Monday 06 September 2010

Om te trou of nie te trou…SOS

Deur Elizca Stemmet op 6 August, 2009, 1:05 pm

Kom ons begin deur te sê nee, ek is nie getroud nie, wil ek eendag trou…ja seker, is dit nie maar elke meisie se droom om te trou nie?

Hoekom is dit so belangrik vir ons om te trou? Is dit nie net genoeg om saam te bly en jou lewe met die ander helfte te deel nie? Kyk, menigte van my vriende het die afgelope jaar of 2 getrou….(en dit was die greatste parties ever!)

Maar kyk, as ek die woord trou voor my liefie noem, slat daar angssweet uit en word daar gehyperventilate. Is dit die normale reaksie wat ‘n man toon as die word genoem word?

Ek self het altyd gesê; “Ek trou? Nooit, dis net onnodige admin.”, maar ek skat soos mens ouer raak verander jou behoeftes en doelwitte ook. Ek skat as mens die regte persoon ontmoet, en ‘n paadjie of 20 saam met hom/haar loop dan weet jy hy of sy is die regte persoon en met niemand anders sal jy gelukkig wees nie. Maar dan wonder ek weer, is dit nie genoeg om net saam te bly nie? Want jy en die ander party weet mons julle is vir mekaar bedoel..hoekom ewige trou voor mense sweer, geld uitgee op huge onthaal en familie nooi wat jy 10 jaar gelede gesien het nie?

Wat is die voordele van trou? Kom aan jul getroude mense daar buite, sê vir ons ongetroudes hoekom mens moet trou? Is dit regtig so ‘n groot sonde om saam te bly sonder om getroud te wees, om ‘n toekoms saam te bou sonder om getroud te wees?

Stuur na Twitter 

Versprei, print of e-mail hierdie artikel:
Print hierdie artikel Epos hierdie artikel

Hierdie artikel is geskryf deur:
Elizca Stemmet Elizca Stemmet - skrywer van 104 artikels op die Willeklong Portaal. Ek is jou pure kaalvoet boeremeisie. Ek is trots Suid-Afrikaans, maar meer as dit Afrikaans. My groot passie in die lewe is Afrikaanse Rock Musiek...ons praat van Zinkplaat, FPK, Van Coke Kartel, Aking, Skuim, Willem Welsyn...en die lysie gaan nog lank aan. As daar 'n rock show, musiekfees of gig aan die gang is...is dit waar jy my sal vind!

Skrywer se web tuiste: www.wk.co.za

Lees meer in Adam en Eva se Dinge, Hooflyn.


KOMMENTAAR

Rosmin August 6, 2009

Ek was 15 jaar getroud en bly nou 12 jaar saam, genoeg om raad te gee, bly saam, MOENIE trou nie, die spark in jou verhouding bly asook die liefde!!! Joune bly joune en syne bly syne. Ek en my engel behandel mekaar met die grootste respek en deernis, want ons weet ons aksies hou ons bymekaar en nie ‘n stuk pampier nie!!

Riaan August 6, 2009

Ek was 11 jaar getroud, nou 6 geskei, en het dus sommer heelwat tyd daaraan gespandeer om juis oor hierdie einste argument te tob.

Geen werklike, voor die hand liggende antwoorde nie, maar op die stadium van die geveg neig ek nogal na die saambly kant toe, bloot omdat ek die argument steun van dit is nie noodwendig die trou stempel wat die sukses bepaal nie, maar dit wat tussen die 2 lede van die verhouding is. Dit sê nie ek is anti trou nie, ek het besluit om my maar deur de situasie te laat lei wanneer dit ooit weer by daardie punt kom, net dat dit vir my logies klink, die saambly ding. Merk ek bring nie die christelike argument in nie, dit gee weer ‘n heel ander dimensie - afhangende van jou geloofs oortuiging natuurlik.

Elizca August 7, 2009

Op daardie nood Riaan, oor die christelike argument; ek sien myself as ‘n Christen, maar sien absoluut niks daarin verkeerd as jy saam met jou geliefde saambly nie. Dit maak my nie ‘n sondaar dat ek saam bly voor die huwelik nie, inteendeel, daar is ander goed wat my (en ander) ‘groter sondaars maak……

Elizca August 7, 2009

Op daardie nood Riaan, oor die christelike argument; ek sien myself as ‘n Christen, maar sien absoluut niks daarin verkeerd as jy saam met jou geliefde saambly nie. Dit maak my nie ‘n sondaar dat ek saam bly voor die huwelik nie, inteendeel, daar is ander goed wat my (en ander) ‘groter sondaars maak……

Rosmin…jy en jou engel gaan saam soos brood-en-botter, sout-en- peper….menigte mense daarbuite kan net wens hulle het die verhouding wat jy en jou engel eht!

