Monday 06 September 2010

Die Troue

Deur Elizca Stemmet op 22 May, 2006, 5:12 am

Nee, moenie bekommerd wees nie ouens, dis nie een of ander soppy storie wat ek hier skryf oor die troue nie, sommer net n lekker storie. So was ek toe die afgelope naweek by vriendin Nicolene se troue..en mens was dit nie n troue nie.

So daag ek en Gareth op by die troue, gestewel en gespoor. (Gareth, sorry, but I have to share it with the rest). Sien, Gareth is n rou engelse boytjie van die suidelike voorstede en ons is by n weskus troue, wat by Morgenhof gehou word. Van die begin af weet ek my arme date is in vir n verrassing.

Kerkdiens begin. Daar is n tannie wat die harp speel (Na die tyd hoor ek sy het actually 2 persoonlikhede, naamlik sy self en dan is daar n Sheila ook.) Hier in die helfde van die diens lui haar selfoon, almal dag sy gaan dit net dood druk, maar nee, sy antwoord hom en het n hele gesprek, terwyl dominee, bruidspaar en kie wag dat sy klaar maak. Ons kom toe agter, die vrou gaan nie ophou praat nie en die dominee vra haar toe mooi ordentlik om die selfoon af te skakel waarop sy antwoord “I don t know how to switch it off” Mens, toe moes Gareth my omtrent van die grond op tel soos ek lag, die res van die diens sit en giggel al die gaste, die ernstigheid vergete.

By die onthaal kom die bruidspaar in gestap op Anton Goossen se Pasgetroud, toe weet ek, hierdie gaan n lekker Boere Afrikaanse troue wees, ek loer so onderlangs na Gareth en ek sien, die mannetjie is nie seker wat aan gaan nie. Die res van die aand is gevul met lekker Afrikaanse musiek en lekker dans. (Ongelukkig kon my date nie dans nie en moes ek maar plan maak.) O ja en Gareth sit en neem videos op sy selfoon om vir sy engelse vrinne te gaan wys hoe ons boertjies troue hou.

Robbie Wessels se Leeuloop begin speel en almal begin so onderlangs giggel, lag en saam sing, dis hier waar Gareth vir my vra “What is this oke singing about and what does it mean?” Nou glo dit of nie, maar ek is actually n skaam persoon, veral as dit by SULKE goed kom. Hoe verduidelik ek hierdie engelsmannetjie waaroor Robbie sing en wat die Leeuloop is? Tweede keer die aand lag ek dat ek kan voel hoe my maagspiere saam trek. Ek begin so gebroke verdudielik en gelukkig spring n jong heer my voor en help hierdie arme meisiekind en verduidelik vir Gareth wat presies die Leeuloop is, moes net gekeer het, anders sou hy moontlik dit demonstreer het ook.

Natuurlik raak dit hoe later hoe kwater en toe ek weer vir Gareth soek, (Ek het soms hierdie vermo? om so nou en dan as ek besig te raak, te vergeet ek is saam met n date) vind ek hom land en sand buite saam met die ouer garde en kuier en lang stories praat oor rugby en vele meer. Later is die hele troue buite, aangesien mens nie binne mag rook nie..

So laat, baie later, pak ons die pad terug Knorhoek toe aan, gelukkig slegs so 6 km van Morgenhof af, waar ek aan die slaap raak toe my kop die kussing tref. Knorhoek is n storie op sy eie, maar al wat ek kan s?, is as julle n oulike plekkie soek om jou geliefde, meisie of ou na toe te vat vir n vinnige wegbreek, gaan Knorhoek toe!

Anyway, genoeg vir eers! Groete uit die Weskus

Stuur na Twitter 

Versprei, print of e-mail hierdie artikel:
Print hierdie artikel Epos hierdie artikel

Hierdie artikel is geskryf deur:
Elizca Stemmet Elizca Stemmet - skrywer van 104 artikels op die Willeklong Portaal. Ek is jou pure kaalvoet boeremeisie. Ek is trots Suid-Afrikaans, maar meer as dit Afrikaans. My groot passie in die lewe is Afrikaanse Rock Musiek...ons praat van Zinkplaat, FPK, Van Coke Kartel, Aking, Skuim, Willem Welsyn...en die lysie gaan nog lank aan. As daar 'n rock show, musiekfees of gig aan die gang is...is dit waar jy my sal vind!

Skrywer se web tuiste: www.wk.co.za

Lees meer in Adam en Eva se Dinge.


