Manne en hulle bakkies…
Deur Willeklong op 16 July, 2008, 8:09 am
Dit is darem snaaks hoe elke man dink dat hulle bakkie die beste is. Die Revman het tot die ongelooflike gevolgtrekking gekom dat n man se bakkie net die verlengstuk van sy ego is. Harde woorde, maar seker die waarheid.
Die Revman het n goeie vriend en n man met hande van goud. MR D is nie bang om enige ding te takel wat n enjin het nie. En hy weier om iets reg te maak as dit nie n enjin het nie. Nou kyk, bakkie koop is nou nie sommer n los Wimpie koffie koop nie. n Man moet dink oor die storie en gesonde verstand gebruik. Daar moet bietjie uitgevra word, die prys van diesel of petrol speel n invloed en so meer. In die Revman se geval moet dit kan bootsleep, woeste grondpaaie kan ry en nie breek nie. Breek is nie n opsie nie, dan sou die Rev n TATA gekoop het.
Na baie kontemplering tussen die twee wenners in die Revman se opinie, Toyota en Skezuzboks, het hy MR D weereens vir sy opinie gevra. Die antwoord was natuurlik Toyota. Die Revman is nie bang vir niks of niemand nie, maar as Mr D gepraat het word daar geluister. Plus Mr D is so oortuig van sy feite dat hy sommer vir die Revman n persoonklike diensplan inbou. Nou nie jou standaard diensplan nie, want Mr D en die Revman se verstandhouding is so dat daar nie daaroor gepraat word nie.
Ja die Skezuz ry seker sagter en dit is seker ligter op sous. Maar die Revman het nou al Parma se wa gery en dit ding is bietjie lui. Seker om dat dit 4 x 4 is. En omdat die paneelbord (”dash”) laag sit, voel n man onveilig. Veral as Parma agter die stokke sit!
Verder wil die Rev julle net weereens herinner aan die situasie wat Neef Jaco met sy Skezuz gehad het. Gaan loer die link: http://www.my4×4.co.za/Eng/reactions.html
Die slotsom: Elke man het sy opinie hoekom sy bakkie die beste is. Die Revman dink daar moet n vorm van kompetisie gehou word sodat almal kan sien die Toyota is die beste.
Da verdediger van voertuigregte
Da lover of Itallian black heads
Da rider of Toyota
Man of Peace
—————————————————
Artikel was in gestuur deur Steyn Basson




























Steyn jy is reg en dit is soos rugby - jy kan nooit iemand se mening kan verander nie.
Skaap boer gaan vir jou se skaapboedery is die beste.
Mielie boer gaan vir jou se mielie boerdery is die beste
…
selle met bakkies en rugby.
O ja, ek het n oom op Oudtshoorn wat n diesel mechanic is vir boere in die distrik en hy sal bv vir jou noem dat Isuzu is al wat hou in daai Karoo kondisies.
Rev, so jy het basies vir Toyota gegaan omdat jou buddy ‘n Toyota mek?niek is…???
Sjoe… Dan sou ek seker ook…
hurhurhur
Ek sien dieselfde ding as jy begin praat oor gewere, messe, ens. Dis seker maar ‘n universal truth dat dit waarmee jy bekend is, vir jou heel moontlik die beste is.
Maar dis ook die beauty: ek het op die jagtrip ‘n 2.7 SRX Raider 4×4 Toyota gery en ek het hom waardeer vir die voertuig wat hy is, wat baie nice was.
So ek reken as jy genoeaainely wil, kan jy allerhande statistieke gaan optrek en navorsing doen en nommers opnoem, maar aan die einde van die dag is dit ook maar net ‘n bakkie.
Maar Isuzu bly tog maar my favourite, al breek hy alles en is dit ‘n pissiebakkie: ek laaik hom want hy is myne en basta met die res!!!
BBk
Ek het ‘n getekende verklaring van twee hot girls (die een is my vrou en die ander my Jack Russel tefie) dat ouens in Isuzu bakkies vrek hot
Ek het ook getekende verklarings: een van my worshond tefie, een van Gisella en een van my ma.
Almal Isuzu!!!
Whoohooo!!!
Revmonster,
Jy quote: ” n man se bakkie net die verlengstuk van sy ego is.”
Ek het dit bietjie anders. Van al die perde wat ek nou al ontmoet het wat hierdie waens bestuur, kan ek net tot een slotsom kom: “‘n man se bakkie is sekerlik ‘n (verbeelde) verlengstuk van iets anders…”
Hoe groter die wiele, hoe groter die “klein mannetjie” sindroom.
Tensy jy natuurlik ‘n boot moet sleep.
My ma het ges? ek lyk mooi, nie hot nie.
Dis verkeerd as jou ma s? jy lyk hot.
BBk
Henre, hoe verklaar jy dan die Willeklong ouens wat bakkies ry??
Ek, Parma en Jonker (eks-bakkie drywer) is almal bulle los oor die 100Kgs..??
BBk
BBk ek het mos gewig verloor so ek kan afskaal na ‘n kleiner bakkie.
Julle dik gatte…wel julle het iets nodig om daai gewig te hou.
