Monday 06 September 2010

Liefdes Woorde

Deur Elizca Stemmet op 27 August, 2009, 4:10 pm

Ok seriously mense..wat de hel….

Sien, weekliks gooi ek so ‘n ogie op Google Ananlytics. Nou, die van julle wat nie weet wat dit is nie, dis ‘n super duper cool tool wat stats van Willeklong wys, onder andere wys dit ook die keywords wat mense gebruik as hulle internet soek.

Een van die hierdie spesifieke soek terme is “liefdes woorde” en dit duik week na week op.
Ek het self “liefdes woorde” gaan Google en waar as wragtag, tweede van bo is Willeklong se artikel… “Wat is ware liefde”.

Maar wat ek wonder, wat is dit wat die persoon werklik soek as liefdes woorde “gegoogle” word. Is dit woorde wat jy in jou hartedief se ore kan fluister in die aand voor die kaggel in mistroostige weer? Is dit liefdes woorde om die vrou/man in jou lewe te verlei, of is dit dalk om daardie persoon op wie jy ‘n ogie het in te katrol? Wat is liefdes woorde?

    1. Ek’s lief vir jou
    2. Jy’s my enigste
    3. Wil jy vry?
    4. Soek jy my?

      Of het ek nou die kat aan die stert beet?

      Persoonlik dink ek dit is bietjie laat in dei dag as jy liefdes woorde moet google.

      Liefdes woorde is iets wat uit jou hart uit kom, jy hoef nie daaroor te dink nie. Dit kom van self..en soms net soms is jy so lief vir die persoon dat die beste liefdes woorde dit nie kan beskryf nie.

      Om liefdes woorde te Google is net verkeerd. Punt.

      Stuur na Twitter 

      Versprei, print of e-mail hierdie artikel:
      Print hierdie artikel Epos hierdie artikel

      Hierdie artikel is geskryf deur:
      Elizca Stemmet Elizca Stemmet - skrywer van 104 artikels op die Willeklong Portaal. Ek is jou pure kaalvoet boeremeisie. Ek is trots Suid-Afrikaans, maar meer as dit Afrikaans. My groot passie in die lewe is Afrikaanse Rock Musiek...ons praat van Zinkplaat, FPK, Van Coke Kartel, Aking, Skuim, Willem Welsyn...en die lysie gaan nog lank aan. As daar 'n rock show, musiekfees of gig aan die gang is...is dit waar jy my sal vind!

      Skrywer se web tuiste: www.wk.co.za

      Lees meer in Adam en Eva se Dinge, Hooflyn.


      KOMMENTAAR

      Henry Jonker August 28, 2009

      Ek het dit nou gegoogle to kry ek: Springbokke, Isuzu bakkies, Olof Berg, Jack Russels….iets vergeet….o ja ek het Marli se naam ook daar gesien….uhmmm….

      Riaan Coetzee August 28, 2009

      Heny, man jy kan darem die lewe vir jouself moeilik maak. As sy dit sien eet jy waarskynlik brood die hele naweek!

      Henry Jonker August 28, 2009

      Nie brood die naweek nie ou maat - die naweek skiet ek saam met 5 ander lelike dik wetters Durban toe om te kyk hoe die WK die Sharkies verwoes in n klein shark tank…

      Marnus August 31, 2009

      As mens liefdes woorde begin google raak dit bietjie rof. As mens dan boonop nog by WK se site uitkom, raak dit eers rof. Imagine iemand se verbasing as hy soek na romantiese boodskappies vir sy gogga en dan kom hy af op foto’s van die klomp dik bliksems.

      demoerin September 1, 2009

      Ek skud ook maar daagliks my kop as ek sien wat die mense google.

      Edmund Swart September 23, 2009

      Wat is liefde:
      Liefde is die onderskeid tussen mense en diere. Die gevoel van ‘n persoon teenoor ‘n ander. Die gevoel wat daartoe kan lei dat ‘n persoon onbesonne dade kan uitrig as dit lei tot jaloesie. Die gevoel wat daartoe kan lei dat ‘n persoon homself tot die dood toe kan treur. Die enigste dier wat treur is die hond. Menigte honde het hulself dood getreur, nadat sy eienaar oorlede is. Liefde kan so intens wees dat daar al ‘n koning van Engeland sy troon afgestaan het om met die liefde van sy lewe te kon trou. Cleopatra het as gevolg van Ceasor se liefde vir haar vanaf ‘n lid van die gepeupel tot keiserin van Egipte gevorder. Bonnie en Clyde wou nie apart van mekaar wees nie en het besluit dat as hulle gevang sou word, hulle saam sou sterf. Twee verliefde persone vind gereeld dat hulle aan dieselfde dinge dink op dieselfde tydstip asof hulle telepathies gekoppel is. Die liefde van ‘n ouer teenoor sy kind het al tot duisend heldhaftige dade gelei. Dade waar ‘n ouer vreesloos in ‘n sterk vloeiende rivier sal spring om sy kind te red. Die rolprent bedryf handel 60% oor die liefde. Miljoene boeke en tydskrifte word oor die liefde geskryf. Dus sonder liefde in die wêreld sal die lewe op aarde maar ‘n saai plek wees. Liefde laat die aarde draai.

      LOS KOMMENTAAR

      Afrigator