Boer soek ’n vrou…WEER?
Deur Henry Jonker op 23 March, 2009, 10:46 am
So lees ek weer die Huisgenoot teen my wil, (Marli sien mos net twee tydskrifte raak op ‘n rak en ek verstaan nie heeltemal die Heat nie) in my gemaklike Henry area en verloor myself amper toe ek sien dat Elma Postma en haar spannetjie van KykNet weer verdomp 10 boere gaan help om vrou en die keer ook man te soek.
Hoe suksesvol hierdie show is weet ek nie, want om eerlik te wees niemand wat ek ken het dit al bespreek nie, maar al wat soms op die media lappe uitkom is as boer A sy hart verloor het vir suster C en nou dalk weer van suster B hou. Of as boer B sy trane uitstort omdat suster A, B, C, D…niks met hom wil doen as die kameras weg is nie.
Die jaar het KykNet besluit hulle gaan nie net enkellopende boere, wat tussen êrens en nêrens trouvrou soek, nader nie, maar om net meer te beklemtoon hoe desperaat hulle werklik is voeter hulle so paar wat oor 35 is by. Om presies te wees, 38, 44 en wag hier kom hy….54….GEE MY KRAG!!
Nou hoe jy jou lewensmaat soek het seker niks met my te doen nie, maar hoekom nasionale TV gebruik en dalk jou naam knater maak in jou distrik? Klein dorpies se tonge is die losste. Daar ken almal almal se stories. Jy kan nie skeef poep sonder dat hulle presies weet wat jy geëet het nie. Die dorp se tannies het seker al lankal hulle dogters aan jou probeer afsmeer of jy het hulle seker al lankal deurgevry, en nou dat die jaarlikse oes klaar is nou wil jy Nasionaal gaan.
n Boer is n trotse, sterk karakter. Ons word groot met stories hoe hierdie kultuur oorloë gelei het, vat nie k*k van omstandighede nie en iemand wat trots en sterk standpunte het oor hulle Godsdiens en familie waardes.
Persoonlik voel ek dat reekse soos hierdie, wat beweer hulle help, net meer skade aan hierdie individue doen. Maak jou naam knater op TV en jou distrik sal jou koggel tot die bittere einde. Dit is iets wat van generasie tot generasie kom – in St 9 sê jou trekpleister jou af omdat jy nie met haar gesien wil word in die publiek nie en nou lag die hele skool vir jou en dit dra oor in jou studente jare ook en ook as jy ouer is in jou vriendekringe.
Oe!!! Laat ons tog nou nie vergeet van al die vriende wat hul enkellopende vriende vir hierdie reeks inskryf nie. My eie vrou is n voorbeeld hiervan. Moes haar een aand met alle mag keer toe sy ‘n inskrywingsbrief namens een van haar vriende wou instuur.
Ek kan boeke en boeke skryf oor wat ek dink van reekse soos hierdie, maar ek sal die mes nie dieper druk nie. As jy vriende het wat nie geluk het met die ander geslag nie as gevolg van maak nie saak watse redes nie, probeer ‘n handjie bysit deur hulle dalk aan ander mense voor te stel, maar hou hulle groot asseblief WEG van die kassie af.
Alle sterkte vir die nuwe 10 en mag jul naam nie gat gemaak word nie, maar ook meer belangrik vir al die hordes dames en ouens daarbuite wat hulle alles gaan gee om die beste liefdesbriefie by hierdie mense uit te kry…
Is dit waarnatoe TV dan nou beweeg?




























SO ek volg nie die reeks nie (en nee ek het nog nie ingeskryf nie) ANYWAY..so werk ek vir ‘n publikasiehuis in Suid-Afrika wat ‘n welbekende gesinstydskrif publiseer…
Anyway, ek scan Vrydag so deur die artikels wat in hierdie tydskrif gaan en ek sien die artikel van Boer soek ‘n vrou, uit nuuskierigheid besluit ek toe om gou te loer wie hierdie jaar se ‘boere’ is.
