Monday 06 September 2010

Die Zef factor?

Deur Heinrich Pienaar op 26 March, 2010, 3:05 pm

Met die begin van die nuwe dekade kom daar nuwe idees en “kunstenaars” ontpop met name soos “Jack Parow” en “Die Antwoord”. Dis definitief die begin van iets, maar ek kan net nie my vinger daarop sit nie. Is dit die “globalization” van “Zef” wees en die veralgemening van “furry dashboards”?

Toe Zander Tyler, aka Jack Parow, sy treffer “Cooler as eke” vrygestel het, kon meeste van ons net frons met ‘n glimlag in die hoeke van ons monde. Die hele kombinasie van Afrikaans rap, skreeusnaakse lirieke en die stukkie “Pyl” wat daar in gegooi is kon niks anders doen as om ‘n glimlag op jou gesig te sit nie. Gooi dan nou natuurlik die video daarby in en voor jy weet dans jy saam met die liedjie op iemand se troue en ken 75% van die woorde! (Speel verkieslik die uncensored version na die “grootmense” weg is).

Sien daar is ‘n fyn lyntjie tussen “Die snaakse Zef ou” wees en die “Die Zef af ou” wees. Ek dink Jack Parow het hierdie haarfyn lyntjie perfek gesny! Die “storie” wat hy gemaak het met die lirieke laat jou binne 3 keer se luister begin saam mompel: “Ek’s ‘n flash drive, jy’s ‘n floppy…”. Dit weergalm van redes hoekom sekere mense net dood eenvoudig kan beskryf word as “fake” en materialisties. Ou Jack slaan die spyker perfek op die kop met die liriek “jy dink jy is cooler as ek, want jy’s elke jaar by die J&B Met”. Tog dra hy die boodskap oor sonder om op te veel tone te trap en heel waarskynlik sal ons “J&B Met” vriende saamsing sonder om te besef waaroor dit gaan.

Die ander kant van ons muntstuk is natuurlik “Die Antwoord”. Nou ek weet nie wie van julle al die “voorreg” gehad het om hulle te hoor nie? Eerstens gaan ek bieg, Ninja “rap” goed, punt. Die grootste probleem egter is die “image” wat hulle rondom hulself geskep het. Ek is jammer, maar ek kan net nie die humor of cool sien in daardie beeld nie. Dit is die tipe “image” waarteen jy jou kinders wil beskerm deur hulle weg te steek en na Bobby van Jaarsveld te laat luister.

Verder was daar al vele berigte van hulle “live” shows. Volgens berigte is dit meestal ‘n ge-vloekery op mekaar en die skare met ‘n paar songs tussen-in. Nou nie juis my koppie tee nie! As jy nog nie van die knaap en sy vrou gehoor het nie gaan soek hulle YouTube en vorm maar jou eie opinie, ek dink dit is af.

Daar is ‘n quote in die fliek “American History X”, wat se “I hate the fact that it’s cool to be black”. Dit kan aangepas word om hierdie scenario ook te pas :”I hate the fact that it’s cool to be Zef”.

Stuur na Twitter 

Versprei, print of e-mail hierdie artikel:
Print hierdie artikel Epos hierdie artikel

Hierdie artikel is geskryf deur:
Heinrich Pienaar Heinrich Pienaar - skrywer van 5 artikels op die Willeklong Portaal. Ek kom van 'n plaas in die Weskus net buite Paternoster, is 'n local by die Hotel en hou van kamp!

Skrywer se web tuiste: www.wk.co.za

Lees meer in Hooflyn, My Rock se Soom.


KOMMENTAAR

Rustig March 26, 2010

Ek moet saam stem. Noem my maar kloosterkoek, maar Die Antwoord laat ons nou almal “kommin” lyk. Dan luister ek liewer na “Cooler Box van Benoni. Jy kry nie eers sulke mense in die “trailer park” nie.

Henry Jonker March 27, 2010

Hier moet ek saam stem - het sy videos op YouTube gekyk en goeie bliksem dit is way to zef….

Riaan March 29, 2010

Ja nee, Die Antwoord is nie eintlik My Antwoord nie. Dis net TE. Te zef, TE onder die belt om lekker gemaklik te wees, TE. En Daai blondie se haarstyl is ook TE. Ek reken meeste van ons het maar bietjie zef on ons, al steek die J&B Met crowd hulle zef onder duur klere en juwele weg. Maar die dag as Zef TE zef raak, stof ek maar eerder ‘n goeie boek af.