Riaan August 7, 2009

Ja, daar stem ek met jou saam Elizca. Dinge soos om ‘n Sharks supporter te wees is BESLIS groter sonde, maar ek noem dit maar net…! Bottom line is ek reken saambly is ‘n baie goeie opsie.

Henry Jonker August 7, 2009

Man ek is nou n jaar + paar maande getroud en moet se dit is die beste ding wat ek al gedoen het na al my oudisies vir die 007 rol wat amper goed gekeer was..

Partykeer wil mens mekaar met die graaf slaan…scary ek weet en dit is hoekom ek die tuin toerusting oor die draad gefoeter het, maar ek het ’n lewensmaat gekry wat my verstaan (of sy maak of sy my verstaan) en dit is altyd lekker om ’n storie te vertel as jy iemand daar het om jou te back…soos die keer toe ek amper die rol gekry het vir Top Gun II

Ronel Louw August 7, 2009

Ek het nogals gewonder wanneer jy so topic gaan aanvat…

Ek is nie getroud nie, maar ek bly saam, ek was ook nie voorheen getroud nie, maar ek wil bitter graag trou. Ek dink een van die voordele sal wees is dat ek nie meer sal bekend staan as die “meisie” nie maar as sy VROU ek dink dit klink meer permanent… ok dis nou een.. die ander is, ek wil trou om aan iemand te behoort ek wil my hele lewe deel saam met iemand en alles gee en dit kan ek slegs doen saam met my MAN eendag. Al bly ons saam en deel ons alles, is ek maar net sy meisie en nie sy VROU nie Ek is in ‘n verhouding en nie in ‘n huwelik nie en daar is ‘n verskil…. weird maar dis nou my opinie. Ek wil nie baie geld spandeer aan ‘n troue nie ek wil net wettelik ‘n man he, en dieselfde van he as syne. En as mens nou na die christilike kant kyk, kan mens nie se die een sonde is erger as die ander nie, as mens sondig dan sondig jy, of jy nou moord pleeg of egbreek pleeg. Trou is heilig en dis wanneer die man ook jou as vrou in neem en voor god belowe hy sal na jou kyk en vir jou sorg en jy doen dieselfde as vrou dis iets wat niemand kan wegneem van jou af nie. Wel dis maar net my opinie en ek kan baie skryf hier oor maar dink ek het eerd genoeg gese

Corneille August 7, 2009

Eks bevrees pure wiskundige statistiek tel teen jou argument op saambly op die stadium. Veral siende dat jy wel oorweeg om dit oor te neem na trou toe.

Statisties is jou kans tot n onsuksesvolle huwelik dubbel so groot as mens saambly voor die huwelik.

En wat is die doel van net indefinately saambly, as dit nie gaan uitloop op n huwelik nie? Waars die commitment? Die toekoms wat jy so hard aan bou is dan maar op wankelrige grond gebou, of hoe?

Kyk eks n praktiese, logiese man en wonder soms of hulle vergeet het om die ‘emosies’ blok te instaleer in die fabriek, maar ek wil verseker nog trou eendag en wag nog in spanning om Mev.Perfekvirmy te ontmoet. En ek kannie dink dat mens jou lewe so totaal wil deel met iemand sonder enige vaste commitment nie. Life happens, mens verander, mens het goeie en slegte dae/weke/jare, en ek soek iemand wat ek weet by my gaan bly en ondersteun deur al daai, en vir wie ek soortgelyk kan commit.

Riaan August 7, 2009

My enigste probleem met die hele trou storie - en Corneille ek stem saam met wat jy se oor die committment ding - is dat die woord “comittment” in vandag se tye eintlik nie te veel beteken nie. As mens kyk na statistieke, moet mens ook kyk na egskeiding statistieke, en DIE is scary om die minste te se. Ek weet net nie of die hele trou ding deesdae actually nog beteken jy is verseker van ‘n lewensmaat wat by jou gaan bly en ondersteun tot die perde horings kry nie. Jy mag met reg se ek is redelik sinies omrede ekself daardie etiket om my nek het, maar die reuse persentasie egskeidings kan nie weg geredeneer word nie. So ek is maar versigtig om weer tot daardie stap oor te moet gaan, alhoewel ek glad nie teen die idee gekant is nie.

