Monday 06 September 2010

Om skaapkop te eet is nie vir sissies nie…

Deur Henry Jonker op 3 September, 2007, 3:25 am

Van kleins het my pa seker gemaak met die plat hand dat ek eet wat op my bord verskyn, selfs al lyk en ruik dit soos iets uit ʼn ander w?reld sal jy dit eet en nog maak of jy dit geniet ook.

So staan ons om ʼn vuur so paar weke gelede en ou Frans vra of ons al geproe het hoe lekker ʼn skaapkop is? Die knaap het al vir ons skilpaadjies en pofaddertjies op die kole gaar gemaak en damn, dit was wraggies lekker.

Di? dat ʼn skaapkop vir jou gaan loer terwyl jy hom moet betree met jou knipmes is nie iets om aan te dink op ʼn le? maag nie, maar hey, wie is bang en as ou Frans s? dit is lekker dan kan ons seker nie stry nie.

Die riemtelegram kom deur dat die knaap 14 koppe daar van Loeriesfontein se w?reld af gekry het en dat ons Vrydag na werk by Jacques op die plaas hierdie fees gaan aanpak. Om eer te betoon aan die 14 wat gesneuwel het vir hierdie geleentheid, moet elke persoon ʼn das aanh?, of jy nou kop gaan eet of nie, en die wat kop gaan eet moet seker maak hulle het ʼn knipmes.

Vrydag laatmiddag trek die hele spulletjie daar by ou groot Jacques op die plaas in, net so buite Wellington. Eers was dit ʼn helse gesukkel om die nat wingerdhoutjies aan die gang te kry, maar onder leiding van SA se No 1 Vuurmaak Kampioen (Skaap), is hierdie klein hindernissie vinnig verwyder.

Die week se stres en kwale was vinnig iets van die verlede. Hier staan jy saam met jou palle om n vuur op n plaas en bliksem, dit is mos die lewe!

Later trek ou Skaap sy kitaar nader en laat loop met so paar legendariese ou treffers en natuurlik…drum roll asb. oom daar met die groot pens….harder!!….die eerste, hopelik van vele, amptelike Willeklong liedjie, geskrywe, gebore en geto? deur Skaap. Dit was die eerste keer dat die liedjie op my ore geval het en ek moet s? dit laat die bloed deur n man se are net dikker pomp want jy weet van elke woord wat daai knaap sing. Lekker ene Skaap!!!

En dan die groot oomblik. Almal kry hulle plek om ʼn tafel wat gou aanmekaar geslaan is en dan word elkeen se skaapkop voor hom geplaas. Soos ek die foelie oopmaak, sien ek skaap se kind koekeloer vir my en ek wonder waarin het ek myself nou weer begewe…

Eers word daar met die wangvleisies begin voor daar na die o?, tong en laastens die brein toe beweeg is… Dit mag seker woes klink as mens dit so lees, maar ek moet s?, as jy verby die alles kan kyk is dit wraggies een van die lekkerste goed wat ek al ge?et het. Bietjie aan die ryk kant, maar wraggies lekker!!

Hande word gewas, die vure word gepak en daar gaan die kuier al weer! Het toe verder heel lekker gekuir en soos gewoonlik is daar woeste besprekings oor alles gehou, terwyl die vure laer brand en die verduidelikings ho?r raak…

Ons wil net graag baie dankie s? vir ou Frans, Jacques & Revvie wat die hele ding gere?l het. Dankie boys, nog een wat ons van die lysie kan aftrek!

Stuur na Twitter 

Versprei, print of e-mail hierdie artikel:
Print hierdie artikel Epos hierdie artikel

Hierdie artikel is geskryf deur:
Henry Jonker Henry Jonker - skrywer van 235 artikels op die Willeklong Portaal. Ek is 'n individu wat nie kan stil sit nie. Afrikaanse treffers, dop en tjop in die geselskap van jou vriende, ‘n yskoue brannas, ons land en sy fantastiese mense is net ‘n paar goed wat my hoendervleis gee en my passie vir die lewe beklemtoon. Op die ou end van die dag is ek ‘n doodnormale ou wat hou van chutney braaivleis, avonture, droogmaak, opmaak, vriende, kuiers en als wat gepaard gaan met goeie tye.

Skrywer se web tuiste: www.henry.co.za

Lees meer in Blikbord.


KOMMENTAAR

Rev van Wellington Weste kant September 3, 2007

Lekker Sir Henry!! Ja, dit was goud. Ek het vanoggend my laaste “gautpil” gesluk. Ek kan al amper weer loop. Wat julle nie weet nie is dat daar nog 3 oor is… Rev, Groot J en verliefde Frans. LEKKER!!!!!!

Vic September 4, 2007

“Ek gooi n skaapkop teen jou ruit…”haha.Leka gelag v skaap se meerkatte!Skaapkop bly ma n geil bliksem!thanx fransman!Ons wag nou vir dai afval pot!

BoerBok September 5, 2007

Sorry boys, maak nie saak hoe ek die saak bekyk ni, maar dit is net verkeerd… Bly julle het dit geniet, maar my br?kfis is weer oppad terug…

Sjoe!

BBk

The one that does not eat his friends…

Marius (Whitey) July 27, 2010

Man, die artikel oor skaapkop. Dem ek laaik dit. Asb, waar in PTA is ‘n Skaapkopklub ? Indien nie in Ooste een is, wil ek een begin, hoe? En ek is ook ‘n skrywer, waar kan ek publ?

Lekker dag

LOS KOMMENTAAR

Afrigator