Hoekom tip vir alles?
Deur Henry Jonker op 6 January, 2010, 12:58 pm
Kom ons skiet sommer reguit na die punt want as ek dalk te lank tik moet jy my tip vir my diens om hierdie artikel te griffel.
Die konsep om ‘n kelner (sjoef het daai woord lanklaas gebruik) te tip maak vir my 100% sin en het geen probleem nie. Die fooi per skof is gewoonlik min, maar as ’n waiter (kom ons gebruik liewers die makliker bewoording) dan kan sy sakke lekker vol maak as hy vinger trek.
Iets wat ek wel nie verstaan nie is HOEKOM ek verplig moet voel om ’n petroljoggie of sekuriteitswag te tip? Wie de donder (jammer vir die gru beklemtoning) het hierdie instelling gebring? Gee my ’n naam en nommer groot asb want die moet gefoeter word.
Diesel/petrol is menslik duur en nou is dit ’n R1 hier en ’n R2 daar. Gee jy dit nie dan kry jy hierdie gluur asof jy ’n ma moerse geel puisie teen jou voorkop het. Maar die gluur is nog NIKS nie, wag tot ’n sekuriteitswag vir jou fluit as jy na jou kar stap.
Ek ignore en stap aan…die fluit word harder…”hey, your car is save…hey…”
“Hey my nog een keer dan moer ek jou met ’n brood! Dan sal ons kyk wie de donder veilig is. Ek weet waar ek my bleddie bakkie parkeer het. Dankie!”
“Sorry I don’t understand…speak English…car is save…”
Ek weet nou hoekom mense in die middel van die dag kan begin drink…baie lank gelede was hulle mall junkies, maar kon nie meer die pressure van ’n tip hier en dan ’n tip daar hanteer nie.
Ja Henry maar hulle beskerm ons karre…blablabla…hoorie boeta ek het nie ’n karwag saans by my kar nie so as ek my kar by ’n mall stop dat is die risiko dieselfde as dit voor my huis staan.
Waar gaan dit stop? Een van die dae moet jy ook tip as jy ’n vinnige skelm burgertjietjietjie by Steers of KFC kry.
Ek is nie ’n nare mens nie en tip wel ’n persoon as ek voel die knaap doen nou regtig iets wat nie deel is van sy werks beskrywing nie.
Ek hoop en wens darem nie ek is die enigste persoon wat so voel oor hierdie onderwerp nie…




























Henry, die antwoord op hierdie artikel lê in jou woorde “dan kan sy sakke lekker vol maak as hy vinger trek”.
In SA kla ons almal altyd oor die kak diens wat ons by plekke kry. Maar het ons al ooit gewonder met wat ons die diens vergelyk? Diens is as jy iets in ‘n eetplek bestel, en die waiter dit vir jou bring. Hiervoor kry hy/sy ‘n uurlikse fooi van die restaurant eienaar. Vir my hoef ‘n waiter nie deur brandende hoepels te spring vir ekstra geld nie. Net ‘n glimlag, die regte kos (die eerste keer) soos ek dit bestel het. Maak my uiteet ervaring aangenaam, en my beursie gaan oop…
Wat karwagte aanbetref. Dink so daaraan. As ‘n hele buurt se huise niks diefwering aan het nie, en die area langsaan sin het almal, waar gaan die meeste inbrake plaasvind? Kar wagte se teenwoordigheid is verseker ‘n afskrik middel. Dit moet net reg bestuur word. Ek dink die mall eienaars moet ‘n fooi per kar vra wat daar parkeer, en al die geld wat hulle kry moet gebruik word om die ouens te betaal. Nie die kar eienaars nie…
Liefde groete
Ek stem … veral met verwysing na die sogenaamde ‘motorwagte’. Al waarvoor die donder ‘wag’ is om getip te word. Erger nog as die moer reg agter my kar kom staan en spietkop begin speel - so asof ek elke slag dronk uit Checkers uit kom en nie meer self weet hoe om uit ‘n parkeerplek te kom nie. Ek het al by geleenthede die wetters byna omgery omdat ek absoluut verseg om hulle te tip en hulle ewe vasberade my die pad agtertoe wil beduie. Ek parkeer nou al sover as wat ek kan van die hoofingange af. Sodoende vermy ek die donders meeste van die tyd en kry ek minstens ‘n bietjie oefening.