Corneille August 7, 2009

Slaan jy daar n hartseer waarheid op sy kop Riaan. Die gemiddelde mense daarbuite lyk tog of hulle glad nie meer trou as n ‘tot die dood ons skei’ commitment sien nie.
Ek weet van n paar gevalle waar een party sommer na minder as n jaar net besluit ‘hulle’s nie meer lus vir hierdie ding’ en dan sommer tjoef tjaf skei.
So ek dink dis nogal belangrik om seker te maak met wieookal jy die dag trou, dat julle persepsie van trou, en die commitment wat dit verteenwoordig, dieselfde is. Dis nie net n meer amptelike vorm van dating nie, dis die GROOT een.

Rosmin August 7, 2009

Elizca, ek persoonlik dink jou Liefie moet sy gat in rat kry en met jou trou, julle is mos darem nou al mooi groot en is soos Attie en Joos, die een is soos die ander, sproeitjies en al. Ek het my beurt gehad, al los dit ‘n wrang smaak in my mond, en gee nou maklik raad, maar ek moes seker eers daardeur gaan om die geluk te smaak wat ek nou het. Laat jou drome bewaarheid word, want net jy kan jou eie geluk bepaal. Laat hy maar sweet!

Sarel August 9, 2009

Wel, ek is single op die stadium, maar sal verseker trou eendag. Dit wys mos jou ‘commitment’ teenoor die ander persoon? Andersins sal daar mos altyd daardie onsekerheid wees dat die ander persoon enige tyd sy goed kan vat en gaan? Mens bou mos saam aan iets, in hierdie geval jou lewe en jou ou-dag eendag…

Riaan August 11, 2009

Sure, trou wys commitment - die vraag is net, in vandag se tye, met ons wat spog met ‘n ekstreme egskeiding syfer - hoeveel van ‘n commitment is dit REGTIG, want nie eers daardie beloftes, die ring, die sertifikaat ens, maak dat mense aanbly nie - hulle skuif eenvoudig net aan. Soveel so dat “trou” in die praktyk net nog ‘n seremonie geword het. Ek ken persoonlik 2 mense wat tans in hulle 4e huwelike is! Ja, dis reg - 4. Wat is die punt, net om te kan se jy is getroud en bly nie saam nie, as dit makliker as oogknip geword het om aan te beweeg.

Marnus August 11, 2009

Ek is nog nie getroud nie, pas verloof geraak…..het nou omtrent twee jaar saamgebly. Ek gaan nie vir ander mense raad gee nie.

Ek voel as jy saambly moet jy besef dit is dieselfde commitment as om te trou, en as jy jou pie vat en waai is dit dieselfde as skei. Ek kan geen kommentaar lewer oor skei nie, want daardie skoen het ek nog nie aangetrek nie. My Pa se raad (hy was al deur skeisake) is dat indien albei nie ten alle tye bereid is om die mindere te wees en nederig te wees in die verhouding nie, sal dit nie werk nie (trou of saambly). My Pa en Ma is nou al 28 jaar gelukkig getroud so mens mag seker na die ou man luister.

Ek voel net as jy saambly omdat jy bang is om die stap te neem na trou, dan is jy besig om op te fok en soek jy iewers ‘n agterdeur vir jouself. As jy saambly en nie trou nie omdat jy om die een of ander rede dink dit is die beter skuif, maar dieselfde reëls laat geld as in ‘n huwelik, dan is dit seker fine. Met reëls bedoel ek mens moet nie dink as jy saambly is dit nou makliker om uit te klim nie. Die commitment moet daar wees.

My 5 cents worth….

Sarel August 11, 2009

Ja, tye verander. Deesdae dra jou woord nie meer gewig nie…en dis baie hartseer….maar dis maar die samelewing.

Maar aan die ander kant glo ek as mens wil, moet jy opstaan vir jou woord en by dit bly, wat ook al gebeur.

Vandag se kinders is ook al ‘gebrainspoel’, hulle kyk mens snaaks aan jy sê maar jy het jou woord gegee, jy sal dit doen…hulle ken dit nie, want hulle is gewoond daaraan dat grootmense nie beloftes kan/wil nakom nie.

Dan kom ons weer by jou geloof uit, as jy ‘n christen is en dit uitleef, dan sal jy jou woord gestand nakom, en dan sal ‘n huwelik werk. My slotsom is dus soek vir ‘n christen om mee te trou….

