Waar is Riaan?
Deur Elizca Stemmet op 5 June, 2009, 9:19 am
As ek aan Riaan Cruywagen dink, dink ek aan Haas Das se Nuuskas, 6 uur nuus en Zinkplaat se song “Waar is Riaan?” (En natuurlik kan mens nie wonder oor sy hare nie, maar dis ‘n ander storie vir ‘n ander dag.)
Riaan Cruywagen is die aanbieder wat nog die langste op SAUK was en is, en met die huidige situasie van SAUK is dit ‘n wonderwerk op sy eie.
Maar hoeveel weet ons regtig van Riaan Cruywagen? EK het voëltjie hoor fluit dat ons hierdie komende Sondag (7 Junie) meer kan uitvind oor Riaan Cruywagen op SABC se “Who do you think you are” 21h00.
Dit wil voorkom asof Riaan self nie seker is waar Riaan vandaan kom nie, maar het al verskeie stories van sy oupa gehoor van sy familie maar ken nie die details nie.
In die program besoek Riaan Beaufort Wes waar sy ma gebore is om meer uit te vind van haar kant van die familie, en skynbaar was sy familie ook betrokke in die Anglo-Boereoorlog. Blykbaar word daar belowe dat daar nog sappige stories oor Riaan vorendag gaan kom op die program.
Ek persoonlik, love my MNET fliek 20h00 op Sondae, maar dink hierdie Sondag sal ek tyd maak vir ‘n bekende Afrikaanse ikoon wat vir ons gaan wys waar hy vandaan kom en wie presies Riaan Cruywagen nou eintlik is. En as jy nie die program kan kyk Sondag nie, kan jy vanaf Maandag gaan loer na sy familiestamboom op www.ancestry24.co.za.




























Ding-a-long! Ons kyk na Haas Das se Nuuskas! Dinsdagaand om ses… Of so iets. Kan dit nog goed onthou. Is waar wat jy sê. Almal ken vir Riaan, maar wat weet ons regtig van hom af. Dalk as hy in Sewende Laan verskyn dan sal mense meer is lewe rondkrap.
Lizca…ek het al voorheen gesê, jy moet bietjie plan maak en die man interview. Ek sal like om te hoor wat sy opinies is oor die dinge wat aangaan in die land en ook watse musiek hy like ens… Ek onthou destyds was hy ‘n gas op Live at 5 met John Vlismas…en hy het ‘n jean broek en baadtjie aangehad, so ek reken die man is redelik op-en-wakker.
‘n Ander ene wat julle ook tog nou moet interview is Steve Hofmeyer!
@ Soutie..sal kyk of ek kan plan maak met Riaan, maar ek het so voorsmakie gehad van sy family tree…nogal heel interresant, dit behoort bietjie jou nuuskierigheid vir tyd en wyl te blus.
Steve Hofmeyr…het al onderhoud destyds met die man gedoen….(Dink 2005) en deesdae is die man mons maar media sku
Ja nee, onse Riaan is amper soos familie so lank kyk ons al in sy pruik vas. Eish - sorry, gesig vas! Wie dink julle is die oudste tussen hom en Haas Das?!
Dit sal inderdaad nice wees om ‘n interview van hom te sien, dis amper soos ‘n goeie - ou - whisky.