Koos Kombuis
Deur Elizca Stemmet op 26 March, 2009, 9:27 am
Kort ek werklik ‘n inleiding vir ‘n onderhoud met Koos Kombuis. Kom ons probeer: Koos Kombuis, SA musiek legend, deel van die voëlvry-beweging en omstrede rubriekskrywer… Kom ek bewerk dit so, in plaas van ‘n vervelige intro, begin ons sommer dadelik met die lekker vrae, dis mons hoekom jy eintlik hierdie onderhoud lees, nie waar nie?
Koos, waar is jy gebore en getoë?
Die Kaap.
(Elizca: Gedag ons begin dalk eers met die normale vragies)
Wie of wat het jou destyds geïnspireer om die kitaar op te tel en musiek te maak?
My pel, Kosie, wat drie huise van ons af gebly het.
(Elizca: Nou wonder ek wie presies is hier die Kosie man)
Hoe voel dit om as een van die voorvaders van Afrikaanse rock beskryf te word?
Dit voel okei, maar daardie eer kom eintlik Bernoldus Niemand toe.
(Elizca: Mental note, gaan google vir Bernoldus Niemand)
As daar een enkele ding is waaroor jy spyt is in jou loopbaan, wat sal dit wees en hoekom?
Dat Kerkorrel dood is voor ek vir hom Jan Blohm se eerste CD kon speel.
(Elizca: Ek onthou die dag wat Kerkorrel dood is, ek het by die werk in die UK gesit en die Burger op die internet gelees)
Destyds moes jy verpligte diensplig uitgedien. Dit is nogal moeilik om jou voor te stel in so ‘n situasie. Wat was jou ervaring van hierdie tydperk in jou lewe?
Actually was ek mal oor die army. Ons het fokkol gedoen en ek het nooit my familie gesien nie.
Jy het al verskriklik ‘weird joppies’ in jou lewe gedoen. Onder andere fortuinverteller, hoe de hel het jy daar op geëindig?
‘n Ooraktiewe verbeelding.
(Elizca: Okay, ek het dan my roeping gevind)
Op 25 Maart 1988 was jy ‘n sleutelfiguur by die Eerste Alternatiewe Rock konsert in die Pool Club in Johannesburg. Baie van ons brand om dit te kon beleef het, vertel ons bietjie van die gevoel om daar te kon gewees het, die atmosfeer ens.
Dit was chaoties. Ek was bang. Ek het nooit gerehearse nie, het my band vir die eerste keer op stage ontmoet. Hulle het my songs beter as ek geken. Na die tyd het ek en my girlfriend vreeslik baklei en ‘n paar ruite gebreek.
(Elizca: Ek sou wat wou gee om dit te beleef het)
Jy het ook in Hillbrow gebly, hoe was Hillbrow in daardie dae? Enige interessante staaltjie om te vertel?
Ek kan nie eers begin om staaltjies te vertel nie. Maar ek skryf op die oomblik aan ‘n boek oor daardie jare, as julle bereid is om te wag sal dit voor Kersfees uitkom.
(Elizca: Koos Kombuis boek op kersfees wenslys, check)
Deesdae is jy in die nuus vir omstrede redes, soos bv., die afgelope naweek se rubriek van jou waar jy uitlatings oor die Tempo Cd gemaak het en die sangers daarop. Baie mense wonder of dit nie net jaloesie is dat jy nie op die cd is nie?
Ek het beledig gevoel dat iemand die audacity gehad het om eerstens so ‘n swak CD te maak en tweedens dit vir my present te gee. Ek het dit ervaar as ‘n persoonlike belediging.
(Elizca: Persoonlik voel ek hulle hoef nie eers verniet vir my daardie cd te gee nie, ek het ander maniere om myself te martel, dus Amen op jou antwoord)
Sama’s…dink jy die Sama’s is verteenwoordigend genoeg of is dit maar net die ou favorites wat oor en oor genomineer word soos Steve Hofmeyer, Juanita du Plessies ens?
Wat is ‘n SAMA? Hierdie ouens moet hulleself eerder afvra hoekom hulle na al die jare nou nog nie Oppikoppi toe genooi is nie.
(Elizca: Ek kan an ‘n paar mense dink aan wie ek die antwoord wil stuur…)
Wat dink jy van vandag se Afrikaanse Rock bands?
Daar is baie goeie rock bands op die oomblik.
Is daar ‘n spesifieke Afrikaanse sanger of band wat deesdae jou aandag trek of wat jy dink ver gaan kom?
Daars ‘n hele klomp goeie ouens, eintlik te veel om op te noem. Dikazzins, Zinkplaat, Bacchus Nel, Abel Kraamsaal. Ek is nie eers op hoogte met al die nuutste goed nie.
(Elzica: Klop my hart sommer trots toe ek name soos Dikazzins, Zinkplaat en Abel Kraamsaal sien…onse mense)
Reconciliation Day…al wat ek kan sê WOW…wat het hierdie song geïnspireer vir jou en die video? Wat was jou terugvoering al vir hierdie song?
Ek het die song geskryf die dag na Taliep dood is, voor ek geweet het dis sy vrou. Die reaksie was oorweldigend, en die proses van die video-skiet saam met 24.com se mense was ‘n keerpunt in my lewe.