Persoonlik voel ek die woord boer word te vrylik gebruik in die artikel EN televisiereeks.
Eerstens is daar ‘n vrou (nou goed ‘n boer kan ‘n vrou ook wees) maar hierdie boer (vrou) is so min ‘n boer (vrou) soos wat my vaal hond in die agtertuin is. (En ek besit nie eens ‘n vaal hond nie) Die vrou gee chef klasse, doen catering en vat mense op perde safaris…sorry, dalk ‘n plaasvrou maar nie ‘n boer(vrou) in my oe nie.
Tweedens wat ek opgelet het….daar is hierdie wynmaker van Franschoek. Iets in sy 40’s of something. Hoe beskryf hy sy ideale maat? Hy soek ‘n skoonheidskoningin…sterkte daarmee buddy….
Anyway…vir diegene wat ingeskryf het en glo hulle kan so hul lewensmaat ontmoet….sterkte…
meeste van die “boere” is plaasbestuurders…..nou hoe verstaan mens dit? En ek dink dis ‘n klap in die gesig vir die dames wat wel uit daai area uit kom, want is daar nie ‘n goed genoeg vrou vir hom nie of is hulle maar net te lui om te gaan soek en wil he iemand moet hulle na hul toe bring….. Ek het die eerste episode gekyk en ek moet se…. ek het lekker gelag……nogals nuuskurig om te sien wie wel inskryf….maar kan nie glo hoe desperaat nie mense kan wees nie…..Wie is erger die “boere” of die mense wat gaan inskryf???
Die idee is sekerlik juis om die mense se naam knater te maak is dit nie? Partykeer voel dit asof deesdae se televisie daarop uitgaan om die kyker daai gevoel te gee van “aggenee, ek kan nie kyk hoe die vrou haar naam so gat maak nie”, maar tog nie kan ophou kyk nie.
Dis maar die realiteit van realiteitstelevisie seker…maar dit raak nou effens afgesaag. Stem saam met Elizca, van die flippen boere is nie eers boere nie.
Sies KYKnet…kom bietjie by man.
@ Elizca - stem 100% hier met jou. Dalk moet ons Soutie inskryf vir daai dametjie? Sout wat reken jy?
@ Ronel - goeie punt daai. Is dit nou die deelnemers of die wat vir hulle gaan mik?
@ Henre - dalk moet hulle n nuwe stelsel uit bring dat jy net betaal vir die goed wat jy kyk. So as jou TV aan is loop die ticker en sodoende kan hulle ook meer bepaal watse goed mense kyk…damn dalk moet ek dit patenteer….
Henry, Pay Per View (PPV) bestaan al jaaaaaare oorsee!!!
Die idee is sekerlik juis om die mense se naam knater te maak is dit nie? Partykeer voel dit asof deesdae se televisie daarop uitgaan om die kyker daai gevoel te gee van “aggenee, ek kan nie kyk hoe die vrou haar naam so gat maak nie”, maar tog nie kan ophou kyk nie.
Dis maar die realiteit van realiteitstelevisie seker…maar dit raak nou effens afgesaag. Stem saam met Elizca, van die flippen boere is nie eers boere nie.
Sies KYKnet…kom bietjie by man.
Oe oe…JAJAJAJAJA…Kom on skryf vir Soutie in….en dink dis briljante idee!!!!!!!!!! Dan kan Soutie Willeklong dagboek hou!!!!!!!!!!!!
kan ons nie dalk een van die boere interview om bietjie meer agtergrond te kry oor die hele “boer soek ‘n vrou” wat het hulle laat besluit om so iets te doen, en dink hulle nou wragtig hulle gaan true love so kry en ordentlike vrou om mee te trou. Of word hulle betaal om deel te neem?….. En hoekom juis op Boere fokus, en nie op alle mans nie??