Boerbok,
Sorry man, ek verstaan nou dat jou average 1600 motorkar sekerlik nie jou gewig kan rondsleep nie.
G’n wonder julle moan so oor die petrolprys nie. Dis soos om permanent ‘n karavaan te sleep.
Jy’s ook verskoon.
O ja, en Bbk, jy’s reg…Jonker se Corsa’tjie kwalifiseer nie as ‘n bakkie nie.
Ek neem aan sy skoner helfte het iets te doen gehad met daai “sagter” keuse van voertuig.
Henre, kom nou. Moenie dat ons nog DAAAAAI challenge ook hou nie…
Maar ek hoor niks nie manne. Gaan ons nie die goed toets nie? Dan kan ons nou kyk wat is die beste?
Die KZTE het nou 165k kilos op en loop nog soos stroop.
Henre,
ek vermoed dalk so. Hulle reken hoe ouer mens word, hoe meer beredeneerd raak die keuses…
BTW, is dit ‘n handbriek wat opgetrek word wat ek hoor in die agtergrond??
BBk
Kinders,kinders,kinderds,
Hoe kan julle almal nog wonder watter bakkie is die beste. Sorg net dat dit n steil,nat en modderige wingerd paaitjie langs Vlok se wynblok is, dan HET n 4.2 LAND CRUISER TOYOTA dit alreeds 3 keer op en af gery!!!! Kan n ander bakkie dit doen??? Hy moet nog gebore word!!!
Manne, hoor net hoe praat neef Nols. Ek sal net daai clip moet laai…
Stry, daar is nie iets soos ‘n Cruiser nie. En in die tweede plek, Hilux Raider.
Ek wag Isuzu manne… Wanner pak ons mekaar?
Seuns, seuns…kom ons dink soos groot volwasse, aantreklike, unieke ysters.
hoe de hel kan mens n 4.2 vergelyk met n 3.0?
Ek stem ‘n Cruiser is iets op sy eie planeet, maar as ons vergelyk moet ons ‘n groen appel met n rooi appel vergelyk.
Ek sien probleme kom…GROOT probleme. Het julle al bakkie buite beheer op ander mense se plase gesien….KOM KYK VRYDAGAAND
Whahahaha
Manne,
Ek sal dat my dogterjie, Emily, bestuur. Sy is amper twee jaar oud, WANT SY KAN!!! WANT DIT IS N TOYOTA L/C 4.2 DIESEL.
Sy kan ry net waar sy wil, WANT N TOYOTA L/C KAN RY WAAR HY WIL.
Luister mooi - WANT HY KAN RY WAAR HY WIL - TOYOTA, TOYOTA, TOYOTA, TOYOTA!!!!
ALLES LOOP REG ALTYD REG, TOYOTA!!!
Dit is nou wat gebeur as mense WK hemde koop…wat het ons begin!!!
O jitte, Henry… Jy is reg op die een, wat het ons begin…????
En het tot die gevolgtrekking gekom: Julle is al weer besig met: Myne is groter as joune!
N.S Toyota! Mens hoef nie meer te se nie
Manne en meisies,
Daar is die persepsie dat hoe groter die man se bakkie hoe kleiner is sy meneertjie. Let wel dit is die persepsie!!
Nou hoe moet n man nou voel as hy n groot en n klein bakkie het?? Varksteaks!!!
Jy skakel die groot bakkie aan en trap hom dat jy eintlik hoendervleis kry van lekkerte, dan ry jy!! Jou ego sit seker op die ander sitplek, maar dit is moerse lekker. Dit is nie oor jy meer geld het of minder nie, maar omdat jy KAN. Jy gaan slaap seker elke aand en se die ding is hopeloos te swaar op die sous. Maar jy kan alles regverdig as jy met jouself kan redeneer en die ander een se niks.
Elkeen kan n elle lang lys van sy bakkie gee en hoekom hy die beste is, maar op die einde van die dag moet jy erken. Wie het die meeste bakkies op die pad - Toyota.
So as daar nie tot n vergelyk kan kom nie, manne en meisies, reel n dag van plesier en n paar toetse!!
Manne, uiteindelik kom die waarheid deur… Goitjie bra, jy slaan die spyker op die kop.
Nou maar toe, ons kan maar die naweek begin met die eerste toetse…
Bulle…o Nols se 4.2 LAND CRUISER het my gister aan die bang gehad. Ek dit my onderbroek is nog erens in daai bakkie. Lanklaas my self so toe gedinges…Nols jy is mal jou wetter!
Het julle ouens al gesien as daar ‘n oorlog in Afrika is en die een of ander gepeupel probeer ‘n land oorvat dan is daar altyd ‘n horde vryheidsvegters of terroriste met AK 47’s en RPG 7’s agterop ‘n Toyota bakkie!!!!!
Manne manne manne, daar is mos nie ‘n vraag nie, na 4 Isuzus het Ek ‘n Toyota Hilux gekoop!!!!
Isuzu is soos ‘n scooter hy ry nou wel lekker, maar net tot jou vriende jou sien!!!
Moenie my verkeerd verstaan nie, Isuzu maak goeie bakkies, maar Toyota maak BETER bakkies!!
