Monday 06 September 2010

Biedouw 4×4

Deur Henry Jonker op 29 June, 2010, 10:05 am

Daar is ’n paar dinge in die lewe wat ’n moet is. Jy moet braai, jy moet brannas vat (een of ander tyd in jou lewe), jy moet k*k, jy moet hoendervleis kry as die volkslied gesing word as die Bokke ’n mamparra spannetjie aanpak. Net so moet jy ook soms ’n manna naweek saam met jou mede ysters aanpak.

Die voorstel word met die beter helftes bespreek en die reken dit is ’n great idee want hulle wil ook saam trek en die hare bietjie los maak…kan seker net boring wees. Ek skud maar net my kop en wens hulle voorspoed toe vir wat ook al hulle gaan aanpak.

Ons het KLAAR solid planne – gaan bietjie die bakkies deur hulle passies sit by Biedouw se 4×4 roete (so 20km voor Wuppertal).

Vrydagaand trek ’n spannetjie van 10 wetters op 3 Isuzu bakkies weg van Dasvlei (plaas waar Parma werk) op pad Cederberge toe.

21h00 en ons idle die Biedouw vallei binne – Francois het al daar gekamp en begelei ons na die kamp terrein. ’n Tydelike basis word opgerig, “vog” word strategies op die tafeltjietjietjie geplaas, ’n knetterende vuur maak sy verskyning…die toneel vir ’n groot naweek is geskep…hou my vas want chaos kan nie te vêr weg wees nie.

Vrydagaand…sjoe…tick…almal lewe darem nog…net net…

09h00 Saterdagoggend en almal is weer in die bakkies. Nou gaan ons hierdie wiskunde roete gou bietjie plat draf. Kaarte en hek sleutels word by die hoofhuis gekry – Parma vat voor en daar gaat ons.

Cederberg is maar meestal klip wêreld so jy vat maar rustig as jy oor die klippies gaan. Die roete in geheel is nou nie woes tegnies en rof nie, maar hier en daar word die drywer en voertuig tog bietjie getoets.

Die geskittery word darem vergemaklik met ’n koue bier. Soos die manne uit klim om te help verduidelik so klim ’n ander span soms in jou bakkie.

Nou afhangende van hoe en wat die knaap die vorige aand geëet het, kan hy dit vir jou lewensgevaarlik maak as sy maag nou besluit om te laat loop soos wat gebeur het met Francois. Party plekke wou ek die bakkie net laat gaan het en my lewe red want geen mens kan daai goed binne hou nie.

Roete is mooi…hel man die hele Cederberge is ’n stunning plek. Neem jou so +/- 5 uur om te ry, maar dan kan jy dit lekker rustig vat. Ons het maar bly beweeg en as daar gestop was dit kort gehou – wou nie vashaak waar ons stop nie anders kry ons van die wetters nie weer terug by die kamp nie.

Terug by die kamp en almal is lekker gat lam geskud. Bier word verruil vir hardehoud…groot steaks word op die vuur gegooi…kry weer daai scary scenes van die vorige aand se kuier…voor jy jou gat kan draai en jy is in die middel van nog ’n chaos kuiertjie…sjoef…skade…

Sondagoggend en party manne lyk of hulle groot skade opgedoen het van die vorige aand se kuiertjie. Daar word gekreun en stadig beweeg…wil niks meer oor die lippies he nie…whahaha…soos vader altyd gesê het…elke sport het nou maar sy beserings.

Laat oggend en alles is skoon gemaak en bakkies gepak en reg vir die trippie terug Kaap toe…

Kêrels dankie vir ’n great naweek – ons maak sommer gou weer so.

Stuur na Twitter 

Versprei, print of e-mail hierdie artikel:
Print hierdie artikel Epos hierdie artikel

Hierdie artikel is geskryf deur:
Henry Jonker Henry Jonker - skrywer van 235 artikels op die Willeklong Portaal. Ek is 'n individu wat nie kan stil sit nie. Afrikaanse treffers, dop en tjop in die geselskap van jou vriende, ‘n yskoue brannas, ons land en sy fantastiese mense is net ‘n paar goed wat my hoendervleis gee en my passie vir die lewe beklemtoon. Op die ou end van die dag is ek ‘n doodnormale ou wat hou van chutney braaivleis, avonture, droogmaak, opmaak, vriende, kuiers en als wat gepaard gaan met goeie tye.

Skrywer se web tuiste: www.henry.co.za

Lees meer in Hooflyn, Wat jaag ons.


KOMMENTAAR

Pama July 2, 2010

Goeie artikel Henry.Dit was baie lekker gewees ja,dankie vir die wegbreek se reel en ons gaan verseker weer so maak.

…jy moet net daardie bakkie van jou se pens van die grond af optel…

Jouba July 2, 2010

The gas in the fart is mainly methane, which is odourless. There are small quantities of sulphur, which adds that characteristic farty smell. You are probably getting a headache from scrunching your face up as your face makes a futile attempt to block the fart from your lungs. Farts are harmless. You will not die or get some terrible disease from smelling a bad fart. It does contribute slightly to global warming, but not enough for it to be a problem.

Nou toe nou…hou op huil oor die growwe poepe,dis nogsteeds beter as sekere nagmerries wat party van ons het a.g.v julle weet wat.

Henry Jonker July 5, 2010

@Parma - lanklaas goed op jou moer gekry my ou maat…hehe

@Jouba - whahaha…hoorie ek sukkel om daai goed uit my kop te kry ou maat….

Marnus July 19, 2010

Jouba, in jou geval dink ek daar is meer as die toelaatbare p.p.m. swawel in jou gas. Dit is miskien skadeloos, maar ek dink nie enige toetse is al gedoen om die skadelikheid (al dan nie) teen aanhoudende blootstelling van poepe waar aanvaarbare vlakke van metaan en swawel (en wat te moer ook al verder) oorskry word te bepaal nie. Op hierdie stadium reken ek Henry en Willa sal goeie proefkonyne vir voordturende monitering maak waarvolgens vars (excuse the pun), werkbare resultate d.m.v. voorgeskrewe studiepraktyke ingewin word.

Wie weet, dalk is die geneesmiddel vir AIDS daar iewers binne….Thin out of the box.

LOS KOMMENTAAR

Afrigator