Brill March 29, 2010

Ek is nie in vir Die Antwoord nie…daai dude kom egter al ‘n lang pad van Max Normal.TV

Ek is egter in vir ‘n stukkie Parow….in jou moeder se huisie

Nicki Oellermann March 30, 2010

Die antwoord toe hul nog bekend gestaan het as Max Normal, nog voor Max Normal .tv het ook die lyntjie tussen snaakse Zef en die Zef ou perfek gesny terug in 2001. Maar lyk my soos wat hul meer ondersteuners kry, moet hul elke keer probeer “cooller” wees, dus is dit waar hul nou op geeindig het: Af ZEF.
Hou maar duime vas dat Jack Parow nie die selfde pad loop oor n paar jaar nie.

Elizca April 12, 2010

Kyk ek skryf nou al vir paar jaar reviews vir Willeklong en ander publikasies oor kunstenaars, was betrokke by Mxit Lifestyle launch en het ook al paar gigs en shows in my lewe gereël, maar moet sê, ek was en is diep teleurgesteld met Jack Parow se gig by Kaktus Langebaan.

Ek was geërrd of eerder ongeerd om een van Jack Parow se shows by te woon.

Dalk was dit ‘n kombinasie van die venue (Kaktus, Langebaan), die skoolkinder mentaliteit en dronk skoolkinders, die opening act NP projek…I dunno, maar ek en vele het teleurgesteld daar uitgeloop en sal defnitief nie weer ‘n sent spandeer om Jack Parow se shows by te woon nie…

Die venue:
Die eienaars kan so stry so veel as wat hulle wil, maar Kaktus is bekend daarvoor dat underage drinking daar toegelaat word en actually aangepor word. Met my inloop daar het die eienares vir my gesê ek kan maar kyk, daar is geen underage drinkers daar nie. (Ek wou vir haar uitgewys het dat die plek nog leeg was, dalk is dit die rede?) Later die aand het die kinders actually gebrag dat hulle nog 16 of 17 is.

Die opening act
Dit maak seer om die volgende te sê, aangesien ek een van die kunstenaars ken van die NP Projek, maar vantevore was hy in ‘n baie beter band. Noem my oudedoos maar ek het meer respek vir bands wat hul eie musiek kan kompeneer en nie hul roem bou deur ander musikante se musiek af te rip nie. Plus die ander liewe member van die band (Nolan) dink regtig hy is “cooler” as almal daar. Nou word daar vir my vertel dat hulle shows altyd “vol” is..hmmm, kan ek noem omdat hulle dalk gewoonlik opening act vir Jack Parow is…dalk is dit die rede hoekom hulle dink hulle shows is vol. Wees eerlik, afgelope Vrydag het NP Projek by Kunskafee opgetree…deur die grapevine het ek gehoor en gesien dat daar nie so baie ondersteuners was nie - dalk omdat hulle nie opening act vir jack Parow was nie?

Jack Parow:
Ok, fair is fair. By die tyd wat Jack parow op die verhoog verskyn het was ek al so geirriteerd ek kon slange val. Jou act kan dalk ‘n tydjie werk maar as jy rondloop en vir mense vertel “gee pad ek is famous” weet ek nie hoe lank jou roem gaan hou nie. Veral nie as jou meisie (wat goed in pas by die zef look) ook die houding het van “Ek kan doen wat ek wil want ek gaan met Jack Parow uit nie”

Ja, hy ry nou die golf van roem, en dit kan ek nie wegvat nie, maar ek hoop Jack Parow het donnerse goeie PR, want hy gaan dit nodig hê…nie binnekort nie, maar wel eendag (wat dalk nie te ver in die toekoms is nie)

So ja, ek gaan seker nou gekruisig word, maar dis my opinie, asook verskeie ander mense s’n wat by hierdie spesifieke gig uitgeloop het.

deWethouder April 29, 2010

Ek is vir Jack Parow….
In Nederland zijn we Afrikaner rap pas net aan het ontdekken
Wij zijn niet Zef
Cooler as ekke sloeg wel in als een bom

Henry Jonker April 29, 2010

Die song het n lekker beat saam met Francois van Coke - http://www.youtube.com/watch?v=iopltM6zKo4&feature=player_embedded

Riaan April 29, 2010

Jack Parow skiet lyrics soos ‘n kopskoot! He he he - vieslike klein wetter die hoor - zef op steroides! Maar ja Henry, darem ‘n lekker ritme.

Elizca May 11, 2010

One hit wonder…….

Shaun aka Takbok June 10, 2010

Ek dink die Antwoord is tha bom ( Kom aan diep binne in die hart van elke ou en chick is daar n donker zef side ) wees nou eerlik na n paar biere n botel wyn of ses dan het almal die Antwoord .

LOS KOMMENTAAR

Afrigator