Monday 06 September 2010

Dankie vir 2009

Deur Henry Jonker op 17 December, 2009, 9:48 am

Liewe wetter dit is ongelooflik om te dink 2009 het klaar sy gat gesien.

Ek het net nog nou die dag my lysie gemaak van alles wat ek graag wil doen in 2009 en voor ek my oë kan uitvee is die jaar op sy einde.

Die meeste mense is al klaar op vakansie, maar dan is daar nog arme siele soos ek wat eers more (Vrydag) op vakansie gaan.

Baie dankie vir al julle ondersteuning gedurende 2009. Ons het ’n paar interessante planne wat ons graag van stapel wil stuur vroeg 2010 so hou maar ’n oog op die webtuiste.

Marli en haar span by WK Help is byna vol geboek vir die eerste kwartaal en ons glo dat die kanaal (www.wkhelp.co.za) baie blootstelling sal kry in die nuwe jaar.

As jy gaan travel – doen dit maar veilig asb en los maar die voggies as jy gaan bestuur. As jy ’n kappie of 12 vat gee liewer die stuur vir iemand wat nugter is of slaap liewers agter in jou bakkie.

Hou die blink kant hoog en maak dit ’n grote…tarra

Stuur na Twitter 

Versprei, print of e-mail hierdie artikel:
Print hierdie artikel Epos hierdie artikel

Hierdie artikel is geskryf deur:
Henry Jonker Henry Jonker - skrywer van 235 artikels op die Willeklong Portaal. Ek is 'n individu wat nie kan stil sit nie. Afrikaanse treffers, dop en tjop in die geselskap van jou vriende, ‘n yskoue brannas, ons land en sy fantastiese mense is net ‘n paar goed wat my hoendervleis gee en my passie vir die lewe beklemtoon. Op die ou end van die dag is ek ‘n doodnormale ou wat hou van chutney braaivleis, avonture, droogmaak, opmaak, vriende, kuiers en als wat gepaard gaan met goeie tye.

Skrywer se web tuiste: www.henry.co.za

Lees meer in Afrikaans met Byt, Hooflyn.



Nog geen kommentaar.

LOS KOMMENTAAR

Afrigator