Ek het van die vorige seisoen so 2 episodes gesien. Dit is net verkeerd en af, en almal lyk so…. ek weti wat nie. Net ongelukkig met hulle self en met als. Nee wat, een van die swakste programme wat daar is. Boer moet self kan vrou soek…
Ek wil net se dat die hele Boer soek n vrou nou regtig n belaglike spul is! Ok een reeks daarvan sou seker nie so erg gewees het nie maar hoekom nog n opvolg reeks? Kyk nou maar net hoe het die Boere van die eerste reeks hulle name met n plank geslaan! (Tiaan;Hennie) Ek dink mense wat aan sulke goed deelneem is desperaat en bang hulle gaan op die rak bly sit. Watse privaatheid gaan jy he tydens die reeks? Nee dankie dus nie vir my nie. Ek self word 30 die jaar en het nog nie geluk en liefde gevind nie maar eks ver nog nie desperaat om aan sulke dinge deel te neem nie. Ek glo dat jou lewensmaatl sal jy ontmoet op die regte tyd en plek soos die Here dit vir jou uitgewerk het!
Uhm…wel as hulle mos nou sulke vlouerige Boere inskryf kan ek seker ook deelneem of hoe? Ek het immers al op ‘n jong ouderdom leer Bakkie en Trekker bestuur, kan vuur aansteek sonder Blitz en kan kettie skiet soos enige ou in ‘n Kaki-hemp.
Watter ander kriteria soek hierdie mense? Kom ons skryf vir Vic in, die proses sal redelik maklik wees. Vic staan op die stage en sê net “Klagehad!” totdat nuwe voorraad te voorskyn kom…en ons het ‘n wenner. Ek sal troospryse uitdeel.
@ Marelene - praat vandag met ‘n vriendin wat weet van n dametjie wat in geskryf het en toe besluit het om nie verder te gaan met die storie nie, toe word sy oorval met mal SMS’e….
Daar is snaakse wetters daar buite mense…eish, maar ja kry mens hulle jammer, kyk mens op/af na hulle….?
Hoe ver moet jy gaan om nationaal jou man / vrou te kry of is dit net vir show?
Dit is onregverdig teen die ander ouens want Vic is n legende op die klein dorpies KLAAR
Maar seriously, ek wil net asseblief op rekord plaas dat indien julle my inskryf ek julle voertuie sal Graffiti en op julle voorstoepe sakke hoendermis laai…maaitjies maak nie so nie!
Kom ons face dit…93% van die ‘boere’ wat so vrou gevat het skei binne die eerste jaar!Ek weet nie presies hoe dit werk nie,maar ek neem aan jy kies vir jou ‘n vroutjie en dan trou jy met haar…
Nou hoe,in jou gesonde verstand, kan jy vir jouself so lieg om so ‘n false front op te sit!En dit nog op nationale tv ok!Jy kan mos onmoontlik nie in daardie tydperk,wat ek weereens aanneem,baie kort is iemand ontmoet,leerken en weet dis die persoon waarmee jy die res van jou lewe wil spandeer nie!
Komaan ouens,gee vir ons beter kykstof op die kassie!
ps Sout,als goed en wel met die vuurtjie aansteek!Maar kan jy ‘n vleisie braai?Cant recall you ever braaiing mate!Hahaha
Ek het hom nog NOOIT sien braai nie…maar ons moet nie van Boerbok vergeet wat bang is vir vuur nie. Dink nie hy hou van die rook in sy hare nie
Boere trou Sateradg sal hom nie kan inskryf…hie hie! Ag kom Vic en Soutie, kom on skryf mooi briefie vir auntie wat die perde safaris doen en kyk of sy julle kies…hie hie! Ons kan dit Willekong Survivor noem!