(En dis moeilik! Ek is nog steeds single op 32!)

Riaan August 11, 2009

Goeie een Sarel, ek hou daarvan.

Marnus August 11, 2009

Ek stem Sarel.

Michelle August 11, 2009

Ek is nog single op hierdie stadium, was al in ‘n langtermyn verhouding of twee. Maar elke keer as dit nie uitwerk nie, bly jy agter met die verterende hartseer! Hoeveel te meer moet dit wees as mens getroud was of saam gebly het en dit het nie uitgewerk nie?

Ek redeneer die ding so… As daar iewers fout is, dis nou as jy nie wil commit nie, moet jy terug gaan en gaan kyk wat is die rede, en dalk is dit dat jy iewers seer gekry het en jy daardie belofte gemaak het? Verder, maak nie saak wat die aard van die verhouding is nie, twee mense sal slegs gelukkig saam wees indien elkeen ‘n geestelik en emosionele gesonde mens is, wat weet waarheen elkeen gaan, en dan, kyk of hierdie twee paaie in een gevleg kan word. Dit gaan mos nie werk as die een wes wil gaan en die ander een oos nie? Dus moet jou uitkyk op die lewe soortgelyk wees, jou beginsels moet ooreenstem. Die klein jakkalsies moet uitgewis word so veel as moontlik…

Ek kan nou nie uit ‘n man se oogpunt praat nie, maar as ‘n jong vrou, sit ek hart en siel in ‘n verhouding in. Ek wil verkieslik die liggaam nie te veel daar in sit nie.. Want ek wil weet dat my man my lief het oor die mens wie ek is, oor my hart. Maar as jy jou liggaam daar in sit, wonder jy altyd watter een tussen jou liggaam en jou hart die meeste gewig dra… En breek julle op, voel jy gebruik en verwerp en seer! En maak dit die volgende verhouding net soveel moeiliker… Vertroue is minder, jy sit al minder van jou hart in die verhouding… En dis ook nie reg nie… As ek die tyd kon terug draai, sou ek gewag het om te sien hoe werd my hart vir ‘n man is voor ek my hart vir hom gee. Dalk sou ek dan minder seer gekry het.

Ek weet ons lewe in ‘n moeilike wêreld waar elkeen vir homself baklei en nie altyd ingestel is op ‘n ander een se behoeftes nie, en almal raak verlief, spring in ‘n verhouding in, en kry seer… Miskien moet ons tog terug gaan na Vader se woord toe en kyk wat staan daar. Ek wil nie Christenskap in julle keel af druk nie, dis net dat Vader daar ruglyne gestel het omdat Hy weet wat sy kinders kan seer maak. En ek glo dat Hy net so hard huil as ons op die ashoop sit na ‘n verbreukte verhouding.

En oor saam bly voor die huwelik… Is dit nie te maklik om dit te verbreek en dan in sak en as te sit nie? Die deur moet toe gemaak word voor daar werklik geluk sal wees… En net so terloops, niemand sê jy moet ‘n moerse party gooi as jy trou nie, almal skinder in elk geval na die tyd daaroor! Trou (gemeenskap hê) beteken een word in die Gees, en ewig gebind wees aan mekaar, selfs al skei jy na die tyd sal julle in Gees steeds een wees. Ek dink net ons moet mooi dink voor ons ons hart vir iemand gee. Ek meen, as jy bank toe gaan vir ‘n lening, gan hulle tog kyk of jy die lening kan terug betaal, nie waar nie? So moet jy ook kyk of die persoon sy kant sal bring om jou hart op te pas voor jy dit vir hom gee, en jy moet op jou beurt dieselfde vir hom ook wees.

Ongelukkig het almal van ons op ‘n stadium al seer gekry, en dalk klaar jou hart weg gegee. Maar dan moet jy eers heel word (o, en ek preek hier vir myself!) voor jy weer ‘n verhouding probeer, anders gaan jy ‘n stukkende hart vir iemand gee… Ons moet net nie oor en oor dieselfde foute maak nie.

