Koop aanlyn
Deur Heinrich Pienaar op 16 July, 2010, 11:57 am
Die tyd van ‘n produk net by jou plaaslike kooperasie of Game winkel koop is verby. Die internet, ja dit is wonderlik. Iets waarop ek nou die laaste tyd meer my bandwidth mors in om oor die internet te koop. Lank vergete is die dae wat mens gedink het dis onveilig en bitter gevaarlik om jou kredietkaart besonderhede vir ‘n website te gee. Noudat ek daaroor dink dit is seker nog meer gevaarlik vandag, maar Thwate, en Paypal kyk darem mooi na ons!
Dit alles het begin toe ek vir myself ‘n Kindle wou koop. Vir die van julle wat nie weet nie, dis ‘n elektroniese boek, waarop jy al jou boeke kan laai en dan lees. Iemand het my vertel jy kan die toestel van Amazon se website af koop en dit sal binne 5 dae in jou hande afgelewer word. Ek is baie bly om terug te raporteer dat dit binne 6 dae wel afgelewer was uit Amerika uit. Daar is 3 dinge wat ek uit hierdie storie wil deel:
- Binne 1 dag was die Kindle versend uit Amerika.
- Op dag 2 het hy in Kaapstad se lughawe aangekom, en dit het hulle toe 3 dae geneem om hom middestad toe te bring na my werk.
- Die prys, +- R2500 afgelewer in my hand(neem in ag dis voor die onlangse prysverlagings) teen +- R3200 as ek hom by een van ons plaaslike winkels koop.
Eerstens, diens in Suid Afrika is maar nog bietjie onder standaard, maar dit weet ons almal. Tweedens, DIS GOEDKOPER OM IN TE VOER AS OM PLAASLIK TE KOOP! Dis die laaste punt wat ek gemaak het wat al hoe meer aan my begin kou het. Ek het verder begin opsoek in die hele oorsee koop en invoer. ‘n Spesifieke bike helmet gaan my R4300 kos as ek hom plaaslik koop en slegs R1700(en ek lieg nie) as ek hom invoer van die UK. Apple se nuwe iphone, $299 as jy hom in die US koop en R10400 as jy hom in SA koop. Daar is op hierdie stadium 1 groothandelaar wat Apple produkte in SA verkoop en hulle wins is 80%! Hulle het ook ‘n kontrak met Apple onderteken dat hulle alleenregte het om Apple se produkte in te voer. Laat dit nie bietjie vir julle mense wonder oor hoe ons rerig uitgebuit word in SA nie deur gulsige besigheidsmanne. Persoonlik dink ek dit hou almal in ons pragtige land agter deurdat die feit dat ons nooit rerig international “in die game is nie”.
Hierdie is slegs ‘n paar voorbeelde wat met my gebeur het in die afgelope paar maande maar ek is seker daar is nog honderde meer. Die hartseer deel van die hele affere is die feit dat dit nog vir so lank as moontlik gaan aanhou gebeur. Mense besef nie hoe maklik dit eintlik is om jou produkte van oorsee af te bestel nie en plaaslike handelaars weet dit en buit dit uit. Die goeie nuus vir ons arme sotte is dat die publiek se oë mettertyd sal oopgaan en ons plaaslike handelaars ‘n lelike knou gaan vat tensy hulle begin hulle sokkies optrek en komperende pryse vra.
‘n Goeie voorbeeld van ‘n groot maatskappy wat met sy broek op sy enkels gevang is, is Telkom. Die van julle wat ADSL internet het sal weet jy kan nie die ADSL lyn kry sonder om ook ‘n telefoonlyn of voiceline(soos Telkom dit noem) te hê nie. Telkom weier eenvoudig om die 2 van mekaar te skei, alhoewel dit eintlik dieselfde koperdraadjie is, want hulle maak geld daaruit. Jy betaal +- R130 vir die voiceline en nog +- R170 vir die ADSL line. Ek self het ook ‘n huis telefoon wat hier lê en ek gebruik hom nooit, maar was forseer om dit te kry omdat ek ADSL wou hê. Wat nou gevolglik gebeur het is ‘n derde party het tot vorendag gekom wat vir Telkom gaan uitsny! Ja, dit is waar alhoewel dit nog ‘n paar jaar gaan neem om tot by ons huise te kom. Dit gaan eers net na besighede toe aangelê word. As Telkom sy gulsigheid in sy sak wou steek kon hulle darem nog net die “voiceline” of selfs die “ADSL Line” gehou het in plaas daarvan om altwee te verloor.
Ten slotte, Klonge en Klonginne, moenie bang wees om ietsie oor die internet te koop vanaf oorsee nie. Jy sal agterkom dat jy 90% van die tyd dalk goedkoper gaan wegkom. Die enigste nadeel is egter dat jy dalk ‘n week of 2 gaan moet wag. Indien jy bang is om jou kredietkaart besonderhede oor die internet weg te gee, gebruik ‘n middelman soos Paypal. Al wat Paypal is, is ‘n middelman vir wie jy wel jou besonderhede gee en geld op jou rekening laai. Jy kan dan met jou Paypal besonderhede op meeste websites koop sonder om hulle jou kredietkaart besonderhede te gee. Gaan lees gerus meer hier oor op hulle website.(FNB is ook nou ‘n groot voorstaander van hulle)
Happy shopping!




























Ek was ‘n paar keer in Engeland en daar koop almal van die internet. Dit was baie lekker om sommer kruideniersware van internet te bestel en hul lewe by jou deur af. Ek dink Suid Afrikaners in van nature wantrouerig want daar is soveel korrupsie en oneerlikheid in ons land en daarom is ons teensinnig om bankbesonderhede bekend te maak.