KOMMENTAAR

Henry May 22, 2006

Uhmmm..Elizca jy s? dit is net ‘n lekker storie…uhmmm…ek wonder darem.

Sit so en gaan deur ou artikels en vat net ‘n raai wat. Jy het al twee artikel oor TROUES gepost. Die vorige een is gepost op 24 Feb 2006.

Nou begin ek wonder en ek wil graag al die ander wetters daar buite vra. Dink julle nie die girl begin dink en verlang na ‘n lang diep verhouding nie? Kom nou Elizca jy is ons buddy so jy kan maar oop kaarte met ons speel.

Jou tweede artikel oor TROUES en dan is daar nog al jou forum post oor jy en dates vir TROUES.

Is hierdie ‘n advertisement vir ‘n eensame outjie daar buite in internet wereld?

Elizca May 23, 2006

LOL - jou grapjas!

Nee….vir nou is ek sorted en het geen plan om vinnig kansel se kant toe te staan nie. Hoekom skryf ek oor troues?

Want dit fassineer my hoe mense op sulke jong ouderdomme kan en wil trou….want ek my liewe mater is nog jare daarvandaan. Plus daar is slegs een persoon vir my…..en hy self is nog jare weg en myle weg.

Ek sal eerder oor jou bekommerd wees. Hoe gaan dit met daardie besparing vir daardie verloofring?

Henry May 23, 2006

Jy weet buddy ek is moer gelukkig met my girl en ek kan nie vir beter gevra het nie. Daai rumor dat verhoudings jou lewe verander is ‘n klomp bol. Dit hang van jouself af en ek dink ek het al genoeg my kop gestamp in vorige verhoudings. Ek travel en saai paniek nogsteeds so baie soos verlede jaar. Ek het hierdie jaar nog al die trips gedoen…meer as wat ek van ander kan s?.

So ja as die Groot Seun daarbo dit so wil h? kan daar dalk n stukkie blou draad verskyn in die toekoms. Soos ek vir Vic ges? het eendag dink ek familie is seker die befokste ding ooit. Eendag wil ek saam met my laaitie aan hulle koshuis se down-down kompetisie deelneem. En hom sommer van vroeg af leer hoe om die meeste k*k en hare aan te jaag en dan daarmee weg te kom.

Ons kan ‘n add in die koerant vir jou sit as jy wil pal. Moet ons??

Elizca May 23, 2006

Henry, buddy old pal. Ek was reeds in ‘n 5 jaar verhouding en ‘n paar ander long term verhoudings en my kop een keer te veel gestamp…..so ad is nie vir nou eers nodig nie, maar sal jou aanbod onthou vir die toekoms, baie dankie man.

Maar ek moet vra, hoekom is julle so gepla oor my wat single is? Ja-ja, weet ek raak ouer, maar wraggies, eerder single en gelukkig as om by iemand te wees net vir die feit om by iemand te wees.

En ek stem saam met jou, eendag sal dit nice wees om familie ens te he, maar ek wag vir die regte persoon tot dan. All good things come to those who wait.

Henry May 23, 2006

Hey ek het gehoor Brill is single

Brill May 23, 2006

henry, jy weet daar is net een persoon vir my en dit is jy. so skuif op marli, die rob is oppad

Elizca May 23, 2006

EK dag Brill, Kid en Boerbok het so ‘n ding tussen hulle aan die gang. Brill gaan dan hoeka die naweek op Gauteng se kant toe, is dit dalk ‘n spesiale kuier by Kid? EN dit sal my nie verbaas as Boerbok kort op sy hakke is nie!

Plus daar is gans te veel kompetisie vir Brill se aandag en ek is nie werklik lus vir kompetisie nie.

Brill aka Robbo May 23, 2006

;-)

Marli May 23, 2006

Brill…Buddie…Jy sal maar WYD om Henry moet robloop , want hierdie ou gaan ek nie maklik opgee nie!

Kid Senekal May 23, 2006

Ek’s sorted dankie. Maar thanks Elizca. Ek en Robbo sal belowe om onsself te gedra.

Estie May 23, 2006

Jislaaik dankie Marli vir daai een, die ouens begin my uit te freak hierso….eers is daar ‘n liefdesdriehoek tussen Kid, Brill en Boerbok en nou wil Brill vir Henry insleep om die vierkant te voltooi…….Klink soos Days of our Willeklong Lives…volgende gaan dit seker uitkom dat Brill en Boerbok ‘n tweeling is wat by geboorte geskei is, Henry eintlik hulle pa is en Kid op ‘n missie is om hulle te herenig….(daar gaan my verbeelding op loop)

Elizca May 23, 2006

Kid, moet nou net nie se ek gee nie om vir my buddies nie…aangesien Brill vir Henry eye is Boerbok altyd available, skree net as ek iets moet organise!