Ek gaan nou nie name noem nie maar ek en vic was mos ander dag by n troue in nelspruit. Sy niggie het getrou. Ons bly toe op n plaas by die aangetroude familie…en een van die neefs kuier die aand saam met ons. Ek en vic scheme toe hierdie bra is n regte d@@s. so jaar of wat later kom die eerste boer soek n hoer…ag jammer, vrou, op…en daar sit hierdie neef met die fakeste persoonlikheid wat ek nog gesien het. ek wou daai girls skud en se HY JOK VIR JOU! punt is…die konsep is kak en cheap…en mense is nie hulself voor die tv nie…en dis hoekom hul lang trane huil na die tyd!
Die reeks is belaglik…weet julle dat daar presies dieslefde show in Australie hardloop. “Farmer wants a wife” of so iets. DIe logo het dieselfde windpompie op en als. Ek het ‘n ad daarvoor gesien gedurende ‘n interval toe die proteas in australie getoer het. Ek reken die aussie version kan lekker AF raak. “Bruce wants a Sheila”!!! Die hele ding laat dink my aan The Bachelor, mense is darem lief om genot uit ander se trane en bakleiery te put. Ek kan nie verstaan hoekom mense so desperaat kan raak vir hul 15min van fame op die kassie nie….BELAGLIK
Ek stem ook glad nie saam met die hele spul nie. Die boere nasie is veronderstel om die trotse sterk kant van ons volk te wees en nou gaan en maak hul ons naam so knater.
Nee mense,gaan soek vir jou n vrou, dis nie so moeilik nie. as jy alleen oud raak is dit die pad wat daar vir jou beplan is.Die eerste een was dalk interresant gewees maar die tweede,derde ens reeks daarna is altyd n vlop.Kyk maar na Big brother…lekker k*k in die tuin waar almal dit kan kyk op tv????????!!!
Wat gaan dan nou hier gebeur?Gaan hul dalk voor die kamera aan die spyker raak in die stoor op n hoop strooi…..
Die strooi kan dalk bietjie juk….
jare gelede was daar so show op TV Cupido….wie kan dit nog onthou? Maar hulle het nie die mense maak trou nie… nee hulle het net op dates gegaan…. en dit was ook maar dit..
Of ek dink dit was die naam. 3 mans of vrouens moes agter ‘n “muur” sit en dan het die ene vir hul vrae gevra en dan op die einde het sy ene gekies om mee saam te gaan uit eet om die vrae wat die persoon geantwoord het. Was dit nou so lank terug gewees of het ek so iets nou gedroom Kan iemand dit onthou???
@ Parma - so alle jou style ou maat:
“Wat gaan dan nou hier gebeur? Gaan hul dalk voor die kamera aan die spyker raak in die stoor op n hoop strooi…..”
Beter kon niemand dit se nie.
Dit was Cupid, aangebied deur ou Les Franken…
En Boer soek ‘n vrou maak jou nie trou nie…hulle stoop nie so laag soos The Bachelor nie.
Maar dis nogsteeds ‘n hoop str*nt.
Ag crap..nou’s die theme song van cupid in my kop…”Cupid shoots the arrow straight through the heart”….naar
Ek kan nie die theme song onthou nie, was bietjie te klein daarvoor Tannie Elizca maar ek kan wel al die hartjies onthou.
Elizca, dis JUIS hoekom ek nie die naam van die liedjie genoem het nie. flippit.
@ Ronel: Old and Proud
@ Henre: DAMN YOU!
Vic: Ek kan braai, julle braai net lekkerder, of ek is oorbedien en bang julle moer my as ek julle vleisie brand.
Elizca: Moenie so sleg voel nie, ek onthou ook nog daai tune en ek is nog ‘n laaitie.
Paul: Nee man, mens praat nie so uit die “slaapkamer” uit nie
Henry: Trek in jou pens
Paul: Ja boet…darem nou lekker in ‘n slaggat getrap. Pasop die potholes so op jou keyboard!!!!Hehehehe
Soutie: Oorbedien? Jy? Kaniewesie….
Henry: Regtig…trek in jou pens…..
Vic: Kla gehad!!!
Die een wetter wat nou WEER iets van my pens se slaan ek met n spacebar en enterkey en as ek jou op Verneukpak kry dan begrawe ek jou.
