Thursday 09 September 2010

Gasteboek


Teken die Gasteboek
>
(295) Glenda White
  
email
Mon, July 2010 14:14:08 South Africa Standard Time

Sandveld Aartappelfees 2010

Die aartappelfees is verskuif van 30/7 tot in September die naweek van 17 September 2010. REDE: Warmer en droeer.

Voorlopige program:

Vrydag Ruan de Waal, Luhann, Nadine en dansers en Ray Dylan

Saterdag: SAPD : Vertonings. Kidz Entertainment. Dames Oggend. Ruan de Waal, Luhann Ivan van der Merwe, Joey Rasdien, Arno Jordaan, Zandre, DJ Ossewa en Snotkop.

Ek werk nog aan die kunstenaars.

Kontak Besonderhede sien e-pos en sel no: 0765727319

Groete Glenda
(294) Rozanne
  
email
Tue, May 2010 12:19:47 South Africa Standard Time

Goeie more Willeklonge

Dit is 'n baie oulike webtuiste. Ek is mal oor die sexy khaki hempde wat julle verteenwoordig. Ek het een van julle willeklonge ontmoet, en is opsoek na sy kontak besonderhede, ek is nie seker wat sy regte naam is nie maar hy en almal anders noem hom "Wolf" ek neem aan julle elkeen het julle eie by-name wat baie oulik is. Weet nie of iemand dit dalk vir my kan gee nie asseblief. Wil hom graag weer sien.

Foxy Roxy
(293) STEFE - O
  
email
Tue, April 2010 14:04:46 South Africa Standard Time

MANNE EN MANNINNE, Die wat belangstel om die WACKY WINE bus te join moet my asb kontak. Kampplek word aangebied, amblusie geriewe sal gereël word etc.Die WACKY WINE is vanaf die 3-6 Junie 2010.Vir meer inligting, mail my stefe@vilarch.com Die bus moet vroegtydig gereel word, so of jy slaap in die tjoekkie, of bevestig jou plekkie en join die res van die willemense.

CHEERS!!!
(292) Leon
  
email
Thu, January 2010 12:30:44 South Africa Standard Time

Dagse aan al die WK!!
Love die site,lekker om deur al die mal artikels te lees,hoop 2010 is 'n grote,en hoop ek kuier die WK raak somewhere in ons wonderlike land!

Leon
(291) Soutie
  url 
email
Thu, January 2010 20:53:32 South Africa Standard Time

Soutie het 'n plan vir Paasnaweek...

Drum-roll please... ddddrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr...

"WK Motorbike Challenge" (Patent pending)

R2000 budget vir die bike, alles change plus R500 vir enige werk aan die ding en spares, CPT tot Verneukpan, alles toeskouers in die bakkies as support crew.

Challenges:
1. Koop bike (enige ding met 2 wiele en 'n enjin) vir onder R2000 en maak hom reg of mooi met die change en 'n ekstra R500. Totale budget dus R2500.
2. Tree aan by bepaalde wegspringplek naby die Kaap iewers. Maw, kry die ding dat hy darem kan beweeg tot by die beginpunt.
3. Kry hom tot by Verneukpan
4. Verneukpan Challenges
4.1 Spoed
4.2 Looks
4.3 Off-road capability
5. Kry die ding weer tot by die huis
6. 1 Maand om die ding weer te verkoop (indien jy wil, maar as jy dit nie doen nie verloor jy punte)

Punte sal toegeken word op die bogenoemde toetse en die wenner sal aangekondig word by 'n braai een maand na die trip. Die wenner kry 'n prys van een of ander aard...ek moet nog daaroor dink.

Wie wil saam speel!

(290) Ronell Marais
  
email
Mon, January 2010 18:24:33 South Africa Standard Time

Ek dink hierdie webtuiste is manjifiek!

Eintlik het ek nie woorde nie en dis n ding, want ek is n woordmens...

Ten aanskoue en lese van soveel kreatiewe Afrikaans, staan ek verstom.Trots verstom.

Skoonheid, egte skoonheid het nog altyd daai uitwerking op my gehad.

Sjoe! Doen so voort.
(289) Marisa Baschiera
  
email
Fri, January 2010 21:56:36 South Africa Standard Time

hello Everyone,
hope you all had a wonderful new year's party. we had an amazing time in Monkey Bay...a little bit of paradise!
we have 3 more days of travelling and then we're back in the Cape.
can't wait to see you all...and looking forward to all the suprises Henry for 2010!
see you soon
Soutie, Ruan, Ricky, Wynand, Marisa
(288) Ruan
  
email
Thu, December 2009 02:43:10 South Africa Standard Time

Hi Almal

Ons het dit gemaak tot in Malawi.

Africa public transport travel is nie vir pissies nie.

Ons het die hele dag taxis gery (beplande bus was vol bespreek) en was nog nooit to warm en bang vir my lewe nie. 20 mense met bagasie is die norm hier.

More is ons oppad Monkey bay toe (Lake Malawi), dan begin die party.

Sien julle wanner/as ons terug is.

(287) Antie Koekie
  url 
email
Wed, December 2009 22:37:32 South Africa Standard Time

Hallo julle Willeklonge!
Lyk my dis die plek, dié, as mens nog sjampanje borrels in die are soek.
Lekker om julle raak te lees. Sal weer so maak.
(286) Brill
  url 
email
Mon, December 2009 15:43:01 South Africa Standard Time

Dont Die
>

 Naam *
 Epos Adres *
 Webtuiste
 Boodskap *
* Verpligtend

Spam teenvoeter
Plaas asseblief die letter en nommer kombinasie in die teenvoeter seksie voor jy jou gasteboek inskrywing lewer.
captcha

Stuur na Twitter 

Afrigator