Thursday 09 September 2010

Wie is WK?

Willeklong is nie ‘n t-shirt wat jy Vrydagaand uit jou kas haal en Sondagaand weer in die was gooi nie. Dis wie jy is, dis daai gees binne jou wat wil verken. Die gees wat alles wat die lewe bied wil aangryp en voluit beleef. Dis die alledaagse pad wat jy stap waarlangs jy gaan stilstaan en tyd neem om al die onontginde skatte wat ons land besit, te ontdek: nuwe vriende, die pragtige natuur, die klein dorpies met die warm mense en die fantastiese local kunstenaars. Willeklong personifiseer die tipiese jong, patriotiese Suid Afrikaner wat trots is op sy land, sy mense en alles wat dit bied! Willeklong is daai persoon wat die lag in die lewe onthou. ‘n Persoon jonk van gees. Verloorders het verskonings, maar ‘n Willeklong het antwoorde.

Elke Willeklong is ‘n kreatiewe, interessante en innoverende karakter met ongelooflik uiteenlopende belangstellings. Hy weet waarheen hy oppad is, wat hy uit die lewe wil hê en hoe om homself te geniet sonder om te vergeet waar sy wortels lê. Hy is tradisioneel en liberaal. Hy is populêr en pret.

Jonk of oud, man of vrou, wit of swart, almal het ‘n Willeklong in hulle wat skreeu om ontdek te word. Hierdie portaal is die voertuig om daai lus / wil te ontdek en met alle mag uit te laat.

Die individue wat hulself as Willeklonge klassifiseer / identifiseer, is inderdaad deel van ‘n Renaissance. Die Suid Afrikaanse Renaissance wat alle ras-, demografie-, ekonomiese- en kultuurgrense oorskry en die eenheid van ons land personifiseer en bevorder.

Willeklong is kultuur georiënteerd. Dit gaan oor trotse patriotisme en liefde vir jou land.

Die uniekheid in Willeklonge is dat daar geen ouderdomsbeperkinge betrokke is nie. ‘n Willeklong is die lewenslustige persoon wat die bul by die horings pak. Dis daai iemand wat die lewe, ons land, ons kultuur, ons musiek en ons mense wil ervaar, aanvaar en beleef.

Willeklong is a “what”, not a “who”. It is you, me, the horse you rode in on! It is a choice, a pace, and a need. It is life, love and laughter. Willeklong is where you will find it! If you think, that measure for measure, you have a healthy Willeklong in your heart, then this is the brand for you!

Willeklong wil alles wys! Van die grote stede tot die uithoekies wat nie eers op die padkaart is nie en al die detail tussenin. Ons wil die Suid Afrikaner in Frankryk laat verlang, ons wil die stadsjapies wys hoe pragtig die Karoo is, ons wil die Transvalers wys hoe mooi die Stellenbosse wingerde in die herfs is, ons wil ‘n naweektrip reël Merweville toe en in die pastorie gaan bly en in die dorpsdam swem…sommer net! Ons wil SA musiek die eer gee wat dit toekom, asook die ondersteuning en publisiteit wat dit verdien. Ons wil vir al die jongmense leer hoe om kleilat te gooi, kettie te skiet en wys dat Trompie en sy Boksombende nog volstoom aan die gang is!

Ons is vandag se baanbrekers vir môre se Willeklonge!

Staan op die kantlyn en cheer vir ons, of toast ons saam met jou pals.

Wat jy ookal doen, hou jou oog op die posduif - Willeklong is in town!!

Stuur na Twitter 

Afrigator