Henry=PENS/MAAG/TJUPE
@ Parma - weet jou ma dat jy na ander outjies kyk jou lae rot/wetter/aap
@Henry: trek in jou pens ou bul.
Jy moet maar my skaduwee begrawe; ek sal lekker lag oppie strand in Moz vir jou!!! WHAAAAHAHAHAAAA!!!!!!!
Loser,com.
Henry = Pens
Henry = pens
MAAR!!!!!!!!!!!!!
Boere…..as hy moes inskryf vir boer soek n vrou sou hul hom alleen vat as n finalis, hy staan n plek vol
@ Parma - in my beste Afrikaans - loop k*k jou bakkie boer. As ek jou weer in die hande kry voeter ek jou met daai bees se spene dat jy sal droom van melk…ek het ook n binneste…ek hoop.
Maar 10/10 oor BBk…sjoef…nasty
Ek laaik die onderwerp BOER SOEK “N VROu 2 van my pelle het al ingekom onder die top 10! Ek is self ‘n boere meisie bly my hele lewe lank op ‘n plaas maar hoekom sal mens nou inskryf vir die program die meisies wat inskryf vir dit is almal die meisies wat net op die tv wil kom ek weet dam nie of jy jou ware liefde op ‘n tv program sal kry nie. Meskien is ek maar net verkeerd
Soos my pa nou sou sê “Daar is nie net k*k by nie, dis nou sommer skoon k*k!!” Wel dis hoe ek daaroor voel. Hoe kan jy n verhouding begin bou op die valse voorwentsels, want daai lot skiet vet spek voor die kamera! Eerlikheid is nou maar net die fondament van n gelukkige verhouding.
Wag nou raak dit bietjie diep…
Elma net ‘n vraagie vir jou. Wat van die ouer manne. Julle moet ook aan die ooms en die tanndies dink. Ek is seker daar is baie ouer mense wat ook ‘n maatjie soek. Jy moet onhou ouer mense gaan nie uit om ‘n maat te soek nie. So jou program is net die regte dink vir al ons oor 50 mans en dames. Hoop jy kan aan ons ook dink
Die ouens wat wil modelle he het lekke stof gebyt!
Elzette ek lees net gister in die Huis Genoot van al die herrie wat los is. Dit is n verdomde sirkus lyk dit my
Ek sien op die Hollandse TV kanaal is daar ook ‘n program met die naam van Boer zoek ‘n vrou! Dalk werk dit by hulle maar beslis nie by ons nie!
Ek kyk gisteraand die laaste episode van Boer soek n vrou2, en ek kon nie help om te lag nie. Daar kom Francois, Pieter H en Ludwig alleen by die Reunie aan!!!! Eks jammer om te sê maar daai 3 ouens het major issues veral die 2 wat nou al bo 35 is, n man wat op daardie ouderdom nog single is moet maar eers self ondersoek doen voor hulle fout vind by die dames.
Lyk vir my die boere wat nie die top 5 gemaak het nie was meer gelukkiger om liefde te vind as die wat op die top 5 was!
Elma ek hoop regtig nie jy maak n Boer soek n vrou 3 nie want gewoonlik leer mens uit jou foute! Eks baie bly dus verby alhoewel ek dit graag gekyk het maar bloot uit nuuskierigheid want ek het dit as komedie gesien.
Pieter H wat was fout met Ashley? Sy is n dinamiese vrou wat weet wat sy in die lewe wil he, sy kom uit n goeie huis en is n stunning vrou!!!
Wees gerus mense die Huilgenoot (Huisgenoot) sal die waarheid een of ander tyd publiseer!!! Ek kan nie wag nie!!!
Marelene het nooit self gekyk nie en ken nou nie die name so goed soos jy nie, maar ek stem ek hoop ook nie daar kom n 3de reeks nie.
Ou tante HuisGeNot sal mos nie van n lekker skinderstorie weg loop nie…hehe