Die Liefde
Deur Carla Botha (Paljas) op 10 October, 2009, 4:45 am
Daar word beweer money makes the world go around, maar ek stem nie aldag saam nie. Ek dink liefde laat nie net die wêreld in die rondte tol nie maar ook ons koppe, harte en soms nog ons maggies ook… Bottervlieë galore op wolkekrabber nommer 9.
Meeste van ons was al verlief en verlore. En soms, na die verliefdheid verdwyn het of die soge-hoopde ware liefde die hasepad gekies het – was ons dalk net verlore… ‘n Regte Hansie of Grietjie sonder ‘n paar krummels (lewens) brood om te volg na waar ons harte aan flarde lê. Hul sê mos nie verniet home is where the heart is nie. Maar waar is ‘n gebreekte hart se tuiste dan..?
Die punt van bespreking egter – verliefdheid, liefde en daai seerkry….Was jy al verlief? Is jy nog verlief? Is jy blind? Of lê jou hart buite jou borskas êrens op ‘n sypaadjie? Dan moet jy maar aanhou lees… (Klink ek nou soos ‘n advertensie op plaaslike televisie).
Ek wil altyd weet, hoe weet mens wanneer dit die EEN is? Want daai butterfly-gevoel is van verbygaande aard en wat dan… Dis soms baie maklik om vir iemand lief te raak maar die ander persoon se intensies of gevoelens is nie noodwendig in pas met joune nie en goodness gracious voor ons weet is nog iemand op die paal of ‘n hart op ‘n blok (of is dit nou kop op ‘n blok).
Uit ervaring kan ek wel sê verneuk is uit!! En indien hy nie bel nie then he’s REALLY not that into you. Laat staan soos ‘n warm patat! As hy klein beloftetjies maak soos “ek bel of sms jou later” en jy wag amper 24-uur soos ‘n poedel vir sy tennisbal… Laat los susters en broeders van die WK-gemeente. Om verlief te wees is regtig die maklikste gedeelte van die liefdeslegkaart. Maar ek vind dat liefde egter vreeslik ontwykend voorkom – so skaars soos volstruiseiers in ‘n hoenderhok. Ek dink daar is baie players daarbuite in die liefdesdieretuin .
Wolwe en wolwerinne uit op die jag…plesierdiere. Ander is weer sissies, chickens, of sommer pleinweg slapgat-banggat en kies eerder om daai hardloopskoene aan te telke maal. Dan is daar die donkies. Hul loop keer op keer in dieselfde muur vas , skud net hul koppe vir so paar vlietende minute en net om seker te maak daar is ‘n muur loop bliksem hul net vir so laaste keertjie wéér in die bouvallige muur vas. So dom soos ‘n esel sou ek sê…
Laastens, die eerbare knights of the love table. Eerlik, opreg, sterk van karakter, wagtend… Soekend na daai soulmate. Maar keer op keer moet hul eers veg teen die trop wolwe, daai paaiende plesierdiere uit op die jag. Dan weer die bang hoenders probeer oorreed dat ‘n nessie ‘n baie veiliger plek is as om rond te hol soos ‘n afkop hoender. Tussen-in ry ons maar op die donkies omdat die ridder op die wit perd nog nie sy opwagting gemaak het nie. All in the name of true love.
En so bly die liefde een van die mees gesogte onderwerpe om voor te hoop, in te glo. Maar hoe gemaak as die hoop beskaam..?




























Dan bloei jy maar so in jou binneste Carla, en pik ‘n traan tot jou sisteem skoon is en dan begin jy weer so stadig maar seker die stukke optel en probeer aangaan. Partykeer is dit net baie stukke, so die optel vat langer. Maar jy hou aan optel en spoeg en plak tot dinge weer beter lyk en dan veg jy maar weer voort en bly glo die regte een sal wel verbykom.
Ek dink daar is 3 stappe waardeur jy gaan. “Hou van die persoon”, dan kom “verlief” en dan kom “Lief”. Die laaste woord dink ek word egter te maklik rondgeslinger en verwar met lus.
Nee wat, dis nie ‘n maklike pad om te stap nie, en moenie verval in hierdie “werk, trou en kinders kry” roetine wat lyk my almal onder swig nie. Good things come to those who wait.
Die liefde…net 6 letters, maar tog is dit die spul waarom alles draai.
Dankie vir die artikel Carla, eks bly om te weet eks nie die enigste siel wat stukke moet optel nie.
Ons kan ‘n klub stig Ankia!
Maggies Riaan jy klink soos n regte digter.
Heinrich ek moet stem - dinge sal sy eie gang loop, moet nie kens raak en soek soos n mal besetene nie, wees rustig en speel jou kaarte reg
Wat is daai bekende lyn - as ek maar ‘n digter was? Nee, ek praat maar net van persoonlike ervaring. Maar ek het nog altyd saamgestem met wat julle se van dinge wat sy eie gang moet loop - ek ken mense wat verhoudings letterlik najaag. KAN eenvoudig nie alleen wees nie!
Ek kon dit nog nooit lekker verstaan nie. Want as jy nie lekker met jouself kan saamwees nie, hoe die ongeluk gaan jy dit saam met iemand anders regkry? Vergeet dit.