bos monsters bietjie gaan staak en goed rondgooi.

Intussen het die Wolf die storie afgeluister en gehoor sy gaan na Ouma toe. So hy het vooruit gehardloop en toe Ouma se hele dag gaan opneuk. Klop aan die deur en Ouma, wat bietjie doof was, vra wie is daar? Se Wolf so ewe hy verkoop koekies vir die Voortrekkers! Kan jy glo! En Ouma val daarvoor, maak die deur oop en daar staan hierdie dierasie met ‘n bekvol tande.

Die uiteinde is dat Wolf toe vir Ouma vasbind en haar in die een kas inprop. Hy klim toe in Ouma se bed in en trek haar pajamas aan! Daar lê die ou skelm toe en wag vir Rooikappie, sy beplande maaltyd - klaar bestel!

En Rooikappie maak spore want die tyd stap aan en die heuning shooters het gehelp met die moed so die bos lyk bietjie minder spokerig!

By Ouma se huis gekom sien sy die voordeur staan so effens oop. Niks vreemd daaraan nie, so sy stap net in, sit die Miller’s in die yskas en die DSTV gids voor die nuwe platskerm LCD tv neer.

“Oumie” roep sy! “Waar is Oumie”? Kom so ‘n growwe bewe stemmetjie uit die kamer: “Ek is in die bed my kind”!

Rooikappie stap kamer toe en daar lê haar pragtige ouma. So mooi harig en ‘n pragtige lang neus. Huh?! Harig? Lang neus? Wat gaan aan!

“Ouma, maar hoekom is Ouma se stem so diep”?

“Dis maar die baie hoes laasnag my kind”

“En hoekom is Ouma so harig”?

“Ouma het die verkeerde medisyne gedrink my kind, maar dit gaan weer weg na 48 uur”!

“Ouma, hoekom is ouma se ore so groot”?

“Om beter te kan hoor my kind”.

“Ouma, hoekom is Ouma se neus so lank”?

“Om beter te ruik my kind”.

“Ouma – liewe aarde – hoekom is Ouma se TANDE so lank”?!

Spring Wolf daar op uit die bed uit jy sien net komberse waai en bestorm Rooikappie dat Ouma se pajamas so fladder agter hom aan! Arme Rooikappie skrik al daai heuning shooters uit haar gestel uit en gee ‘n benoude gilletjie en struikel so agteruit in die gang in met Wolf agterna!

Rooikappie se ogies staan sommer so wild soos sy uitkoms soek, maar Wolf lê al lank en dink aan hierdie lekker maaltyd en hy grom net en storm agterna. Die kwyl spat in sulke strepe teen Ouma se geraamde Onse Vader doilies vas! Sies!

Dis ‘n dolle jaagtog al in die gang af maar Rooikappie wen net-net en storm by die voordeur uit. Maar net buite die deur haal Wolf haar in en gryp haar aan haar rok om haar te briek.

Gelukkig is daar niks fout met haar stembande nie en sy gee ‘n vervaarde gil wat deur die Towerwoud weergalm soos een van daai Suid Amerikaanse Howler Monkeys wat in touch is met sy vroulike kant.

En net op daardie oomblik is die 7 Dwergies toe mos op pad terug huis toe om hulle daaglikse afspraak met Sneeublertsie na te kom. “Hi Ho, Hi Ho” sing hulle lustig. Omdat hulle klein is, het hulle natuurlik ook ‘n klein long kapasiteit, en moet dus gereeld asemhaal tussen die singery deur.

En dis net op daardie een spesifieke asemteug wat hulle Rooikappie se benoude gil hoor. Soos een man draai hulle om en hardloop in die rigting van die gil! Op pad hardloop hulle by die 3 varkies verby wat besig is om bakstene te vervaardig vir die laaste varkie se huis.

Die varkies sien hier is groot drama en hol agterna.

Gelukkig was dit nie vreeslik ver nie en net toe hulle om die laaste kronkel in die paadjie storm en Ouma se huisie hier voor hulle lê, sien hulle hoe Wolf vir Rooikappie in die huis in trek.

Die 7 dwergies is bietjie stadig en wil nog plannetjies beraam, maar die 3 varkies is nie links nie en een gryp ‘n graaf wat Houtkapper op die kruiwa gelos het, die ander een ‘n rol tou, die derde een het per toeval ‘n pasgemaakte baksteen in sy hand - en daar storm hulle in die huis in!

Voor Wolf nog kon keer bespring daai 3 varkies hom en die een gooi hom met daai baksteen teen sy kop dat sy ogies sommer so wit raak. Toe sy kniegies knak ruk die een vir Rooikappie weg en die een met die graaf hak af en WHAM klap daai graaf neffens Wolf se groot linkeroor vas met ‘n knal wat vensters in Ouma se huisie laat kraak en verf van die mure laat afdop.