Marili…goeie moer meisiekind, myself met my tee verbrand toe ek jou nou hier sien comment!

Estie, jy’s verkeerd met een ding. Kid is die ma…..

Estie May 23, 2006

Ek moes dit sien kom het Lizca, Kid was die missing link gewees. Nou moet ons nog net vir Vicky plek kry in die hele drama…..mmmm hy kan die Hanno Gelderblom karakter wees wat alles uitfigure, of….die dokter wat die operasie op Kid uitgevoer het, en dus het hy die sleutel tot die hele ding….ek dink ek moet draaiboeke begin skryf….

Elizca May 23, 2006

Nee nee sien. Dit werk so. Brill en Boerbok is die tweeling. Henry en Kid is die ma en pa, of so het Henry, Boerbok en Brill gedink, tot Kid erken het hy het Henry verneuk met Vicky…..wat Brill en Boerbok actually klein Vickies maak!

En daar gaan my verbeelding

Ons noem hierdie sepie…Wille Soap, plek van confussion & dronkaards!

Kid Senekal May 23, 2006

OK, ek wou dit nie eers admit nie, maar ek is in fact die love child van Steve Hofmeyr en Patty Lewis.

Estie May 23, 2006

Oh my word….Elizca jy’s my altyd een voor….ek moes dit aan die gedragspatroon agergekom het….

MMmmm, wat van Willeklong, gaan vir goud.

Brill May 23, 2006

Ek en boerbok en Kid is eintlik dieselfde mens.

Dis soo Conan the Barbarian en Conan the Adventurer etc…

ons neem verskillende vorme aan. (en jy kan vorme maar letterlik opneem)

Henry May 23, 2006

As my pa die k*k nou moes lees dan moer hy my in n ander dekade in.

Ek is opsoek na nuwe vriende. Is daar enige iemand wat belangstel??

Elizca May 23, 2006

Brill, as jy, Kid en BBK Conan clang is, is Henry dan He-Man, Defender of the Universe.

Kid, is jy al weer dronk ou Stevie en Patty is ouma en oupa wat daar in ‘n Trailer in die ou Vaaldriehoek!? Ophou cke by jou brannas gooi en dit maar eerder skoon begin drink!

Henry ou pal…jy sal maar moet vrede maak. Hierdie is jou pals, niemand anders wil jou he nie. Ek haal nog elke dag my hoed af vir Marilie…sy moet hare op haar tande he.

Henry May 23, 2006

Shit hoe het jy geweet sy het hare op haar tande? Sy het my belowe sy sal vir niemand s? nie.

Elizca May 23, 2006

Enige iemand wat met jou opgeskeep sit moet hare op hul tande he!

Neill May 23, 2006

Die hele konsep van hare op jou tande is vir my baie gross!

Estie May 23, 2006

Die hele ding dat Kid ‘n ma kan wees laat my nou net wonder…..hoekom het mans nipples????

Corrien May 23, 2006

Werk julle Willemense nie vir ‘n lewe nie??? Hey, Elizca, oor daai liewer single as saam met iemand saam met jy liewer nie moet wees nie, is SO WAAR!! Gisteraand op ‘n date gewees en toe ek terg is by die huis, kon ek net sug. Kan nie die moeite werd wees nie, kan dit?

Elizca May 23, 2006

Weet nie van die ander nie, ek sit in my kantoor en ‘pretend’ ek’s besig! Was gans te besig en volwasse die afgelope paar weke…so eendag se afskakel sal hopelik nie saak maak nie!

Corrien, ek hoop darem nie dit was ‘n blind date nie! Was dit darem saam met een van die boere van die geweste?

Foxy May 23, 2006

Dit is altyd vir my fascinating hoe conversations ontaard in iets wat niks te doen het met die topic nie,ja….dit begin met troues, eindig dan op my die love affairs tussen Kid, Henry, Vicky, Brill en BBk….. Ek moes nou hard konsintreer om al die comments in te neem. Maar net so hard ook gelag.

Elizca, ek dink ons almal is uniek, en ek kan nie dink hoe dit sou wees as ons almal dieselfde was nie, dit is wat WK so crazy maak. Diversity. Verloof Henry, shooo, groot woorde daai. Elizca, dit is heel normaal om oor troue en verlowings te dink, ek is nog nie reg vir myne nie. Maar het wel die man van my drome ontmoet, dis nou verseker.