(Elizca: Die mensies wat nie weet waarvan ons praat nie, gaan loer op You Tube, jy sal die hele video daar kry. Dit is een van die amazingste songs wat ek al gehoor het)
Lisa se klavier, wat is die oorsprong van hierdie song en het jy ooit gedink dat dit so ‘n bekende en favourite SA song gaan wees?
Dit was ‘n simpel rympie wat ek vir ‘n vriendin geskryf het. Nooit gedink dit sal ‘n hit word nie.
(Elizca: Wens iemand skryf vir my eendag so ‘n rympie)
Steve Hofmeyer wat deesdae so in die nuus is, enige iets om hier oor te sê?
Ek hoop Esmare trek hom kaal uit in die hof. Wel, nie letterlik nie. Maar dit was ‘n moerse onbeskofte ding, om haar met ‘n koppie tee te gooi. En wie drink anyway tee as jy by Sun City gaan kuier? Brandewyn of bier sou beter styl gewees het.
(Elizca: Whahahahahahahahahaha)
Jou jaar in Weskoppies in Saal 6, dink jy dit het ‘n groot invloed gespeel tot wie jy vandag is?
Dit was my alma meter.
Jy het baie opinies en uitlatings en soms ontstel jy die Suid-Afrikaners verskriklik, is hierdie optredes en uitlatings net sodat jy in die nuus kan bly sodat mense nie van jou vergeet nie?
Die meeste goed wat ek kwytraak sou in enige beskaafde land geen opspraak verwek nie. Om die een of ander rede word Afrikaners baie maklik geskok deur die kleinste ou dingetjies. Ek wens dit was nie so nie, want ek wil nie so baie in die nuus wees nie. Wel, ten minste nie om sulke simpel redes nie.
Wat is jou grootste vrees?
Om op ‘n gratis CD deur Tempo versprei te word.
(Elizca: Wag, ek kan nie aangaan nie, ek lag nog steeds)
Hoekom so betrokke in die politiek?
Omdat die politiek so fucked-up is.
(Elizca: Amen)
Ek het seker 5 ure op jou blog spandeer en jou stuff gelees, is jy nie bang jou gedagtes droog ooit op nie?
Ek wens soms my gedagtes droog op. Ek kan doen met ‘n holiday.
Jy’t 2 kinders, wat is jou toekoms wense vir hulle?
Moenie ooit drugs doen nie, moet nooit bipolariteit gebruik vir ‘n verskoning nie, speel elke dag met die hond, glo wat julle wil, droog af tussen julle tone. In daardie volgorde. Ek’s ‘n moerse control freak.
Beste gig waar jy al ooit opgetree het?
Bloemfontein en Londen.
Waar sal jy nog graag eendag wil optree en saam met wie?
Saam met my pel Goofy van Mitchelsplein. Sommer enige plek.
(Elizca: Nota…vind uit wie’s Goofy)
Jou opinie oor Idols
Ek like nie baie van die idee van Idols nie, en ek kyk dit min, maar daars nogal ‘n paar mense in hierdie nuwe reeks wat rerig baie talent het, so ek wens hulle alles van die beste toe.
Ja mense, so dis ons liewe Koos Kombuis, die legend, se antwoorde op ‘n paar vrae wat ons na sy kant toe geskiet het…. Besoek gerus sy blog as jy bietjie gedurende die dag goeie ontspanning soek of besoek sy webwerf by www.kooskombuis.co.za.
Koos, vir my was jy een van die eerste Afrikaanse sangers waarna ek geluister het in my jeug en van jou songs sal ek altyd onthou, en ek dink ‘n hele paar klonge sal saam met my stem. Hoe kan mens nie van Lisa se Klavier hou nie? Hoe kan dit nie vir jou iets beteken nie? Ek kry sommer hoendervleis en raak aan die huil…




























Koos bly ‘n legende en al raak hy soms biejtie negatief oor die stand van sake in ons land, as dit nie vir manne soos hy was nie sou ons almal dinge net vat soos dit kom in plaas van vrae vra en ons punt stel.
Koos jy bly ‘n voorbeeld vir baie mense in baie maniere. Gaan so voort!
P.S. Lees gerus “Dieper Dors” om ‘n betere insig te kry in die man se denke. Hier het hy ou artikels, gedagtes en gedugte geplaas en so tussen deur sy huidige gevoelens (en sy state of mind toe hy dit geskryf het). Alles so oor ‘n vakansie in die Namib langs die see. Dit is goud werd.
Kan jy hom kwlik neem dat hy soms negatief is oor die stand van sake in ons land?
Neewat ek ook soms so, dis juis hoekom ek reken dat dit goed is hy is so want hy maak vuur onder mense om meer uitspraak te lewer omtrent wat alles fout is.
@Soutie: Ek wens meer mense kan hul oogklappe verwyder!
Lekker onderhoud Elizca / Koos.
Ja Koos is n legende en ja daar is baie kere wat ek nie n hel saam met hom stem nie, maar hy is altys konstant met sy se goed en waar sy waardes is so ek haal my hoed af daarvoor.
Hy is nie wisselvallig nie en as hy die dag jou moer koer dat doen hy dit goed….
Ek sal my vrek lag as HG een van sy liedjies op hulle Tempo CD sit.
Dankie Henry….moet se die onderhoud met Koos was moerse baie fun