Moet se; ek verskil oor die petroljoiggie: as hy meer doen as petrol ingooi tip ek hulle. Dis nie sy job om my ruite te was of my bande te pomp nie.
Ek hoor wat jy se Peter, maar hoekom sal die garage eienaar dan die waterbak en lig daar he?
Venter skoon maak sal ek nog laat gaan as deel van sy taak, maar ek stem bande sal ek ook voor tip..
Die probleem is, as jy die karwagte NIE tip nie, is die kanse goed jy gaan volgende keer ‘n skraap of twee op jou motor se bakwerk kry. Ek weet van mense met wie dit al gebeur het. So word ons geintimideer.
Henre, knap gestel, jy woeker met woorde…
Jy’s beslis nie die enigste klong wat so voel nie, hoewel ek’s nie ‘n klong nie en ek is jou baie eens in die sakie. (Wat is die mooi vroulike ekwivalent van klong, sal laaik om dit te weet…)
Partymaal betaal ek vir veilige onderdakparkering en dan probeer ‘n skepsel steeds my donkiekar oppas?
Meen daai ou, mens kan nooit te veel sekuriteit hê nie…?
“Betaal is die wet van Transvaal”, maar die plekname het mos lankal verander en party mense bly elders.
Mens kan nie eers meer jou eie trollie stoot as jy klaar inkopies gedoen het nie (ek het daai oefening broodnodig, glo my!) of iemand gryp dit sommer en stoot dit in ‘n rigting en jy moet krap-krap innie beursie om aan die uwe en die sekuriteitswag se verwagtinge te voldoen…
Partymaal moes die debietkaartjie die ding doen innie winkel en dan het ek nie eers iets om vir grootoog te gee nie!!! En dan voel ek in die skuld en die ou het dit sekerlik nie as ‘n guns beskou nie…
My al getroos met leef en laat leef en gee maar jou sente…maar op die einde betaal jy jou gat af as jy ‘n paar draaie moet ry.
Ek is nie ‘n man wat eintlik kontant op my dra nie. Gevolglik het ek ook nie eintlik kleingeld by my nie. Dit is hoe ek dit doen en al die free-loaders wat vir my vanaf ongevraagde sekuriteits-dienste vir my kar tot en met ‘n handjie met die trollie probeer gee, hulle moet nou maar eenvoudig net saamleef daarmee. As jy ‘n mens se kar probeer oppas en jy word nie deur die eienaar van daardie parkeer area (m.a.w. die winkel of besigheid) betaal om daar karre op te pas nie, is jy self-appointed en dus is jy eintlik maar net ‘n bedelaar. Jy is in elk geval dan net so betroubaar soos ‘n goudvis….en dis nie vreeslik betroubaar nie. Ek is wel nie suinig om te tip waar dit gepas is nie en daarvoor maak ek ‘n plan vir kleingeld.
Hi ouens,
Ek stem vir NIE TIP NIE. Veral die kar wagte wat in ‘n “betaal parkeer area” staan. Petrol joggies…….my man bly hulle tip al gooi hulle net petrol in. HET ONS OUERS IN DIE OU DAE DIE TIP DING GEDOEN BY DIE PETROL STASIES? Ek is beslis nie een van die rykste mense in SA nie en dus R1+ orals uitgee veral as jy net vinnig by ‘n winkel inhardloop of as jy elke dag daar stop….NEE VIR TIP.
Groete
Tip is uit, gee eerder ‘n Audi!!!
Ek het my eie manier om “karwagte” op hulle plek te sit. Ek vra eers of hy ‘n gun het, dan of hy karate ken…as die antwoord op albei “nee” is (WAT DIT ALTYD IS) var ek hom “Nou wat gaan jy maak as iemand by my kar inbreek”
Ek het al gehoor “I will run to the police” dan sit die polisiestasie ‘n kilometer daarvandaan…en ek het al ‘n 9 jarige gehad wat my vertel hy sal die man wat my kar seermaak doodmaak.
Nodeloos om te se - niemand kry ‘n tip nie. Nog minder die fokkers wat op straathoeke staan en bedel.
