Monday 06 September 2010

Die kreet van ‘n Neo-Boer

Deur Francois Brill op 19 March, 2010, 12:15 pm

*neo boer - soos neergepen deur Francois Brill is ‘n blanke afrikaans sprekende persoon met ou tradisies maar met nuwe waardes

Ek, Henry, Ricky, Dirk, Ruan, Vic, Paul, Boerbok, Andries en die ander kon so maklik vrydag middae ‘n bakkie pak.
En nie enige bakkie nie.
Isuzu.
Ons het meer geglo in ‘n Isuzu as in die WP of die Bulle tesame.

Bakkie vol diesel en kiste vol hardehout het ons die pad gevat.

Sommiges van die voorstede, ander
plaasklonge

Om die sonde van die week se werk af te skud en te vervang met stof van die naweek se skandes.
Die opwinding was vir my die grootste
Padkaart uitgepluk
“Waarheen gaan ons boys?”
Niemand het dit ooit beplan nie maar ons harte was in akkoord

N7 sandveld toe?
Het die groot karoo se beautifull west dalk geroep?
In die klein karoo kon ons siele weer lewe
In die berge kon ons fokus op die volgende rots, of
Namibie toe om te kyk of dit werklik nog so kan wees of droom ons verniet en dit dan sommer ook Suid-Wes genoem

Vrydae aande hard gekuier om die kampvuuur in ‘n poging om die week dood te maak
Saterdae en Sondae oggende 6am op - al is dit hoe moeilik - so maak jy mos ‘n vakansie van ‘n naweek
Nooit langer as 1 dag op ‘n bestemming nie - die idee van stabiliteit wat ons jaag

Memories wat niemand ooit sal van weet nie, of verstaan of begryp nie
In ons wafferse Willeklong(.co.za) khaki hemde met die nuwe suid afrikaanse vlag wat groot pronk op regterbors
Sutherland toe in die middel van die winter, ‘n berg aangepak so hoog soos die toring van babel, ‘n karoo vlakte so dor soos ons lus vir die week

Terug in die kaap het ons almal geweet, maar niemand het daaroor gepraat.

Die naweek se geselsies, grondpad, stof, dodgy ontbyt, sweet, lekker lag en plattelandse meisies was maar alles net die kreet van die neo boer wat baie hard en baie sterk opsoek is na sy plekkie in die son in hierdie land van ons.

Ons sal lewe
Ons sal sterwe
Maar ons wil deel wees van jou,
Onse
Nuwe Suid Afrika

Stuur na Twitter 

Versprei, print of e-mail hierdie artikel:
Print hierdie artikel Epos hierdie artikel

Hierdie artikel is geskryf deur:
Francois Brill Francois Brill - skrywer van 15 artikels op die Willeklong Portaal. Ek is ‘n man met ‘n passie vir die lewe en alles met Afrikaans, musiek en literatuur bo aan die lys. Ek smous met enige ding op aarde, van motors tot diesel. Ek het die “robloop” bekend gemaak, is ‘n fenomenale atleet (in my vorige leeftyd), ry ‘n Lada en ondersteun die Blou Bulle met my hele lewe.

Skrywer se web tuiste: www.wk.co.za

Lees meer in Afrikaans met Byt, Hooflyn.


KOMMENTAAR

Riaan March 23, 2010

Great storie Francois!

Burns March 26, 2010

Man hoe verlang ek nou hier waar ek sit hier op die blou kombers offshore India. Ek het basies agter op n bakkie groot geword, nee ek is nie n skaaphond nie, n volbloed boerklong! Ek boer deedae op see en kom so elke vyf weke huistoe. Dan pak ek en vroutjie die tent in die bakkie en vat die vlaktes. Daai bakkie van my was ook mos nou nie gebou vir teerpad nie so ons pak die agterpaaie, daar is niks lekkerder as om so jou land te verken nie.

Kan nie wag om die trippie klaar te maak nie, dan rol die wielle weer oor die bulte!

Heeltyd speeltyd……

LOS KOMMENTAAR

Afrigator