Henry, ek sal vir jou nuwe maaitjies soek, en Elizca, ek sal n ogie oop hou vir die ridder op die wit perd met die license plate net vir jou gereserve. Brill, hou nou jou hande tuis die naweek, ons wil jou nou nie weer uit bail vir jeug aanranding nie. Ek weet die seuntjies hou van jou robloop, maar bly maar weg.

Estie, lanklaas gechat my vrind?

Estie May 23, 2006

Ja Foxy ek bly maar besig jong, probeer dinge in die lewe uitsort wat belangrik is…..lol.
Hoop dit gaan goed, moet bietjie by mekaar uitkom.

Elizca May 23, 2006

Foxy, my hele punt is…EK SOEK NIE MY RIDDER OP ‘N WITPERD NIE. EK is happy soos ek is…baie dankie!

BoerBok May 23, 2006

Ek wil myself net offisie?l distansie?r van die huidige gesprek.

My ouers is Tom Kruger en Bets Kruger.

Julle is siek, siek mensies.

Ek moet nou eers gaan kots by die werk met die gedagte dat Henry my pa/ma/broer/halfsuster se niggie twice removed/whatever is.

Goeie bliksem.

BBk

Estie May 23, 2006

AMEN Elizca maar apparently volgens my therapist s? ek so omdat ek issues het….whahaaaha!

Estie May 23, 2006

Van watse Krugers is jy Bbk????

Corrien May 23, 2006

Jey! Hang aan! My date was darem nie blind nie - in albei opsigte - HAHAHA. Ja, man, erfplaas in die pyplyn, intelligent, nie alte bad looking nie… Maar ek hang maar aan vir die volgende boerseun wat ryk gaan erf of alreeds ryk is - HAHAHA!! Gelukkig het ek gister gehoor dat, as ek nou nooit eendag tot trou kom nie, my pensioen darem orraait sal wees. Al is ek nou so arm soos ‘n straatbrak. Iewers along the line gaan jy aftjop, dis nou een ding wat nie twee is nie. So, is trou vir geld en werk vir liefde after all so ‘n bad idee?!?! Hehehe

BoerBok May 23, 2006

Estie,

ek is oorspronklik van die Oos-Kaap…

BBk

Estie May 23, 2006

O dus nie Krugerwildtuin nie…

BBk May 23, 2006

Blykbaar v?rlangs, maar ek weet ook nie waar die miljoene begrawe is nie…

BBk

Estie May 23, 2006

Damn,ons kon transaksie of 2 aangegaan het, ek sal trou vir Krugerrand of 2! Wahahaa!

Elizca May 23, 2006

Kom bou BBK, dis nie mooi om te ontjen wie en wat jou familie is nie. Jy het niks om oor skaam te wees nie, behalwe datjy buiet egtelik is, Kid nie jou regte ma is nie, Vicky wel jou ma is en Henry jou pa is en Brill jou tweeling boetie is!…gaan kots nou maar lekker verder by die werk!

Henry May 23, 2006

BoerBok as jou pa/ma/broer/halfsuster of whatever wil ek namens al die wetters op die site vra dat jy wragtig gewig moet verloor.

Foxy May 23, 2006

Mense, ek moet s?… dis die langste comment box op n article wat nog gesien het.

Ek het agter gekom wat ons almal soos magnete na mekaar toe dryf, en dit is pure maligheid. Ons is almal mal, en geen phycologist sal ons wil help nie.

Kid Senekal May 23, 2006

Estie…
vinnige natskei lessie:
die manlike nipple het naastenby dieselfde funksie as Marius Joubert vir die Stormers.
Absoluut fOkOl!!!

Brill May 23, 2006

bwhahahaha!!!!!

Estie May 23, 2006

Mmm, daar bevestig jy sopas my vermoede, dankie Kid, daar het nou ligte vir my aangegaan….

Elizca May 24, 2006

Op ‘n comment wat ek gister gelewer het (good things come to those who wait) het Bennie, ‘vriendelike’ ou wat hy is, besluit om vir my hierdie gedagtetjie aan te stuur:

“Good things may come to those who wait, but all the really excellent stuff will be gone by then”

Nou wonder ek Bennie is jy van die ‘good’ of van die ‘excellent stuff’….? En at presies is die excellent stuff?