Het julle al ‘n Isuzu in Donker Afrika gesien, wonder maar net?
Jakalaas
Jakalaas,
Nou het jy die Izusu manne hard gebliksem. So praat n mens. Ek is bly jy het tot bekering gekom en besef jy kan nie anders om die waarheid te praat nie. Dit vat BAIE - RESPEK.
Wel na die naweek het die L/Cruiser die vinnigste tyd opgestel by Steyn se bult - n NAGSKOF.
Jammer die ander bakkie manne is nou so stil, julle tjank afgetrap?!?!!!!!
Henry, dit was nog rustig - jy moet nog sien wat HY KAN DOEN!!!
WANT HY KAN - TOYOTA !!!!!!!!
Manne,
Ek neem aan die stilte en geen kommentaar - TOYOTA is die BESTE!!
Wel ek dog julle het meer in julle gehad. Klaarblyklik is julle sonder woorde.
Jammer manne, koop maar TOYOTA, dit blyk dit is al wat julle nou kan doen!!!
Vriendelike groete!!!
Manne, Parma het genoem dat (indien die oom dit toelaat) gaan daar ‘n bakkie kaskanades wees tydens die potjiekos kompetisie…
Dink net watter sports gaan daar DAN wees!
Bakkies wat modderig is… Bakkies wat staan in die lande… Isuzu’s wat Toy’s uitsleep…
Klink na pret…
hurhurhur!
Weet oom Tobie ons gaan daai Ford 4×4 van hom ook deer sy stappies vat?
Bulle dit gaan mos groot chaos afgee die…
Uncle T het nie ‘n keuse nie, hy sal dit 1. moet toelaat en 2. sal hy eenvoudig net ook moet deelneem.
En die Revman kan nie wag nie… Maar hier gaan dit oor skill ook…
n Bakkie is net so goed soos die bestuurder is
Ek wil nog daardie L/CRUISER aan vat wat so groot praat. Ek dink hy sal eers n grotter petrol tenk moet in sit om by te hou. n ander oom se noudie dag dat hy kan nie met n toyota sy skape mark toe vat nie want hulle skud dood voor hulle daar is
Dit lyk my die manne met hul toyota’’s is te besig om bakkies reg te maak.
Neef nat, ek het nou lekker gelag oor die skape wat doodskud… Gaan dit vir jou gee, dit is ‘n goeie een.
Jy mag miskien ‘n skaap of twee aan die dood afstaan, maar die goed sal daar aankom. Met ‘n Skezuz is die odds dat nie jy, jou skaap of bakkie dit gaan maak nie…
Neef Hanno, praat bietjie uit oor daai monster van jou… Gaan ons jou sien by die WK 4×4 dag?
Lekker ene uncle Nat. Daai 4.5 staan nie vernuut vir iets langs daai Cruiser nie
wanneer is die 4×4 dag en waar is dit , vir die een wat lag oor my skape die voertuig wat ek gebruik sal hulle laat voel of hulle met n koets aan gery sal kom!!!!!!!!!
Hanno, moenie dat die man jou uitwys nie!!!! Vertel bietjie waarmee jy ry…. Ons wag in spanning.
manne aangesien jul klomp nie werk nie en net praat praat praat soos n klomp tannies by die basaar s? ek die volgende: As n izuzu bestuurder kan ek s? dat dit die beste ry bakkie is wat jy kry. Toyota bly maar die beste algemene bakkie.
MAAR hier is die uitdaging, en die groot bek wat my nie aanvat nie bly stil!!!
By die bakkie kaskenades gaan ek met my 1985 izuzu deel neem, en jul sal teen my kompeteer. Al huil jy in jou hande van vrees en angs kry ons mekaar op die baan…
Ek ry n 4Liter JEEP JA Jeep wat so bietjie aan gestel is en ek wag vir die een wat my kan by hou Ek het n tou speciaal vir isuzu wat wil saam ry Ek sal jou maar eerder tou dan kan jy nie vas sit nie
MANNE !!!!!!!!MANNE kom nou dit lyk of die pantoffel regering julle n bietjie laat rond hardloop los hulle nou n bietjie en kom praat saam met die manne n bietjie of is julle toy nou te koop!!!!!HAHAHAHAAA??????
Parma is daai ding nog WETTIG op die pad. Daai knaap is mos GIF!!
Jeep…tou….Isuzu…nee hel boys kon nie sin maak nie. Alles het as scramble my kant uit gekom…whahaahaa
OU maat al wat goed is van isuzu is dat die parte goed koop is want hy bly breek
manne as julle wil sien hoe om n trailer (off-road) self te bou gaan na http://www.pietpetoors.com en dan kliek jy op off-road en trailer , daar waar dit se bou jou eie trailer dit is baie goed gedoen die ou het 3 in 1 gebou maar n mens kan dit baie goed koper bou as wat hy dit gedoen het hy vat jou stap vir stap deur hoe om 1 te bou kyk maar eerder daar na dan wag ons vir die 4×4 om te sien wie is die beste
waar is die mense wat so saam praat is julle te besig om reg te maak vir die 4×4 of kan julle nie tik nie