Wolf se bene vou onder hom in en hy val neer soos ‘n afgekapte boom. Teen daardie tyd is die Dwergies darem by en onder leiding van Dopey begin hulle Wolf vasbind terwyl Doc help om Rooikappie te kalmeer. Die 3 varkies dop elke kas in die huis om op soek na Ouma en kry haar toe darem in die spenskas – lekker verwilderd oor die helse gebeure van die dag. Arme Ouma!

Toe Rooikappie bietjie bedaar het jaag sy Ouma dadelik 2 Miller’s in om haar te kalmeer en deel die ander 4 uit tussen haar heldhaftige redders. 2 slukke elk en toe is dit tyd om Wolf daar uit te kry.

Vasgebind dat hy soos ‘n skoenlapper larwe lyk kan hy almal net met woeste kyke aangluur en gromgeluide maak, en begin toe die varkies dreig dat hy gaan hyg en blaas en hulle huise skade aandoen.

Op daardie punt gryp Rooikappie ‘n stoflap en prop dit in Wolf se bek in dat hy nie ‘n verdure dreigement kan uitkry nie! Mffff Mfffff Mffff steun hy nog maar toe hy eers die ou Mr Min op die lap proe besef hy vinnig hy moet sy bek hou en fokus om nie te sluk nie.

Die spannetjie heldhaftige redders help toe om hom op te tel en in Houtkapper se kruiwa te sit. En daar gaan hulle met Wolf, die woud in.

“Hi Ho, Hi Ho” sing tot die varkies saam, en hulle maak beurte om die kruiwa te stoot. 2 ure later kom hulle toe uiteindelik by Old Macdonald se plaas uit en Doc stap voor om die boer te gaan opklop want teen daardie tyd was dit darem al goed donker.

Old Macdonald is toe darem heel begeesterd om te help met die bos se groot probleem kind, en onthou toe dat hy ‘n klompie ou skaapvelle in die skuur oorgehou het. Die het hulle toe in ‘n oorpak geprakseer en vir Wolf aangetrek, en hom in een van die leë skaapkampe losgelaat.

En van daardie dag af het Wolf skaapklere gedra, en al die res van die bewoners van die Towerwoud en omliggende streke het baie gelukkig saamgeleef.

En Spaar is nogsteeds nie ‘n Feëtjieland Franchise nie.

Stuur na Twitter

Die Zef factor?
Met die begin van die nuwe dekade kom daar nuwe idees en “kunstenaars” ontpop  met  name soos “Jack Parow” en “Die Antwoord”. Dis definitief die begin van iets, maar ek kan net nie my vinger daarop sit nie. Is dit die “globalization” van “Zef” wees en die veralgemening van “furry dashboards”?

Toe Zander Tyler, aka Jack Parow, sy treffer “Cooler as eke” vrygestel het, kon meeste van ons net frons met ‘n glimlag in die hoeke van ons monde. Die hele kombinasie van Afrikaans rap, skreeusnaakse lirieke en die stukkie “Pyl” wat daar in gegooi is kon niks anders doen as om ‘n glimlag op jou gesig te sit nie. Gooi dan nou natuurlik die video daarby in en voor jy weet dans jy saam met die liedjie op iemand se troue en ken 75% van die woorde! (Speel verkieslik die uncensored version na die “grootmense” weg is).

Sien daar is ‘n fyn lyntjie tussen “Die snaakse Zef ou” wees en die “Die Zef af ou” wees. Ek dink Jack Parow het hierdie haarfyn lyntjie perfek gesny! Die “storie” wat hy gemaak het met die lirieke laat jou binne 3 keer se luister begin saam mompel: “Ek’s ‘n flash drive, jy’s ‘n floppy…”. Dit weergalm van redes hoekom sekere mense net dood eenvoudig kan beskryf word as “fake” en materialisties. Ou Jack slaan die spyker perfek op die kop met die liriek “jy dink jy is cooler as ek, want jy’s elke jaar by die J&B Met”. Tog dra hy die boodskap oor sonder om op te veel tone te trap en heel waarskynlik sal ons “J&B Met” vriende saamsing sonder om te besef waaroor dit gaan.

Die ander kant van ons muntstuk is natuurlik “Die Antwoord”. Nou ek weet nie wie van julle al die “voorreg” gehad het om hulle te hoor nie?  Eerstens gaan ek bieg, Ninja “rap” goed, punt. Die grootste probleem egter is die “image” wat hulle rondom hulself geskep het. Ek is jammer, maar ek kan net nie die humor of cool sien in daardie beeld nie. Dit is die tipe “image” waarteen jy jou kinders wil beskerm deur hulle weg te steek en na Bobby van Jaarsveld te laat luister.