O ja. Ek stop gisteraand by ‘n OTM in my dorp. Die motor is letterlik 1,5 meter agter my geparkeer. Die wag (so dronk soos ‘n tor) vertel my: “I look your car sir!!!” mette moerse smile! Ek se “Lekke man!”
Ek was skaars 30 sekondes met my rug na die kar - toe ek omdraai sitle hy teen ‘n muur en gesels met ‘n buddy (en face die verkeerde kant van die parkeerarea as waar my kar was).
Toe hy my sien” Bossy! Bossy! See the car is safe! I watch nice!”
Gevoel ek kon hom aanrand!
Ek mind wee rnie om die karwag of waiter te tip nie. Maar dan moet hy op sy plek wees en lyk of hy paraat is. Party hover doer onder ‘n boom rond en kom net aangehol as jy in jou kar wil klim. Eintlik moet jy hom dan tip omdat hy jou help uit reverse ne! As so iemand vra vir ‘n tip gee ek hommy gunsteling tip:
Breasts without nipples are pointless.
Gewoonlik vang hulle dit nie. Ek noem DIT tall jokes for short people want dit gaan so lekker los bo-oor ne.
Ek moet darem net noem dat ek persoonlik ‘n ou ken wat lank hier in pta ‘n karwag was. Jare lank. Iemand vir wie ek baie groot respek opgebou het oor die jare. Jare lank by een spesifieke restaurant gewerk, en toe die maatskappy vir wie hy gewerk het hom wil skuif het die restaurant eienaars aangedring dat hy net daar bly. Marius was geweldig paraat en het in sy tyd ‘n paar inbrake gekeer. Fluitjie blaas, moerse geraas maak, en eenkeer 2 bere met sy knuppel bygekom. Elke liewe dag ‘n stuk of 30 kilometer van Pta Wes af werk toe gery - met sy fiets. Reen of sonskyn. En weer terug vanaand. Groot gesinsman. Vrou en een dogter. Sout van die aarde mense. As ‘n kar in die parkeer terrein intrek, skryf hy die nommer in sy boekie, en hoeveel mense uitklim en sulke tipe van goed. So hy monitor die plek soos ‘n arend. Weet presies wie hoort by watter kar. En ek weet vir ‘n feit dat hy tot R12 000 (dis korrek ja - twaalf duisend rand) per maand verdien het daarmee. Eerlik verdiende geld vir ‘n ou saam wie jy maar in die loopgrawe kan gaan veg.
Ongelukkig is sy kaliber maar min. Maar ek vind dit gee my bietjie rustigheid om te weet daar is ten minste iemand om ‘n ogie te hou. So as ek sien die persoon is op en wakker gee ek nogal nie om om te tip nie - met geld bedoel ek nou.
Selfde met waiters. Ek is nie vol dinge nie. Maak net my ervaring nice - wees vriendelik en vinnig en kry die order reg. Niks fancy nie. Dan sal ek jou tip. Maar wees nors, laat my daar sit en wag, neuk my order op - dan kry jy daai favourite tip van my.
Ja-Nee! Hierdie ge-R2 links, regs en center moet end kry!!! Ek kom binnekort bietjie S.A toe vir ‘n laaaang vakansie en ek weet die motorwagte en wie weet wie soek NOG ‘n R2 gaan my definitief die horries gee!!!
Kyk, ek wil nie verplig voel om te tip nie en sodra ek voel ek word in ‘n hoek gedruk dan tip ek nie. Ek tip wanneer ek voel dis reg om te tip, want dis tog my opinie of ek wil tip of nie. Gewoontlik los ek vir Pierre ( dis nou my ou) in die kar as ek mall toe gaan, want hy haat die mall. So daar spaar ek gewoontlik so paar rand want hy kyk na my kar.
hoekom moet ek iemand betaal wat na my kar moet kyk as my kar ‘n alarm het, gear lock en tracker en versekering? Betaal ek nie daai mense genoeg om nog elke dag R2 en R1 uit te haal nie. Maar then again, teminste doen hulle iets en staan nie net en bedel vir geld nie, teminste neem hulle hul werk ernstig op en werk teminste, al is hulle in party van ons se oe niks nie, het hulle ook families om na te kyk, en probeer hulle ook maar net ‘n lewe te maak soos die res van ons.