2010
Deur Heinrich du Preez op 4 January, 2010, 11:38 am
Gister kry ek ‘n e-mail van ‘n besigheids kollega wat my ‘n voorspoedige nuwe jaar toewens en die mil sê dat sy hoop die jaar is beter as laas jaar.
Ons kan mekaar maar in die oë kyk en sê 2009 was nie ‘n baie goeie jaar nie, veral nie as ons net na geld verwys nie. Maar elke paar jaar moet daar sekerlik so jaar verby kom wat ons net weer op ons knieë dwing en ons wys dat die lewe oor veel meer gaan as net geld. Ek is seker dat ‘n ryk ou in die hospitaal al sy geld in die bank sal gee om net weer gesond te wees.
So rukkie terug het ek ‘n artikel gelees van ‘n Priester wat gepraat het van die duisende mense wat hy op hulle sterf beddens besoek het. Nie een van die mense se laaste wens was dat hy wens hy meer geld in die bank gehad het, of ‘n mooier kar kon ry nie, of dat hulle meer suksesvol kon wees in wat hulle doen nie.
Nee, almal het vir dieselde gewens. Dat hulle meer tyd saam hulle geliefdes kon deurbring. Dat hulle meer spesiale geleenthede kon bywoon soos vriende se verjaarsdae. Dat hulle lewens meer in ander se lewens kon bydra.
Nou sit ons met dieselfde vraag. Wat gaan ons wens wees vir 2010? Dat ons meer geld wil maak? Dat ons mooir karre wil ry? Dat ons meer suksesvol wil wees?
My lewens uitkyk vir die nuwe jaar is: “The only way you can predict the future…is to create it!”
Leef voluit, elke dag wat jy mors is ‘n dag wat vir ewig weg is!




























Nog geen kommentaar.