Verder was daar al vele berigte van hulle “live” shows. Volgens berigte is dit meestal ‘n ge-vloekery op mekaar en die skare met ‘n paar songs tussen-in. Nou nie juis my koppie tee nie! As jy nog nie van die knaap en sy vrou gehoor het nie gaan soek hulle YouTube en vorm maar jou eie opinie, ek dink dit is af.

Daar is ‘n quote in die fliek “American History X”, wat se “I hate the fact that it’s cool to be black”. Dit kan aangepas word om hierdie scenario ook te pas :”I hate the fact that it’s cool to be Zef”.

Stuur na Twitter

Die kreet van ‘n Neo-Boer
*neo boer - soos neergepen deur Francois Brill is ‘n blanke afrikaans sprekende persoon met ou tradisies maar met nuwe waardes

Ek, Henry, Ricky, Dirk, Ruan, Vic, Paul, Boerbok, Andries en die ander kon so maklik vrydag middae ‘n bakkie pak.

En nie enige bakkie nie.

Isuzu.

Ons het meer geglo in ‘n Isuzu as in die WP of die Bulle tesame.

Bakkie vol diesel en kiste vol hardehout het ons die pad gevat.

Sommiges van die voorstede, ander

plaasklonge

Om die sonde van die week se werk af te skud en te vervang met stof van die naweek se skandes.

Die opwinding was vir my die grootste

Padkaart uitgepluk

“Waarheen gaan ons boys?”

Niemand het dit ooit beplan nie maar ons harte was in akkoord

N7 sandveld toe?

Het die groot karoo se beautifull west dalk geroep?

In die klein karoo kon ons siele weer lewe

In die berge kon ons fokus op die volgende rots, of

Namibie toe om te kyk of dit werklik nog so kan wees of droom ons verniet en dit dan sommer ook Suid-Wes genoem

Vrydae aande hard gekuier om die kampvuuur in ‘n poging om die week dood te maak

Saterdae en Sondae oggende 6am op - al is dit hoe moeilik - so maak jy mos ‘n vakansie van ‘n naweek

Nooit langer as 1 dag op ‘n bestemming nie - die idee van stabiliteit wat ons jaag

Memories wat niemand ooit sal van weet nie, of verstaan of begryp nie

In ons wafferse Willeklong(.co.za) khaki hemde met die nuwe suid afrikaanse vlag wat groot pronk op regterbors

Sutherland toe in die middel van die winter, ‘n berg aangepak so hoog soos die toring van babel, ‘n karoo vlakte so dor soos ons lus vir die week

Terug in die kaap het ons almal geweet, maar niemand het daaroor gepraat.

Die naweek se geselsies, grondpad, stof, dodgy ontbyt, sweet, lekker lag en plattelandse meisies was maar alles net die kreet van die neo boer wat baie hard en baie sterk opsoek is na sy plekkie in die son in hierdie land van ons.

Ons sal lewe

Ons sal sterwe

Maar ons wil deel wees van jou,

Onse

Nuwe Suid Afrika

Stuur na Twitter

Selfmoord van die ou self
Daars baie redes hoekom jy nie vrywillig van ‘n rots spring in onbekende roesbruin waters nie. Jy kan iets breek, ‘n rooi geklapte pens kry of nooit weer kinders maak nie. En dis moeite. Of jy kan dalk net lewe en ‘n klein bietjie meer begrip ervaar van jou eie potensiaal. Hoe sal jy die gevoel kan verstaan as jy nie oor die rant trap nie.

Twee weke terug het ‘n paar van ons die berge bo Grabouw ingevaar om Suicide Gorge te gaan verken vir my goeie vriend Claude se 30ste verjaarsdag. Suicide Gorge is ‘n 18 km dag stap in die Hottentots Holland Natuur Reservaat tussen Grabouw en Villiersdorp.

Die dag begin met ‘n stewige stappie tot by die bopunt van die vallei. Jy moet eers op voor jy kan af.  Oppad daarheen kry jy ‘n blik in die oorgroeide dieptes van Riviersonderend se skeure. Dit is ‘n skeur vir ‘n ander dag.

Suicide Gorge het ongeveer sewe plekke waar jy by watervalle moet afspring om verder te kan gaan. Wanneer jy die eerste sprong af is, is daar slegs een pad uit die vallei… en dis met behulp van swaartekrag.

Dis ‘n jaar vandat die reservaat byna verwoes is deur weghol-veldbrande. Dit is ‘n ander tipe mooi-swart geverfde landskap met die geraamtes van proteabosse wat ons arms en kuite grys kleur met hul steenkoolpunte. Die nuwe onderbosse en groen spatsels bevestig net weer die hernuwingskrag van die natuur. Uit verwoesting kom die mooi na vore.