Bennie May 24, 2006

Ja Elizca, Jong ek moet s? dit was maar net om jou bietjie ‘n lae hou te gee, maar ek het ook daai motto. G’n wonder ek is al 27 en is nogsteeds single nie.Ek dink daar het al ‘n paar excellent mense verby my gegaan, maar ja dis nie nou tyd om te huil daaroor nie. Elizca, ek is ‘n beskeie mens en sal nie sommer van myself as excellent praat nie, maar ek dink darem dat ek ‘n baie goeie mens is.

Bennie May 24, 2006

Op die tweede vraag, wat is excellent, ek dink nie mens kan dit beskryf nie, maar jy sal dit weet, of eers agterkom as dit te laat is.Miskien kan een van die wyse willeklong mense ons in die verband help, dalk BoerBok of Brill?
Wat dink jy Elizca??

Elizca May 24, 2006

Brill wys…..LOL Hoe lekker lag ek nie nou nie. En glo my…ek dink nie Boerbok is nou die regte een vir sulke antwoorde nie!

Excellent en good….jy sal weet as jy dit vind!

En Bennie is jy al 27….hmmm….so jy is deel van die ‘ou manne’ dan.

Kid Senekal May 24, 2006

Brannas sal jou wys maak Bennie. Kom opskud. Maak gebruik van die liefdegawe.

Bennie May 24, 2006

Ja Elizca, ek is een van die ‘ou manne’ ek word in julie 28. Ek lag ook maar oor Brill se manewales, ek hoor hy kom Gauteng toe die naweek. Wa gan julle wees Brill, ek bly in Pretoria. Ons moet plan maak. Wat dink jy is excellent Elizca en wat is die eintlike rede hoekom jy nie wil trou nie. Ek kan net vir myself praat en s? dat ek nog nie reg is nie, te veel van kuier in my gat.

Elizca May 24, 2006

Bennie…ek dink nie daar is excellent en goed nie, ek dink almal is excellent, dit hang net af of die excellent het wat jy soek! (Wat is vir jou excellent?)

Plus…hmmm…plus daar is sekere dinge waaroor ek ook net nie praat nie. Dalk is ek ook nog te veel van ‘n ‘kuiergat’ of dalk is ek net ‘hardegat’

Bennie jy moet by Brill en Kid hoor, klaarblyklik gaan hulle 2 bymekaar uitkom hierdie naweek…dalk kan jy saam met hulle kuier, maar hoor net voor die tyd, netnou wil hulle 2 alleen tyd saam spandeer!

Bennie May 24, 2006

Whahahaha, dis baie snaaks en waar. Ek sal maar by hulle moet hoor.

Kid, as jy in Malmesbury gebly het, sal jy weet dat Brannas die enigste ding is wat jy drink daar en sommer by die groot nommers. Ek stem saam dis ‘n liefdesgawe en so lekker, dis net jammer dis vir party mense van panties, rubber en bokshandskoene gemaak.

Ek sal bietjie oor excellent dink en jou laat weet waarmee ek vorendag kom, reg so Elizca

Elizca May 24, 2006

MAlmesbury manne drink brannas en coke soos babas moedersmelk drink!

Hoeka by troue van saterdagaand kom praat ‘n dude met my…hy ken Willeklong site en Brannas site, het nogal ‘n t-shirt van die brannas. Het ongelukkig sy naam vergeet, maar kan othou sy meisie se naam is Rene wat by Swartland Wynkelder gewerk het…punt van storie, die man is van Malmesbury, het sy Brannas Shirt en MAG maar brandewyn dink.

Bennie, dalk ken jy die ou…hulle het die Caltex garage in Malmesbury…

Bennie May 24, 2006

Elizca, is sy naam nie Jannie Kemp nie en die girl is ‘n blond met die naam Marene? Die Caltex garage is Piet Kemp motors.

Kid Senekal May 24, 2006

Jannie Kemp van Malmesbury…onthou definitief daai naam.

Elizca May 24, 2006

Jip..dis die man……

Hey…in my defence….lit was laterig toe ons gechat het! Kid, jy het ‘n geheue soos ‘n olifant as jy die ou net so kan onthou!

Bennie May 24, 2006

Jis Kid, nou wa loop jy en Brill rond die naweek?Ek bly da in Pta, ons moet bietjie brannas drink.

Kid Senekal May 25, 2006

Jis! Vrydagaand gaan ons bietjie kuiertjie maak daar in Kempton Park. Ek weet Brill is daar in Pretoria se w?reld Saterdagaand maar ek’s dan in Potch.

LOS KOMMENTAAR

Afrigator