Ek het nou so bietjie van die punt van saam bly afgedwaal, maar tog het dit betrekking op ons almal… Pas jou hart op voor jy hom weg gee, trou is ‘n goeie ding om te doen, maar dan moet jy dit reg doen. Maar as jy nie trou nie, moenie jou hart net weg gee nie, jy gaan later met niks anders sit as ‘n paar stukkies wat oorgebly het van elke keer se breek nie…

Ronel Louw August 11, 2009

As jy nie kan of wil commit nie , moet jy in die eerste plek nie trou nie. As jy weet jy kan nie die res van jou lewe saam met een persoon spandeer nie nie moet dan nie trou omdat trou trou is nie. Kyk die kat eers goed uit die boom( soos my ouma se) en om saam te bly gaan nie en verewig verloof te wees is ook nie ‘n oplossing nie. Want dis ook deesdae ‘n ding om te doen, raak verloof maar trou nooit… waar kom dit vandaan??

Emil August 11, 2009

Ons was verewig verloof - 5 jaar. Ok, dis dalk nie verewig nie, maar was steeds baie lank, gesien dat ons sedert 1998 saam begin woon het. Dit was maar logistiese uitdagings wat die uurglas so laat loop het. Dis moeilik om familie van dwarsoor die wêreld in een land bymekaar te kry. Maar 5 jaar se gewag was al die moeite werd - die Namibiërs kan darem vir jou troue hou - oor 4 dae!

Die commitment was reeds daar toe die vraag gevra is, en by die eerste instap saam in die nuwe huis, was dit so goed soos getroud. Ek sal almal aanraai om dit só te probeer, maar besef ook dit het goed vir ons gewerk omdat dit goed gewerk het. Dalk sou ons anders oor die saamwonery gedink het sou dit nié uitgewerk het nie.

Ek is op 35 eers getroud. My vrou is ‘n bietjie jonger as ek.

Aan die einde van die dag is dit verhoudings, getroud, gekys of saambly. Dit verg soms uithalerwerk, maar is 99% lekker indien almal gelukkig is. Werk dit nie uit nie, breek mens op. Een trek uit, jy skei, of jy breek die kys - dis die verloop van dinge.

Ek hoop ek en my vrou kom nooit op daardie punt nie!

Riaan August 11, 2009

Ek hoop vir jou part ook nie so nie Emil. Kyk maar mooi na haar, dit is tog lekker om bietjie die girl in jou lewe op die hande te dra!

Bottom line volgens my is dat mens gesond moet wees soos Michelle tereg se, vorige pyn en hartseer en probleme eers goed deurgewerk en uitgewerk, uitgehuil uit jou sisteem uit, voor jy weer betrokke raak. Nie alleen die be all and end all nie, maar dit maak tog ‘n verskil.

As jy sommer net aangaan asof daar niks gebeur het nie glo ek vas jou gat gaan aanhou slae kry want jy kan onmoontlik nie alles insit in ‘n verhouding as jy nie heeltemal “gesond” is nie. En dit kan ‘n bose kringloop raak daai hoor. En SOVEEL mense wat ek ken is in daai een vasgeval, dis scary op sy eie. Mense glo mos hulle kan eenvoudig nie alleen wees nie. Nee, MOET iemand he. Eish. Nag Nella.

Heinrich August 12, 2009

Soos Worsie op Vetkoekpaleis gese het : “Snaaks dat almal wat getroud is se jy moenie trou nie, maar nie een van hulle het ooit self daai raad gevolg nie!”

Riaan August 12, 2009

Mens kan nie met ou Worsman se logika stry nie.

Esta August 27, 2010

More more!

Ek het op hierdie webtuiste afgekom via ‘n stukkie kommentaar op Beeld. Ek weet dat hierdie gesprek al verlede jaar “klaar” gemaak is maar ek wil graag my stem dik maak.

Ek en my kerel bly nou al vir meer as ‘n jaar saam en glo my dit was nie altyd maanskyn en rose nie! Ek glo dat ons al baie issues uitgesorteer het wat baie getroude mense nie het nie…

Maar om by die kernvraag uit te kom - hoekom wil jy trou?….
Ek wil baie graag met my kerel trou omdat ek glo ek hom van God afgebid het. Ek wil baie graag ‘n “commitment” (BIG C-WORD!) van hom he sodat hy nie net een oggend kan wakker word en sy goed pak en gaan nie. Want kom ons wees nou maar eenkeer eerlik met mekaar - as jy eers saam jou kerel bly hoekom moet hy met jou trou?
Jy doen dan klaar alles wat ‘n getroude man wil he sonder die BIG C-WORD!

Ek wil ook trou om my werk soos ‘n getroude vrou te doen binne ‘n HUWELIK en nie binne ‘n kys-verhouding nie…

Hoop my kerel lees hierdie sodat hy ‘n vlam onder sy gat kry!
Hahahahaha!

LOS KOMMENTAAR

Afrigator