Na ‘n stuitjie-stamp-sessie op ‘n natuurlike glyplank, is almal se sakke gewaterdig en reg vir nat word.

Die eerste sprong is lekker mak en gee almal ‘n kans om hul senuwees tot ruste te dwing en hulself te vind in die ritme van die tog.

Dan, net wanneer jy begin ontspan, vang jou oog die diepte-verskil oor die volgende waterval. Jou maag maak ‘n draai in jou keel wanneer jy versigtig oor die rant tuur en jou kop nie lekker sin maak van wat hy sien nie. “does not compute…”

‘n Oomblik se huiwer en dan oorgawe…

Die water versnel nader teen ‘n stink spoed. Arms windmeul in ‘n poging om reguit te bly. Outomaties reageer jou lyf, jou arms kom in, kniee teen mekaar, reguit soos ‘n plank, reg vir die kontak.

Yswater skiet soos ‘n elektriese skok deur jou lyf. Met ‘n borrel ontploffing word buiteklanke afgesny en dis ‘n alternatiewe onderwater realiteit, een waar jy jou mond kan oopmaak en diep drink. Die enigste klank is jou hart wat soos ‘n ondier rondspring, die ritme van oeravontuur, in tyd met die Skepper se hartklop.

Dan, wanneer jou longe begin brand en die lug jou opwaarts dwing, sien jy hoe die bewerige waterverflyne van rots, boom en vriende se gesigte vaste vorm aanneem en die daglig jou in sy arms terugverwelkom.

Die klanke van ‘n gejil en geskree van die peanut gallery speel in noot met die gevoel van oorwinning soos jy die oppervlakte breek en jou longe met suurstof vul.

Die dag eindig met ‘n paar koues, groot hamburgers en ‘n magdom stories by die Rose and Bull in Grabouw.

As hierdie dag enigsins ‘n voorsmakie was van hoe die volgende 30 jaar vir my vriend Claude gaan wees dan wag daar nog groot dinge.

Stuur na Twitter

Net oorkant die grens
Al oppad middel Februarie toe en min einde aan opwindende gebeure hier in Dubai en omgewing. Van een hengse motorfiets-uitstalling hier in Dubai tot net duskant die grens so slapregs waar Oman lê.

Vreemde witgrys en klipperige stuk aarde wanneer ons by die grenshekke aankom. Die taxi bestuurder maak dit ook duidelik dat geen fotos hier geneem mag word nie (bang vir terrorisme) en ek steek maar ewe gedwee my kamera’tjie weer terug in my knapsak.  Vinnig nog ‘n stempel in die paspoort en daar ga’at ons weer. Berg pas op, op, op, en dan af, af, af met die mooiste skoon en helder kusuitsig. Hoe kan so stuk droë aarde so mooi kusstrook hê?

Paar minute later is ons bo-op ‘n arabiese boot (dhow). Ons is so ongeveer 12 mense wat besluit het om kersdag anders te vier.  So vaar ons dan rustig die pragwaters oor met grysberge orals waar jy kyk. Hier en daar afgeleë stamme wat verkies om nie saam die res van die wêreld aan te beweeg nie… Weereens mag ons geen kiekies neem nie – die stamvader is bang sy “beeldskone” dogters word ontvoer…

Dan stop ons eweskielik en die toergids begin fluit en fluit en fluit… Dolfyne! ‘n Stuk of 10 van hulle. Geruisloos swem hulle sodat net hul vinne sigbaar is. Nog ‘n paar fotos word geneem en dan maak ons aanstaltes. Middagete is vars gebraaide vis, tamatieslaai sonder sout en arabiese brood met hummus. Nou nie ‘n fynproewersdis nie maar dit stil die nodige hongerpyne. So vaar ons voort…

Die water raak al hoe skoner en blouer hoe verder ons vaar en dan stop ons weer. Aan ons word verduidelik dat dit veilig is om hier te snorkel. ‘n Hele uur van onderwaterlewe word besigtig deur half toegewasemde snorkelmaskers. Heeltemal die moeitewerd.

Die dag raak al hoe langer en die skaduwees nog langer. Later gewaar ons nog ‘n skool dolfyne en dan die omdraai. Die luggie raak skraal en ons vind skuiling onder klam handdoeke. ‘n Heilige stilte daal oor die eens opgewonde passasiers, almal staar die horison in en sommige vang ‘n middagslapie.

Terug in ‘n wildvreemde en baie konserwatiewe deel van die Arabiese Peninsula met Muskat as die hoofstad - ‘n dorpie of stad wat terug dateer uit die Steentydperk min of meer 5000 jaar gelede. Die kort reis op Kersdag het tog heimweë opgedis…

Stuur na Twitter