Malawi: Die lang pad na die Hemel – Deel 1
Deur Neill Valentyn op 3 June, 2010, 2:52 pm
Ek kon dit nie glo nie…hier sit ons op Kaapse treinstasie en ons is reeds minus 1 man! Die babbelas knou nog aan my van die vorige aan se groot troue, maar al wat ek wil hê is om op onset rein te klim en te ry. Ongelukkig is Ruan laat en die tyd raak min…
Ten spyte ons ergste vrese het die man darem opgedaag en ons is met ‘n moerse gejuig die Weskaap uit. Lang die pad spring die rokers en die drinkers af vir ‘n twakkie en ‘n piepie op die Karoo-bossies. Die sons-ondergang was ook mooi…
Brannas word uitgeruk en ons kompartement ontaart in ‘n sjebien. Daar word poker gespeel, grappe vertel en hard gelag oor die simple toer wat sommer-so aanmekaar geflans is met Wikitravel, Google Earth en die Lonely Planet as gids. Stadig raak almal moeg met die wieg wieg van die trein en opgewondenheid wat van binne wil ontplof en ons raak stil stil aan die slaap.
Ons kompartement slaap 4 mense met Marisa, Ruan, Ricky en yours truly wat die plek vol lê. Ons sake was ook redelik groot en net Ruan het eintlik sy kop gebruik in terme van slim en ekonomies pak. Ek het immers messe en vurke ingepak…?
Volgende dag is ons in Johannesburg. Die laaste stukkie was maar moeilik want ons is seker 4 keer deur Krugersdorp (op so het ons gedink). Seker maar die opgewondenheid wat nog borrel, maar ons kon net nie stil sit nie. Ek moes myself forseer om boek te lees, anders het die res my by die ruit uitgeboender.
Eindelik in Johannesburg! My Ma en Ouma kry ons by die stasie. Albei het ook al getoer so hulle ken van sulke plekke soos stasies, alhoewel my Ma amper deur ‘n ou in ‘n Day-glo vrokkie gearresteer is vir fotos van haar kind neem. Nie die laaste keer dat die kiekie-kakker (dankie vir die word Meneer Bakkes) ons amper is diepe moeilikheid laat beland nie…
Die kos op die trein was OK, maar my Macaroni en cheese het my laat honger ly. Nando’s is die oplossing en mens eet eintlik heel gemaklik in die JHB Stasie. Ek is verbaas. Almal sê dan JHB is so ‘n goor plek? Wel, dis nou nie die Kaap nie, maar ons het darem veilig gevoel, die badkamers gebruik sonder om enige STD’s op te tel en is ook nie ge-hijack nie.
Na ‘n lang rondstaan kon ons eindelik ons sake nader aan die busse sleep/dra. Dis al donker en die bus is laat. Na nog 2 ure se handsyne en gevloek in Sotho, Shangaan en ons in Afrikaans is ons toe op ons bus. Volgende stop is Pretoria om gou vir ons nuwe maatjie Wynand Theron op te tel. Die sal mos net gou stop en dan is ons weer oppad na Mugabe se koningreik…Zimbabwe.
Wel, dis toe nie so vinnig nie. Die bus se koppelaar (dis nou die “clutch” vir diegene wie se Afrikaans so swak soos myne is) het moet opgegee weens die drywer se onnodige en aanhoudende rat-verwisselings. Jy sien, soos ons engineersvrien Wynand verduidelik verander die ding eintlik self ratte en jy hoef hom net in drive te sit. Die 1 en 2 opsies is vir styl buld of afdraend. Dus was sy manier van verander van D na 1 na 2 na D nie eintlik soos die boekie dit verduidelik nie. Anyways, ek weet niks van motors af nie so ek het maar om die stasie vir brandewyn verkoop-punte gaan soek…
So oorkant die pad was daar ‘n plekkie en hulle was bereid om ons bottle coke met biejtie klippies op te top. Gawe mense, maar ek was wel iewat agterdogtig toe so onder mekaar begin fluister in Afrika-tale. Dus het sommer gou met my gelaaide bottle coke teruggehaas na die busstasie. Hier het daar intussen ‘n man met ‘n Isuzu bakkie opgedaag. Die klonge het gegrap dat die Isuzu die bus gaan sleep tot in Zimbabwe… Ek weet darem nie, dalk as dit ‘n Hilux was.
Kyk, ek kan nie onthou nie hoe lank ons daar gewag net nie. Die coke is later op en ons het skoon begin vriende maak met die ander mense op die bus. Ons ontmoet vir Alex Tsichomba (jammer oor die spelling van jou van Alex) wie later ons held sou word. Ons maak sommer biejtie koffie en rook pyp. Ons doen dit sommer alles net so op die pad in Pretoria se Busstasie. Dis nie luuks nie, maar dit was wel lekker. Die kammeraadskap het hoog geloop en ons het net daar besluit dat ons willer as die wildtuin is en niks op heirdie trip gaan ons bang maak nie…
Wel…ons was nog in Suid-Afrika met 4 grenposte en 3 lande tussen ons en ons eindbestemming en klaar amper een dag agter…wat dink julle? Het ons iets om te worry?
Na 12 die aand besluit hulle toe maar die bus gaan nie werk nie en geen ons ‘n nuwe een. Ons sakke is gelaai, genadiglik hierdie keer met minder moeite as laas, en ons is weer op pad.
Zimbabwe lê voor!
Tot volgende keer




























Kan steeds nie glo daai mechanic kon nie daai moerse Volvo bus jumpstart met sy Isuzu bakkie nie. Man het duidelik nie geweet wat hy doen nie….
Ai, maar dit is darem snaaks as mens so terugdink oor die trip en wonder hoe tot op daai stadium daai beknopte trein kamertjie en die vroee koue oggend ure op ‘n busstasie in Pretoria middestad die luukse deel van die trip sou wees.
Die volgende trip is klaar weer beplan…Mozambiek hier kom ons!!!!!!! Wie kom saam?